settings icon
share icon
Vraag

Wat is verenigbaarheid?

Antwoord


Verenigbaarheid is 'n poging om die teologiese stelling te versoen, dat elke gebeurtenis toevallig bepaal, bestem en/of deur God uitgevaardig is (determinisme moet nie verwar word met noodlot nie) – saam met die vrye wil van die mens. Oorspronklik geproklameer vanuit 'n filosofiese siening deur die Griekse Stoïsyne en later deur talle filosowe soos Thomas Hobbes en David Hume en vanuit 'n teologiese siening deur teoloë soos Augustine of Hippo en John Calvin, soos die verenigbare konsep van vrye wil dit stel, dat deur die vrye wil van die mens lyk dit of die onversoenbare met die stelling van determinisme, wel beide bestaan en met mekaar verenigbaar is.

Die grondslag van die verenigbare konsep van vrye wil lê die betekenis in die definisie van "wil". Vanuit 'n teologiese siening word die definisie van die wil in die lig van die openbare, bybelse waarhede van die oorsprong van sonde en die geestelike verdorwenheid van die mens gesien. Hierdie twee waarhede gee die definisie van "wil" ten opsigte van die gevalle mens oor as "gevange in die sonde" (Hand 8:23), 'n "slaaf van sonde" (Joh 8:34; Rom 6:16-17) en ondergeskik aan sy "baas," wat sonde is (Rom 6:14). Aldus, ondergeskik slegs aan die "baas" – wat sonde is (Rom 6:14). Alhoewel die mens se wil vry is om te doen wat hy wil, is dit geneig om volgens sy natuur te handel en aangesien die natuur van die gevalle wil sondig is, is elke intensie van die gedagtes van die gevalle mens se hart "net slegte dinge" sy lewe lank (Gen 6:5, Gen 8:21). Hy wat van nature rebelleer teen dit wat geestelik goed is (Rom 8:7-8; 1 Kor 2:14), "is net op kwaad uit" (Spreuke 17:11). Hoofsaaklik is die mens "vry" om te doen soos hy wil en hy doen presies dit, maar die mens kan eenvoudig nie dit wat in stryd is met sy natuur doen nie. Wat die mens "wil" doen, is ondergeskik aan en word slegs deur sy natuur bepaal.

Dis hier waar verenigbaarheid die onderskeid maak tussen die mens se vrye wil en om 'n "vrye gevolmagtigde" te wees. Die mens is "vry" om te kies dit wat deur sy natuur bepaal word of deur die wette van die natuur. Om te illustreer: die wette van die natuur verbied die mens om te kan vlieg, maar dit beteken nie dat die mens nie vry is nie. Die gevolmagtigde, die mens, is net vry om te doen wat sy natuur of die natuurwette hom toelaat om te doen. Teologies gesproke, alhoewel die natuurlike mens onbevoeg is om homself aan die wet van God te onderwerp (Rom 8:7-8) en onbevoeg is om na Christus te kom, indien die Vader hom nadertrek na Hom toe (Joh 6:44), handel die natuurlike mens steeds vryelik volgens sy natuur. Hy onderdruk vryelik en daadwerklik die waarheid in onregverdigheid (Rom 1:18), omdat sy natuur hom daartoe beweeg en hom onbevoeg maak om anders te doen (Job 15:14-16; Ps 14:1- 3; 53:1-3; Jer13:23; Rom 3:10-11). Twee goeie voorbeelde van Jesus se bevestiging van hierdie konsep kan in Matt 7:16-27 en Matt 12:34-37 gevind word.

Met die onderskeid tussen vrye gevolmagtigde en vrye wil, spreek verenigbaarheid dan die natuur van die vrye agentskap of mens aan, ten opsigte van die teologiese stelling bekend as determinisme en/of die bybelse waarheid aangaande die alomteenwoordige natuur van God. Die fundamentele kwessie is hoe 'n mens aandadig gehou kan word vir sy optredes, as sy aksies altyd gaan plaasvind (die toekoms is nie onderworpe aan verandering nie) en kon nie enigiets anders wees as wat gebeur het nie. Alhoewel daar talle gedeeltes van die Skrif is wat hierdie kwessie aanspreek, is daar drie hoofgedeeltes om te ondersoek.

Die storie van Josef en sy broers
Die eerste storie is van Josef en sy broers in Gen 37. Josef was deur sy broers gehaat, omdat hul vader, Jakob, vir Josef liewer gehad het as enige van sy ander seuns (Gen 37:3) en as gevolg van Josef se drome en hul interpretasies (Gen 37:5-11). Op 'n gepaste tyd, het Josef se broers hom verkoop as 'n slaaf aan reisende Midianitiese handelaars. Toe het hulle sy oorjas in die bloed van 'n geslagte bok gedoop om sodoende hul vader te mislei dat Josef deur 'n ondier verskeur was (Gen 37:18-33). Na baie jare, waartydens Josef baie geseënd was deur die Here, het sy broers hom in Egipte ontmoet en Josef het homself aan hulle openbaar (Gen 45:3-4). Dit is Josef se gesprek met sy broers wat die belangrikste is in hierdie saak:

"Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. Hy het my laat aanstel as die farao se raadgewer en as bevelhebber oor sy huis en as regeerder oor die hele Egipte" (Gen 45:8).

Wat hierdie opsienbarend maak, is dat Josef voorheen gesê het dat sy broers hom in Egipte verkoop het (Gen 45:4-5). 'n Paar hoofstukke later, word die konsep van verenigbaarheid gekry:

"Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het" (Gen 50:20).

Die Genesis-storie vertel ons dat dit egter die broers was wat Josef in Egipte verkoop het. Tog maak Josef dit duidelik dat God dit gedoen het. Hulle wat die konsep van verenigbaarheid verwerp, sou sê dat hierdie vers eenvoudig dit so stel dat God Josef se broers se optrede vir iets goeds "gebruik" het. Tog is dit nie wat die teks sê nie. Vanaf Gen 45-50 word aan ons vertel dat (1) Josef se broers hom na Egipte gestuur het, (2) God het Josef na Egipte gestuur, (3) Josef se broers het bose bedoelings gehad om hom na Egipte te stuur en (4) God het goeie bedoelings gehad om Josef na Egipte te stuur. Dus is die vraag, wie het Josef na Egipte gestuur? Die verwarrende antwoord is dat beide Josef se broers en God dit gedoen het. Dit was een aksie wat deur twee entiteite uitgedra is, die broers en God het dit tegelykertyd gedoen.

Die Assiriese sending
Die tweede gedeelte wat verenigbaarheid uitwys, word gevind in Jes 10, 'n profetiese waarskuwingsgedeelte vir God se mense. Soos die goddelike belofte in Deut 28-29, stuur God 'n volk om Sy mense te straf vir hul sonde. Jes 10:6 sê dat Assirië die roede van God se woede is, "in diens gestel" teen God se mense "om hulle te beroof en te plunder, om hulle te vertrap soos modder in die strate." Let egter op wat God sê i.v.m. Assirië:

"Maar dit is nie wat Assirië in gedagte het nie, ook nie wat hy beplan nie. Sý bedoeling is om te vernietig, om baie nasies uit te roei" (Jes 10:7).

God se bedoeling met die Assiriese inval, is om Sy regverdige oordeel teen sonde toe te pas en die bedoeling van die Assiriërs is "om baie nasies uit te roei." Twee verskillende doelwitte, twee verskillende entiteite om hierdie doel te bereik, in een enkele aksie. Soos ons verder lees, openbaar God dat, alhoewel hierdie verwoesting deur Hom bepaal en afgekondig is (Jes 10:23), sal Hy nog steeds die Assiriërs straf, as gevolg van die "trots en selfversekerdheid" van die koning (Jes 10:12 Jes 10:15). Alhoewel God Self die straf oor 'n ongehoorsame volk onfeilbaar bepaal het, het Hy diegene wat die straf gebring het, vir hul eie optrede verantwoordelik gehou.

Die kruisiging van Jesus Christus
Die derde gedeelte van die Skrif wat praat oor verenigbaarheid, word in Hand 4:23-28 gevind. Soos geopenbaar in Hand 2:23-25, is Christus se dood aan die kruis volbring deur die besluit en vooruitbepaling van God. Hand 4:27-28 openbaar verder dat die optrede van Herodus, Pontius Pilatus, die Heidene en die mense van Israel deur God Self bepaal was om te gebeur, toe hulle saamgespan het teen Jesus en gedoen het wat God vooraf besluit het. Alhoewel God bepaal het dat Christus sou sterwe, is hulle wat vir Sy dood verantwoordelik was steeds aandadig vir hul optrede. Christus is doodgemaak deur slegte mense, tog was dit "die wil van die Here om Hom te verbrysel, om Hom die pyn te laat ly" (Jes 53:10). Weereens is die antwoord op die vraag, "wie het vir Jesus doodgemaak?" beide God en die slegte mense – twee doelwitte volvoer deur twee entiteite, met een enkele optrede.

Daar is ander gedeeltes van die Skrif wat bydra tot die konsep van verenigbaarheid, soos God wat die harte van individue verhard het (Eks 4:21; Jos 11:20; Jes 63:17). Alhoewel verenigbaarheid vir ons verwarrend voorkom (Job 9:10; Jes 55:8-11; Rom 11:33), is hierdie waarheid deur God Self geopenbaar as die wyse waardeur Sy soewereine mag versoen is met die wil van die mens. God is soewerein oor alle dinge (Ps 115:3; Dan 4:35; Matt 10:29-30), God weet alles (Job 37:16; Ps 147:5; 1 Joh 3:19-20) en die mens word aandadig gehou vir wat hy doen (Gen 18:25; Hand 17:31: Judas 1:15). Waarlik Sy weë is ondeurgrondelik (Job 9:10; Rom 11:33) en dus moet ons op die Here vertrou met ons hele hart en nie op ons eie insigte staatmaak nie (Spreuke 3:5-6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is verenigbaarheid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries