settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Verbondsark?

Antwoord


God het ‘n verbond (‘n voorwaardelike verbond) met die volk van Israel gesluit, deur Sy dienaar Moses. Hy het voorspoed aan hulle en hul kinders beloof vir geslagte lank, indien hulle Hom en Sy gebooie gehoorsaam het; maar Hy het altyd gewaarsku met straf, wanhoop en verstrooiing, indien hulle ongehoorsaam sou wees. As ‘n teken van Sy verbond, moes die Israeliete ‘n houer maak volgens Sy eie ontwerp, waarin die kliptablette, waarop die Tien Gebooie geskrywe was, moes kom. Hierdie houer of kis, was genoem die “ark” en was gemaak van akasiahout en met goud oorgetrek. Die Ark moes bewaar word in die Allerheiligste deel van die tabernakel in die woestyn en uiteindelik in die Tempel, toe dit in Jerusalem gebou is. Hierdie kis is bekend as die Verbondsark.

Die ware betekenis van die Verbondsark was die deksel van die kis, bekend as die “Mercy Seat.” Die term “mercy seat” kom van die Hebreeus en staan bekend as “to cover, placate, appease, cleanse, cancel or make atonement for” (Versoendeksel). Dit was hier waar die hoëpriester eenmaal per jaar (Lev 16) die Allerheiligste binnegegaan het, waar die Verbondsark gehou was en versoening gdoen het vir sy sondes en dié van die Israeliete. Die priester het die bloed van ‘n offerdier op die Versoendeksel gesprinkel om die straf en woede van God te bevredig oor sonde wat in die verlede gedoen was. Dit was die enigste plek in die wêreld waar hierdie versoening kon plaasvind.

Die Versoendeksel bo-op die Ark was ‘n simboliese voorafskaduwing van die uiteindelike offerande vir alle sonde – die bloed van Christus wat aan die kruis gevloei het vir die vergifnis van sondes. Die apostel Paulus, ‘n voormalige Fariseër en een wat bekend was met die Ou Testament, het hierdie konsep baie goed geken toe hy geskryf het aangaande Christus en dat Hy ons sonde bedek het, in Rom 3:24-25: “….maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur Sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo.” Netsoos daar slegs een plek was vir versoening vir sondes in die Ou Testement – die Versoendeksel van die Verbondsark – so is daar ook slegs een plek vir versoening in die Nuwe Testament en huidige tye – die kruis van Jesus Christus. As Christene kyk ons nie meer na die Ark nie, maar na Jesus Christus Self, as die soenoffer en versoening vir ons sondes.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Verbondsark?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries