settings icon
share icon
Vraag

Wat was die betekenis en belangrikheid van die verheerliking?

Antwoord


Ongeveer 'n week nadat Jesus reguit aan Sy dissipels vertel het dat Hy sou ly, doodgemaak en opgewek sou word (Luk 9:22), het Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom op die berg geneem om te gaan bid. Terwyl Hy gebid het, het Sy persoonlike voorkoms verander in 'n glorieryke formaat en Sy klere het verblindend wit geskyn. Moses en Elia het verskyn en met Jesus oor Sy naderende dood gepraat. Petrus was bevrees en het nie besef wat hy besig was om te sê, toe hy aangebied het om drie skuilings op te rig vir hulle nie. Dit verwys ongetwyfeld na die hutte wat gedurende die Fees van die Tabernakels gebruik is, toe die Israeliete vir 7 dae daarin gebly het (Lev 23:34-42). Petrus het 'n wens uitgespreek om in daardie plek te bly. Toe 'n wolk hulle omhul, het 'n stem gesê, "Dit is My geliefde Seun oor Wie Ek My verheug. Luister na Hom." Die wolk het opgelig, Moses en Elia het verdwyn en Jesus was alleen met Sy dissipels, wat steeds baie bang was. Jesus het hulle gewaarsku om vir niemand te vertel wat hulle gesien het, voor ná Sy opstanding nie. Hierdie drie weergawes kom voor in Matt 17:1-8, Mark 9:2-8 en Luk 9:28-36.

Die doel van die verheerliking van Christus was ongetwyfeld 'n gedeelte van Sy hemelse heerlikheid, sodat die "binnekring" van Sy dissipels groter begrip kon kry van Wie Jesus weklik was. Christus het 'n dramatiese verandering in voorkoms ondergaan, sodat die dissipels Hom in Sy heerlikheid kon aanskou. Die dissipels wat Hom net in Sy menslike liggaam geken het, het nou 'n groter besef van die godheid van Christus, alhoewel hulle dit nie ten volle kon begryp nie. Dit het vir hulle die sekerheid gegee wat hulle nodig gehad het, nadat hulle die skokkende nuus van Sy naderende dood gehoor het.

Simbolies verteenwoordig die verskyning van Moses en Elia die Wet en die Profete. God se stem uit die hemel – "Luister na Hom!" – het duidelik getoon dat die Wet en die Profete die pad vir Jesus moes oopmaak. Die Een wat die nuwe en lewende Weg is, vervang die oue; Hy is die vervulling van die Wet en die ontelbare profesieë in die Ou Testament. Ook in Sy verheerlikte vorm het hulle 'n voorskou van Sy verheerlikte koms en inhuldiging as Koning van konings en Here van die here.

Die dissipels het nooit vergeet wat daardie dag op die berg gebeur het nie en sonder twyfel was dit so bedoel. Johannes het in sy Evangelie geskryf, "Ons het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid" (Joh 1:14). Petrus het ook daarvan geskryf, "Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en Sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in in al Sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang, toe die Allerhoogste Mjesteit gesê het, 'Dit is My geliefde Seun oor Wie Ek My verheug.' Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was" (2 Pet 1:16-18). Hulle wat die verheerliking gesien het, getuig ook teenoor die ander dissipels en teenoor ontelbare miljoene mense deur die eeue heen.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat was die betekenis en belangrikheid van die verheerliking?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries