Wat is Utilitarianisme?


Vraag: "Wat is Utilitarianisme?"

Antwoord:
Die kern van Utilitarianisme is die konsep van plesier en pyn. Hierdie filosofie sien "goed" as enigiets wat plesier vermeerder en pyn verminder. Dit is 'n filosofie van uitkomste. As die uitkoms van 'n aksie dien om plesier te vermeerder en pyn te verminder, dan is die aksie as goed beskou. Eintlik is Utilitarianisme 'n hedonistiese filosofie. Die geskiedenis daarvan kan ver terug nagespoor word tot by die antieke Griekse filosoof, Epicurus, maar as denkrigting word die krediet dikwels aan die Britse filosoof, Jeremy Bentham gegee.

Wat behels sommige van die probleme van Utilitariansme? Eerstens fokus dit op uitkomste. In realiteit is 'n aksie nie net goed omdat die uitkoms goed is nie. Die Bybel sê dat "die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike" (1 Sam 16:7). God is nie so begaan oor uitkomste, as wat Hy met die hart se bedoelinge is nie. Goeie dade met slegte bedoelinge maak God nie bly nie. Dit is so dat ons nie die intensies van andere kan sien nie. Ons is nie eers daartoe in staat om onderskeid te tref in verband met ons eie intensies nie. Maar dit is geen verskoning nie; ons moet almal voor God verskyn en verslag doen oor ons dade.

'n Tweede probleem met Utilitarianisme is die fokus op plesier, in teenstelling met wat werklik goed is. Plesier is 'n menslike definisie van goed en daarom kan dit baie subjektief wees. Wat vir die een plesier verskaf, mag dalk nie vir die ander plesier gee nie. Volgens die Bybel is God die definisie van goed (Ps 86:5; 119:68), en omdat God nie verander nie (Jak 1:17), verander die definisie van goed nie, inteendeel, dit is objektief en nie subjektief nie.

Goedheid fluktueer nie met tendense van menslike begeertes of die verloop van tyd nie. Verderaan, deur goed met plesier te vergelyk, is daar die risiko om goed te definieer as eenvoudig die bevrediging van ons basiese, vleeslike begeertes. Soos waargeneem by mense wat swig voor 'n hedonistiese leefstyl: hoe meer 'n mens jou verlustig in plesier, hoe minder intens raak die plesier en hoe meer moet jy toegee om dieselfde stimulasie te kry. Dit is die wet van afnemende opbrengs,toegepas op plesier. 'n Voorbeeld van hierdie siklus is dwelmverslaafdes wat met al hoe sterker dwelms eksperimenteer om dieselfde "hoog" te bereik.

'n Derde problem is die omseiling van pyn. Nie alle pyn is sleg nie. Dit is nie dat pyn in homself goed is nie, maar dit kan lei tot goed. Die geskiedenis van die mensdom is vol daarvan om te leer vanuit foute. Soos baie sê, mislukking is die beste leermeester. Niemand is 'n voorstander daarvan dat ons aktief besig moet wees om pyn te soek nie, maar om te sê dat alle pyn boos is en vermy moet word, is naïef. God is meer geïnteresseerd in ons heiligheid as in ons geluk. Sy vermaning aan Sy mense is om heilig te wees soos Hy heilig is (Lev 11:44; 1 Pet 1:15-16). Die Bybel sê dat ons baie bly moet wees wanneer allerhande beproewings oor ons kom (Jak 1:2-4), nie omdat die swaar tye vol vreugde is nie, maar omdat dit tot groter volharding en geloof lei.

Allesomvattend is die filosofie van Utilitarianisme gefokus om hierdie lewe so pynloos as moontlik vir soveel mense as moontlik te maak. Op die oppervlak lyk dit soos 'n aantreklike doelwit. Wie sal nie wil hê dat die lyding van mense regdeur die wêreld verlig moet word nie? Tog sê die Bybel dat daar baie meer aan ons bestaan is, as net die aardse lewe. Jesus sê dat hy wat vir hierdie aardse lewe leef, sal baie teleurgesteld wees (Matt 6:19). Die apostel Paulus sê die swaarkry in hierdie lewe kan nie opweeg teen die heerlikheid wat vir ons in die ewigheid wag nie (2 Kor 4:17). Die dinge van hierdie lewe is tydelik en van verbygaande aard (v 18). Ons fokus moet gerig wees op ons maksimum heerlikheid in die hemel, nie ons aardse lewe nie.

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Utilitarianisme?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God