settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel in verband met vampiere?

Antwoord


Die populariteit van die tienerromanse-novelles in die Twilight reeks het nuwe belangstelling gewek in vampiere. Die vampier is ‘n mitologiese wese wat blykbaar bestaan deur die drink van die bloed van ander mense, gewoonlik deur hul nekke te byt, waarna die slagoffer ook ‘n vampier word, wat volgende slagoffers soek. Die vampierlegende kan terug geneem word na middeleeuse en Oos-Europese volksoorlewerings, maar verskeie vertellings van vampieragtige kreature bestaan ook in Afrika, Asië en die Amerikas.

Die huidige vampiergier het werklik sy wortels in twee kwasi-romantiese novelles van die19de eeu, “The Vampyre” deur John Polidori (1819) en”Dracula” deur Bram Stoker (1897). Hierdie twee boeke is die stamvaders van die romantiese vampiergenre van fantasiefiksie. Die verleidelike “soen van die vampier” het ‘n aanloklike mistieke simbool geskep, veral vir jong vroue en daardie simbool, tesame met die “verbode vrug”-sindroom, is die basis vir die populariteit van die Twilight reeks. Die romantiese/seksuele attraksie van die vleiende, gesofistikeerde vampier,Count Dracula, soos uitgebeeld word deur Frank Langella in die fliek “Dracula” (1979) is ‘n voorbeeld van die aanloklikheid van die vampier. Die film se byskrif is “Regdeur die geskiedenis het hy die harte van mans met verskrikking gevul en die harte van vroue met begeerlikheid.”

Terwyl fantasiefiksie soos Twilight waarskynlik vir die grootste deel daarvan skadeloos is,kan enige obsessiewe belangstelling in vampiere – of sover dit aangaan , hekse, spoke en ander okkultiese figure – baie ongesond en erg gevaarlik wees. Dit hang af van die geestelike toestand van die persoon wie se belangstelling deur sulke onderwerpe geprikkel word. ‘n Swak, emosionele brose jong meisie, byvoorbeeld, wie se lewe gekenmerk word deur familiestres, selfbeeldkwessies en ‘n tekort aan sterk rolmodelle, kan in gevaar staan om ongesonde belangstelling in die okkulte te ontwikkel. So ‘n belangstelling kan deure oopmaak vir demone om in haar verstand en gees te infiltreer. Soos ons weet is Satan die vyand van ons siele, wat rondloop “soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind” (1 Pet 5:8). Dit is waarom God, in Sy wysheid, okkultiese praktyke verbied en dit beskryf as “afskuwelik” en verfoeilik (Deut 18:9-12).

Hoe moet die Christen dink oor vampiere en fiksie daar rondom? Ons word in Fil 4:8 herinner om ons gedagtes te vul met “alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” Al is daar elemente van edelheid in die Twilight boeke is, is daar ook elemente van donkerte en die okkulte. Daar is ook ‘n baie sterk aantrekkingskrag na die “held” van die boek, Edward, wat ‘n vampier is. Hy is ‘n verleidelike aantreklike charismatiese figuur, wat ‘n groot aantreklikheid uitstraal teenoor tienermeisies. Die skrywer beeld vernuftig ‘n pragtige, romantiese, perfekte karakter uit – alhoewel geskend – dié soort ou wat die meeste tienermeisies aangetrokke laat voel. Die probleem ontstaan as so ‘n persoon ‘n ikoon raak en dan word daar gesoek na iemand soos hy. Geen menslike man kan opleef na so ‘n volmaakte persoon nie. Christenmeisies en jong vroue moet soek na skoonheid en volmaaktheid in Christus. Wanneer hulle ware skoonheid van karakter verstaan, sal hulle in staat wees om dit in ‘n jong man te herken, wat God na hulle bring as hul huweliksmaat.

Beteken dit nou dat Christene vampierfiksie heeltemal moet vermy? Vir sommige families is die antwoord, ja. Vir ander is die antwoord, nee. Ouers wat tienerdogters of jonger dogters het wat geïnteresseerd is in die reeks, sal goed doen om dit self te lees en dit met hul dogters te bespreek en miskien uit te wys wat nie in ooreenstemming met God se Woord is nie. So ‘n analitiese bespreking kan van waarde wees om die waas van verering wat die vampiermite omring, uit die weg te ruim. Bo alles, die besluite ten opsigte van die lees van enige materiaal vir Christenkinders en –tieners is die verantwoordelikheid van die ouers.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel in verband met vampiere?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries