settings icon
share icon
Vraag

Het Adam en Eva se sonde regtig gegaan oor die eet van ‘n stuk verbode vrug?

Antwoord


Die frase “verbode vrug” verwys na die verhaal van Adam en Eva in die Tuin van Eden. God het hulle verbied om van die vrugte van die boom van alle kennis (van goed en kwaad) te eet (Gen 2:9; 3:2). Die Bybel praat nie oor die tipe vrugte wat dit was nie. Tradisie het dit as ‘n appel geïdentifiseer, maar dit is onmoontlik om met sekerheid te sê. Vanuit die teks van Genesis is die aanduiding daar dat dit ‘n werklike boom met werklike vrugte was.

Die sleutelelement in die gedeelte is nie die vrug self nie, maar die verbod op die eet daarvan. God het Adam en Eva net een verbod in Sy instruksies gegee. Of daar enige geestelike bestanddeel in die vrug was, is nie van belang nie. Die sonde het gegaan oor God se opdrag wat nie gehoorsaam word nie. Deur die vrug te eet (ongehoorsaamheid), het hulle persoonlike kennis van sonde opgedoen. Hulle het reeds die goeie geken, maar nou het hulle die kontrasterende ondervinding van die sonde van ongehoorsaamheid en die skuldgevoel en skaamte wat daarmee saam gekom het, ervaar. Satan se leuen was dat, deur goed en kwaad te leer ken, sou hulle soos gode raak (Gen 3:5). In werklikheid was hulle reeds na die beeld van God gemaak en het hulle die seën van Sy blydskap beleef.

Die les vir ons vandag is dat wanneer God iets verbied, dit tot ons eie voordeel is. Deur Hom nie te gehoorsaam nie, ons eie pad te loop of vir onsself te besluit wat voordelig is, sal altyd tot chaos lei. Ons hemelse Vader wat ons geskep het, weet wat die beste vir ons is en wanneer Hy iets verbied, moet ons na Hom luister. Wanneer ons kies om ons eie wil te volg, in plaas van Sy volmaakte en heilige wil, sal dinge nooit goed vir ons afloop nie. Adam en Eva het daardie hartseer ontdekking gemaak, nadat hulle die verbode vrug geëet het en die mensdom moet sedertdien, as gevolg van hul besluit, lyding verduur (Rom 5:12).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het Adam en Eva se sonde regtig gegaan oor die eet van ‘n stuk verbode vrug?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries