settings icon
share icon
Vraag

As ek verlos en al my sonde vergewe is, waarom kan ek nie aanhou sondig nie?

Antwoord


Paulus antwoord ‘n baie soortgelyke vraag in Rom 6:1-2, “Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?” Die idee dat ‘n persoon in Jesus Christus kan glo vir verlossing en dan netsoos tevore aanhou lewe, is absoluut ‘n vreemde konsep in die Bybel. Gelowiges in Christus is nuwe skepsels (2 Kor 5:17). Die Heilige Gees verander ons, sodat ons nie meer die werke van die vlees doen nie (Gal 5:19-21), maar wel die vrug van die Gees produseer (Gal 5:22-23). Die Christelike lewe is ‘n veranderde lewe, as gevolg van die die feit dat die Christen verander het.

Hoe verskil Christenskap van elke ander godsdiens? Christenskap is gebaseer op wat God vir ons gedoen het deur Jesus Christus – goddelike volvoering. Elke ander wêreldse godsdiens is gebaseer op wat ons moet doen om God se guns en vergifnis te verdien – menslike poging. Elke ander godsdiens leer dat ons sekere dinge moet doen en ander dinge moet ophou doen, om sodoende God se liefde en genade te verdien. Christenskap, geloof in Christus, leer dat ons sekere dinge doen en ophou doen, as gevolg van wat Christus vir ons gedoen het.

Hoe kan enigiemand wat van sondestraf (ewige hel) vrygemaak is, teruggaan na dieselfde ou lewe wat hom in die eerste plek op pad hel toe gesit het? Hoe kan enigiemand wat skoon gewas is van die sondebesmetting, begeer om terug te gaan na die vuurpoel van verderf? Hoe kan enigiemand wat weet wat Jesus Christus vir ons, in ons plek gedoen het, aanhou lewe asof Hy nie belangrik is nie? Hoe kan enigiemand wat besef dat Christus vir ons sondes gely het, aanhou sondig, asof daardie lyding betekenisloos was?

Rom 6:11-15 verklaar, “Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus. Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ‘n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade. Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie.”

Vir die ware gelowiges is dit dus geen opsie om aan te hou sondig nie, aangesien ons bekering ons in ‘n totale nuwe natuur laat verander: ons begeerte om nie langer in sonde te lewe nie. Ja, ons sondig nog, maar in plaas daarvan dat ons daarin verswelg raak, haat ons dit nou en wens om daarvan verlos te word. Die idée om voordeel te trek uit Christus se sondoffer in ons plek, deur aan te hou om in sonde te lewe, is ondenkbaar. Indien ‘n persoon glo dat hy ‘n Christen is en steeds begeer om die ou, sondige lewe te leef, is daar rede om aan sy verlossing te twyfel. “Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie het julle die toets nie deurstaan nie” (2 Kor 13:5). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

As ek verlos en al my sonde vergewe is, waarom kan ek nie aanhou sondig nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries