settings icon
share icon
Vraag

Is dit verkeerd om ‘n verhouding met ‘n familielid te hê?

Antwoord


Die verhoudings wat God verbied in die Ou Testamentiese Wet is opgeteken in Lev 18:6-18. In daardie gedeelte word die Israeliete opdrag gegee om nie met ‘n ouer te trou nie, ‘n stiefouer, ‘n kleinkind (en ‘n oupa of ouma), ‘n bloedverwante broer of suster, ‘n broer of suster of ‘n ouer (dit is ‘n tannie of ‘n oom) of ‘n halfbroer of –suster. ‘n Huwelik tussen neefs en niggies word nêrens in die Bybel verbied nie.

In die baie vroeë dae van die mensdom was daar ‘n beperkte getal menslike wesens. Die gevolg was dat ‘n huwelik tussen nabye familielede dikwels nodig was. Eers toe die mensdom vermeerder het op die aarde, toe het mense nie meer nodig gehad om te ondertrou tussen familielede nie. In die vroeë dae van die mensdom was die genetiese kode nie op so ‘n erge graad korrup ,soos wat dit vandag is nie. Dus, was dit veilig vir nabye familie om te trou en kinders te hê. Daar was min risiko van genetiese abnormaliteite in hul kinders. Eers toe die menslike ras uitgebrei het en te wyte aan sonde, het die genetiese kode te erg korrup geraak en het God gemaan teen die huwelik onder naby familielede.

Daar is dus niks groot boosheid daaromtrent nie. Die rede hoekom ons dit nie moet doen nie, is dat dit geneties onveilig is. Verder is dit so dat die meeste volke streng wette daarteen het. Die Bybel beveel ons om die volkswette te gehoorsaam (Rom 13:1-6). Die meeste wette erken tweede niggies en neefs as ver genoeg weg, om die huwelik toe te laat. Enige paartjie wat familie is en trou oorweeg, moet heelhartig tot God bid om vir hul wysheid en diskresie te gee ten opsigte van Sy wil (Jak 1:5). So ‘n paartjie moet baie definitief ook hul familie raadpleeg, betreffende dié kwessie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit verkeerd om ‘n verhouding met ‘n familielid te hê?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries