settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verbonde in die Bybel?

Antwoord


Die Bybel praat van sewe verskillende verbonde, vier, waarvan (Abrahams, Palestyns, Mosaïes, Dawids) God met die volk Israel gesluit het en wat onvoorwaardelik van aard is. Dit beteken, ongeag of Israel gehoorsaam of ongehoorsaam optree, God sal steeds hierdie verbonde vervul aan Israel. Een van die verbonde, die Mosaïese Verbond, is voorwaardelik van aard. Dit beteken dat hierdie verbond óf 'n seën óf 'n vloek sal bring, afhangend van Israel se gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid. Drie van die verbonde (Adams, Noag, Nuwe) is gemaak tussen God en die mens in die algemeen en is nie beperk tot die volk Israel nie.

Die Adamsverbond kan in twee dele verdeel word: die Edense Verbond (onskuldig) en die Adamsverbond (genade) (Gen 3:16-19). Die Edense Verbond word gevind in Gen 1:26-30; 2:16-17. Hierdie verbond handel oor die mens se verantwoordelikheid teenoor die skepping en God se voorskrif in verband met die boom van kennis van goed en kwaad. Die Adamsverbond het die vloeke ingesluit wat teen die mensdom uitgespreek is vir die sonde van Adam en Eva, sowel as God se voorsiening vir daardie sonde (Gen 3:15).

Die Noagverbond was 'n onvoorwaardelike verbond tussen God en Noag (spesifiek) en die mensdom (in die algemeen). Ná die vloed, het God aan die mens belowe dat Hy nooit weer alle lewe op aarde met 'n vloed sou verwoes nie (Gen 9). God het die reënboog gegee as teken van die verbond, 'n belofte dat die ganse aarde nooit weer sou oorstroom nie en 'n herinnering dat God sonde sal oordeel (2 Pet 2:5).

Die Abrahamsverbond (Gen 12:1-3, 6-7; 13:14-17; 15; 17:1-14; 22:15-18). In hierdie verbond, het God baie dinge aan Abraham belowe. Hy het persoonlik belowe dat Hy Abraham se naam groot sou maak (Gen 12:2), dat Abraham tallose fisiese afstammelinge sou hê (Gen 13:16) en dat hy die vader van 'n menigte nasies sou wees (Gen 17:4-5). God het ook beloftes gemaak aangaande 'n volk, genoem Israel. Die geografiese grense van hierdie verbond is by meer as een geleentheid in die Genesisboek uitgelê (12:7; 13:15-15; 15:18-21). 'n Ander voorsiening in die Abrahamsverbond is dat die families van die wêreld geseënd sal wees, deur die fisieke bloedlyn van Abraham (Gen 12:3; 22:18). Hierdie is 'n verwysing na die Messias, wat vanuit die geslag van Abraham sou kom.

Palestynse Verbond (Deut 30:1-10). Die Palestynse Verbond vergroot die landelike aspek wat in die Abrahamverbond uiteengesit was. Na aanleiding van die terme van hierdie verbond,indien die mense gehoorsaam was,sou God maak dat hulle oraloor die wêreld versprei sou word (Deut 30:3-4), maar Hy sal uiteindelik die volk herstel (vers 5). Wanneer die volk herstel is, dan sal hulle Hom volkome gehoorsaam (vers 8) en God sal hulle laat floreer (vers 9).

Mosaïese Verbond (Deut 11). Hierdie verbond was 'n voorwaardelike verbond wat óf God se direkte seën gebring het vir gehoorsaamheid óf God se direkte vloek vir ongehoorsaamheid op die volk van Israel. 'n Gedeelte van die Mosaïese Verbond was die Tien Gebooie (Eks 20) en die res van die Wet, wat meer as 600 gebooie bevat – min of meer 300 positief en 300 negatief. Die geskiedenisboeke van die Ou Testament (Josua-Ester) skryf in detail hoe Israel daarin geslaag het om die Wet te gehoorsaam of hoe Israel treurig misluk het om die Wet te gehoorsaam. Deut 11:26-28 sit die seëning- vervloekingsmotief uiteen.

Dawidsverbond (2 Sam 7:8-16). Hierdie verbond vergroot die "saad"-aspek van die Abrahamsverbond. Die beloftes aan Dawid in hierdie gedeelte is belangrik. God het Dawid beloof dat Dawid se bloedlyn vir ewig sou bly en dat sy koninkryk nooit permanent sou verbygaan nie (vers 16). Dit is so dat die Dawidstroon nie altyd in plek sal wees nie. Daar sal egter 'n tyd wees dat iemand vanuit die geslag van Dawid weer op die troon sal sit en as koning regeer. Hierdie toekomstige Koning is Jesus (Luk 1:32-33).

Nuwe Verbond (Jer 31:31-34). Hierdie Nuwe Verbond is eerstens gesluit met die volk Israel en uiteindelik met alle mense. In die Nuwe Verbond belowe God om sonde te vergewe en daar sal 'n universele kennis van die Here wees. Jesus Christus het gekom om die Wet van Moses te vervul (Matt 5:17) en skep 'n nuwe verbond tussen God en Sy mense. Noudat ons onder die Nuwe Verbond is, kan beide Jode en Heidene vry wees van die straf van die Wet. Ons word nou die geleentheid gebied om verlossing te ontvang as gratis geskenk (Ef 2:8-9).

In hierdie bespreking van die Bybelse verbonde, is daar 'n paar sake waaroor Christene nie saamstem nie. Eerstens dink sommige Christene dat al die verbonde voorwaardelik van aard is. Indien die verbonde voorwaardelik is, het Israel jammerlik gefaal om hulle te vervul. Ander glo dat die onvoorwaardelike verbonde tans volledig vervul is en ten spyte van Israel se ongehoorsaamheid, in verwerkliking sal kom iewers in die toekoms. Tweedens, hoe staan die kerk van Jesus Christus in verhouding tot die verbonde? Sommige glo dat die kerk die verbonde vervul en dat God nooit met Israel sal handel nie. Dit word die vervangingsteologie genoem en het weinige Skriftuurlike getuienis. Aangesien baie van die beloftes aan Israel nog steeds vir die toekoms is, glo baie dat die kerk op sommige maniere in die verbonde deel. Ander glo dat die verbonde vir Israel en vir Israel alleen is en dat die kerk geen aandeel in hierdie verbonde het nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verbonde in die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries