settings icon
share icon
Vraag

Wat het met die Verbondsark gebeur?

Antwoord


Hierdie vraag het teoloë, Bybelstudente en argeoloë vir eeuelank gefassineer. In die agtiende regeringsjaar van koning Josia van Juda, het hy die opsigters van die Verbondsark beveel om dit terug te neem na die tempel in Jerusalem (2 Kronieke 35:1-6; 2 Kon 23:21-23). Dit is die laaste keer wat daar in die Skrif van die Verbondsark se plek melding gemaak word. Veertig jaar later het koning Nebukadneser van Babilon Jerusalem ingeneem en die tempel verwoes. Minder as tien jaar daarna het hy teruggekeer, gevat wat nog in die tempel oor was, dit toe saam met die stad tot op die grond toe, uitgebrand. Wat het dus van die Ark geword? Het Nebukadneser dit gevat? Is dit saam met die stad verwoes? Of is dit verwyder en veilig versteek, soos dit blykbaar gebeur het toe farao Shishak van Egipte die tempel gedurende die regering van Salomo se seun, Rehabeam, verwoes het? (“Blykbaar” omdat, indien Shishak daarin geslaag het om die Ark te neem, waarom het Josia die Leviete gevra om dit terug te neem? Indien die Ark in Egipte was – volgens “Raiders of the Lost Ark – sou die Leviete dit nie besit het en dus nie kon terugbring nie.

Die nie-kannonieke boek van Maccabees 2 berig dat net voor die Babiloniese inval,” het Jeremia ‘n goddelike openbaring gehad, wat aan hom die opdrag gegee het dat die Ark en die tabernakel hom moet vergesel en….dat hy saam met Moses na die berg gegaan het, waar Moses geklim het om God se erfenis te sien (die berg Nebo: Deut 31:1-4). Toe Jeremia daar aangekom het, het hy ‘n kamer in die grot gevind, waarin hy die tent, die ark en die wierookaltaar gesit het, daarna het hy die ingang geblokkeer” (2:4-5). Tog “Sommige van dié wat hom gevolg het, het gekom met die doel om die pad te merk, maar hulle kon dit nie vind nie. Toe Jeremia daarvan hoor, het hy hulle berispe: ‘Die plek moet onbekend bly, totdat God sy mense vergader en aan hul genade betoon. Dan sal die Here hierdie dinge oopmaak en die glorie van die Here sal in die wolk gesien word, netsoos dit in die tyd van Moses verskyn het en toe Salomo gebid het dat die tempel roemryk geheilig moes word’” (2:6-8). Dit is nie bekend of hierdie tweedehandse bevinding akkuraat is nie; selfs al sou dit wees, sal ons nie weet, totdat die Here weer kom nie, soos die verslag self deurgee.

Ander teorieë oor die verlore Verbondsark sluit in: Rabbis Shlomo Goren en Yehuda Getz, wat beweer dat dit versteek is onderkant die tempelberg, waar dit vantevore begrawe is, voordat Nebukadneser dit kon steel. Ongelukkig is die tempelberg nou die tuiste van die Dome of the Rock, ‘n Islamitiese heilige plek en die plaaslike Moslem gemeenskap weier dat dit opgegrawe mag word. Dus weet ons nie of die bogenoemde teorieë reg is nie.

Die ontdekker, Vendyl Jones, en nog andere, glo dat ‘n namaaksel tussen die Dooie See Geskrifte gevind is, die raaiselagtige “Copper Scroll” of Qumran Cave 3, wat eintlik ‘n skattekaart is van gedetailleerde inligting van hierdie skatte, onder andere, die Verbondsark. Dis onseker of dit waar is, aangesien niemand nog die geografiese landsmerke wat op die geskrifte is, kon vind nie. Wat interessant is, is dat sommige geleerdes spekuleer dat die “Copper Scroll” eintlik die bron kan wees waarna daar in Maccabees 2:1 en 4 verwys word, waar beskryf word waar Jeremia die ark versteek het. Dit bly egter onbevestigend.

Graham Hanccock, ‘n voormalige Oos-Afrika- korrespondent van “The Economist” het in 1992 ‘n boek “The Sign and the Seal: The Quest for the Lost Ark of the Covenant” gepubliseer, waarin hy argumenteer dat die ark in die Saint Mary of Zion’s Church in Aksum, ‘n antieke stad van Ethiopië, is. Ontdekker Robert Cornuke van die B.A.S.E. Institute, glo ook dat die ark nou in Aksum gesetel is. Nogtans het niemand dit nog daar gevind nie. Michael Sanders , ‘n argeoloog, glo dat die ark versteek is in ‘n antieke Egiptiese tempel in die dorp Djaharya in Israel, maar hy moet dit egter nog daar vind.

‘n Twyfelagtige Ierse tradisie hou vol dat die ark onder die Hill of Tara in Ierland begrawe is. Sommige geleerdes glo dat dit die oorsprong van die Ierse “pot goud aan die einde van die reënboog”- legende is. Selfs minder geloofbaar is Ron Wyatt en Tom Crotser se beweringe: Wyatt beweer dat die Verbondsark onder Golgotaberg begrawe is en Crotser weer op Pisgahberg, naby die berg Nebo. Beide hierdie bewerings word deur die argeologiese gemeenskap as minderwaardig gesien en ook die feit dat nie een van hierdie twee manne dié wilde stellings met enige getuienis kon staaf nie.

Op die ou end bly die Verbondsark verlore vir almal, behalwe vir God. Interessante teorieë soos bogenoemde kom steeds voor, maar die ark is nog nie gevind nie. Die skrywer van Maccabees 2 mag net sowel reg wees; ons sal nie die onopgeloste raaisel oor die Verbondsark oplos, totdat die Here self weer gekom het nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat het met die Verbondsark gebeur?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries