settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ek die konsep van Vader God verstaan?

Antwoord


"Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie" (1 Joh 3:1). Hierdie gedeelte begin met 'n opdrag: "Kyk." Johannes wil hê dat ons die manifestasies van die Vader se liefde moet waarneem. Hy het die onderwerp oor God se liefde in die voorafgaande hoofstuk bekendgestel (1 Joh 2:5, 15), dit kortliks hier bespreek en in die vierde hoofstuk volledig verduidelik. Johannes se doel is om die soort liefde wat die Vader vir Sy kinders het, te beskryf: "watter groot liefde". Die Griekse woord, soos vertaal, van "watter groot", word net ses keer in die Nuwe Testament gekry en impliseer altyd verbasing en bewondering.

Wat hier interessant is, is dat Johannes nie sê, "Die Vader het ons lief" nie. Deur so te doen, sou hy 'n toestand beskryf het. In plaas daarvan vertel hy dat die Vader Sy liefde op ons "ryklik uitgestort" het en dit is weer 'n beeld van 'n handeling en die omvang van God se liefde. Dit is ook interessant dat Johannes die woord "Vader" met 'n doel gekies het. Daardie woord impliseer die Vader-kind verhouding. God het egter nie Vader geword toe Hy ons as kinders aangeneem het nie. God se Vaderskap is ewig. Hy is vir ewig die Vader van Jesus Christus en deur Jesus is Hy ons Vader. Deur Jesus ontvang ons die Vader se liefde en word ons "kinders van God" genoem.

Wat 'n eer is dit dat God ons Sy kinders noem en ons die versekering gee dat, as Sy kinders ons erfgename en mede-erfgename saam met Christus is (Rom 8:17). In sy Evangelie vertel Johannes ook dat God ons die reg gee om kinders van God te word, aan almal wat Hom as Here en Verlosser aangeneem het (Joh 1:12). God het Sy liefde oor Sy Seun Jesus Christus uitgebrei en deur Hom ook aan al Sy aangenome kinders.

Wanneer Johannes ons dan vertel "dit is wie ons is!", verklaar hy daarmee die realiteit van ons status. Reg nou, op hierdie oomblik, is ons Sy kinders. Met ander woorde, dit is nie 'n belofte wat God in die toekoms sal vervul nie. Nee, die waarheid is dat ons reeds God se kinders is. Ons geniet al die regte en voorregte wat ons aanneming inhou, omdat ons God as ons Vader leer ken het. As Sy kinders belewe ons Sy liefde. As Sy kinders erken ons Hom as ons Vader, omdat ons 'n eksperimentele kennis van God het. Ons plaas ons vertroue en geloof in Hom wat ons liefhet, vir ons voorsien en beskerm soos ons aardse vaders sou doen. Ook soos aardse vaders sou doen, dissiplineer God Sy kinders as hul ongehoorsaam is of Sy gebooie ignoreer. Hy doen dit tot ons voordeel, "sodat ons in Sy heiligheid mag deel" (Heb 12:10).

Daar is baie maniere hoe die Skrif diegene beskryf vir wie God liefhet en Hom gehoorsaam. Ons is erfgename van God en mede-erfgename saam met Christus (Rom 8:17); ons is heilige priesters (1 Pet 2:5); ons is nuwe skepsels (2 Kor 5:17); en ons is deel van die Goddelike natuur (2 Pet 1:4). Meer egter as enige van wat genoem is – belangriker as enige titel of posisie – is die eenvoudige feit dat ons God se kinders is en Hy ons hemelse Vader.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ek die konsep van Vader God verstaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries