settings icon
share icon
Vraag

Roep die Bybel Christene op om die geloof te verdedig/te argumenteer ten gunste van die geloof?

Antwoord


Die klassieke vers wat apologie promoveer (die verdediging van die Christelike geloof) is 1 Pet 3:15, wat sê dat gelowiges moet "die hoop wat in julle lewe" verdedig. Die enigste manier om dit effektief te doen, is om die redes te bestudeer oor wat ons glo en hoekom ons glo. Hierdie sal ons voorberei om die redenasies te vernietig van "elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word" en "Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak," soos Paulus gesê het ons moet maak (2 Kor 10:5). Paulus het gedoen wat hy gesê het; om die waarheid te sê, om die geloof te verdedig was sy alledaagse aktiwiteit (Fil 1:7). Hy verwys na apologie as 'n aspek van sy sending in dieselfde paragraaf (vers 16). Hy het ook apologie 'n vereiste gemaak vir kerkleierskap in Titus 1:9. Judas, 'n apostel van Jesus, het geskryf dat "Hy op die bestemde tyd Sy woord bekend gemaak deur die prediking wat as opdrag aan my toevertrou is deur God, ons Verlosser" (vers 3).

Waar het die apostels hierdie idees vandaan gekry? Van die Meester Self. Jesus was Sy eie apologeet, soos Hy dikwels gesê het dat ons in Hom moet glo, as gevolg van die getuienis wat Hy voorsien het (Joh 2:23; 10:25; 10:38; 14:29). Die hele Bybel is ook vol van goddelike wonderwerke wat bevestig wat God wil hê dat ons moet glo (Eks 4:1-8; 1 Kon 18:36-39; Hand 2:22-43; Heb 2:3-4; 2 Kor 12:12). Mense weier om iets te glo sonder getuienis. Omdat God mense rasionele wesens gemaak het, moet ons nie verbaas wees as Hy van ons verwag om rasioneel te leef nie. Soos Norman Geisler sê, "Dit beteken nie dat daar nie plek vir geloof is nie, maar God wil hê dat ons 'n stap van geloof in die lig van getuienis moet neem, eerder as om in die donker te dwaal."

Diegene wat hierdie duidelike bybelse leringe en voorbeelde wil opponeer, mag sê, "Dit is nie nodig om die Woord van God te verdedig nie!" Maar watter van die wêreld se geskrifte is die Woord van God? So spoedig as wat iemand dit beantwoord, tree hy apologeties op. Sommige beweer dat die menslike verstand niks vir ons aangaande God kan sê nie – maar daardie stelling op sigself is 'n "redelike" stelling oor God. Indien dit nie is nie, dan is daar geen rede om dit te glo nie. 'n Gesogte gesegde is, "Indien iemand jou in Christenskap kan inpraat, dan kan iemand anders jou daar uitpraat." Hoekom is dit 'n probleem? Het Paulus nie self 'n kriteria (die opstanding) gegee, waardeur Christenskap aanvaar of verwerp moet word nie (1 Kor 15)? Dit is slegs misplaaste vroomheid wat in die negatief antwoord.

Niks van hierdie kan sê dat apologie alleen, sonder die invloed van die Heilige Gees, iemand tot reddende geloof kan bring nie. Dit skep 'n valse dilemma in baie harte, maar dit hoef nie "Gees versus Logika" te wees nie. Hoekom nie beide nie? Die Heilige Gees moet iemand beweeg na 'n posisie van geloof, maar hoe Hy dit bewerk, is Sy besluit. Met sommige mense gebruik God beproewinge; by ander is dit 'n emosionele belewenis; by ander is dit deur middel van die rede/verstand. God kan enige manier gebruik om Sy doel te bereik. Ons word egter beveel om apologie te gebruik op soveel plekke as moontlik, waar ons aangesê word om die evangelie te verkondig.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Roep die Bybel Christene op om die geloof te verdedig/te argumenteer ten gunste van die geloof?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries