settings icon
share icon
Vraag

Wie is die vals profeet van die eindtyd?

Antwoord


Die vals profeet van die eindtyd word in Openbaring 13:11-15 beskryf. Saam met die Antichris en Satan, wat beide van hul bemagtig, is die vals profeet die derde party in die onheilige drie-eenheid (Openbaring 16:13, 19:20, 20:10).

Die apostel Johannes beskryf hierdie persoon en gee vir ons aanduidings om hom te ientifiseer as hy opdaag. Eerstens kom hy uit die aarde. Dit kan beteken dat hy uit die hel kom saam met al die demoniese magte van die hel – in sy opdrag. Dit kan ook beteken dat hy vanaf lae omstandighede kom, geheimsinnig en onbekend, totdat hy op die wêreld se verhoog uittroon, aan die regterhand van die Antichris. Hy word uitgebeeld met horings soos 'n lam en hy praat soos 'n draak. Die horings op lammers is maar klein knoppies op hul koppe, totdat die lam groei tot die grootte van 'n ram. Anders as die Antichris wat 'n menigte koppe en horings het en so sy krag en mag en wreedheid vertoon, kom die vals profeet soos 'n lam, lieftallig, met oorredende woorde wat simpatie en goedheid uitlok. Hy kan 'n baie besondere priester wees of 'n redenaar, wie se demonies gedrewe woorde die menigtes sal verlei. Hy praat egter soos 'n draak, wat beteken dat sy boodskap dié van 'n draak is. Openbaring 12:9 identifiseer die draak as die duiwel en Satan.

Vers 12 gee vir ons die vals profeet se sending op aarde, wat daaruit bestaan om die mensdom te forseer om die Antichris te aanbid. Hy het al die outoriteit van die Antichris. Soos hy, word die vals profeet weer deur Satan bemagtig. Dit is nie duidelik of mense geforseer word om die Antichris te aanbid en of hulle so bekoor sal word deur hierdie magtige wesens, dat hulle vir die verleiding val en hom gewilliglik aanbid nie. Die feit dat die tweede ondier wonderwerkende tekens en wonders gebruik, insluitende vuur vanuit die hemel, om hul beide se geloofwaardigheid te vestig, lyk na 'n aanduiding dat mense voor hulle in bewondering vir hul mag en boodskap sal val. Vers 14 sê dat die misleiding so groot sal wees dat die mense 'n afgod vir die Antichris sal maak en dit aanbid. Dit herinner aan die geweldige groot goue beeld van Nebukadneser (Dan 3) voor wie almal moes buig en aanbid. Openbaring 14:9-11 beskryf egter die vreeslike lotsbestemming wat vir hulle wag wat die beeld van die Antichris aanbid.

Diegene wat die skrikwekkendhede van die verdrukking oorleef, sal twee harde keuses in die gesig staar. Hulle wat weier om die beeld van die ondier te aanbid, sal aan die dood onderwerp word (v 15), maar hulle wat hom aanbid, sal die wraak van God ontvang. Die beeld sal buitengewoon wees, in so 'n mate dat dit sal kan "praat". Dit beteken nie dat dit lewendig sal word nie – die Griekse word hier is "pneuma" en beteken "asemhaal" of "stroming" van lug, nie die woord "bios" (lewe) nie – maar dit beteken dat dit soort van 'n vermoë sal hê om die boodskap van die Antichris en die vals profeet voort te bring. Saam daarmee, om die spreekbuis vir hulle te wees, sal die beeld ook hulle wat weier om die onheilige paar te aanbid, aan die dood oorgee. In ons tegnologiese wêreld is dit nie te moeilik om so 'n scenario voor te stel nie.

Wie die vals profeet ookal mag wees, die finale misleiding in die wêreld en die finale afvalligheid sal groot wees en die hele wêreld sal daarin vasgevang word. Die bedrieërs en valse leraars wat ons nou reeds sien, is die voorgangers van die Antichris en die vals profeet en ons moenie deur hulle mislei word nie. Hierdie valse leraars is in die rondte en hulle dryf ons na 'n finale sataniese koninkryk. Ons moet in vaste geloof die reddende evangelie van Jesus Christus verkondig en die siele van manne en vroue red van die naderende verwoesting.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die vals profeet van die eindtyd?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries