settings icon
share icon
Vraag

Wie is die uitverkorene van God?

Antwoord


Eenvoudig gestel, die "uitverkorene van God" is hulle wat God voorafbestem het om te red. Hulle word genoem die "uitverkorene", omdat daardie woord die konsep van verkiesing aandui. Elke vier jaar in die Verenigde State verkies ons 'n President – dit beteken, ons kies iemand wat in daardie kantoor sal dien. Dieselfde gebeur by God en hulle wat gered sal word; God kies hulle wie Hy wil red. Hierdie is die uitverkorene van God.

Die konsep van God om diegene uit te verkies wat gered sal word, is nie omstrede nie. Wat wel omstrede is, is hoe en op watter wyse God hulle kies wat gered sal word. Regdeur die kerkgeskiedenis is daar twee hoofsieninge oor die lering van die uitverkiesing (of voorafbestemming). Een siening wat ons die voorkennis of voorafbestemming noem, leer dat God, deur Sy alwetendheid, Hy hulle ken wat in die verloop van tyd uit eie vrye wil sal kies om hul geloof en vertroue in Jesus Christus te stel, vir hul verlossing. Op die basis van hierdie goddelike voorafkennis, verkies God hierdie individue "voordat die wêreld geskep is" (Ef 1:4). Hierdie siening word gehandhaaf deur die meerderheid Amerikaanse evangeliste.

Die tweede hoofsiening is die Augustynse opvatting, wat hoofsaaklik leer dat God nie net slegs hulle goddelik uitverkies, wat geloof in Jesus Christus sal plaas nie, maar kies ook goddelik om aan hierdie individue die geloof te skenk om in Christus te glo. Met ander woorde, God se uitverkiesing tot verlossing, is nie gebaseer op 'n voorafbestemming van 'n individu se geloof nie, maar is gebaseer op die vrye, soewereine genade van die Almagtige God. God verkies mense tot verlossing en in die loop van die tyd sal hierdie mense tot geloof kom in Christus, omdat God hulle uitverkies het.

Die verskil kom neer op hierdie: wie het die hoogste keuse in redding – God of die mens? In die eerste siening (die vooruitsiende opvatting), het die mens beheer; sy vrye wil is soewerein en raak die bepalende faktor in God se uitverkiesing. God kan die weg voorsien vir verlossing deur Jesus Christus, maar die mens moet Christus vir homself kies,om sodoende redding werklikheid te maak. Uiteindelik maak hierdie siening God kragteloos en steel Sy soewereiniteit van Hom. Hierdie opvatting plaas die Skepper by die skepsel se genade; as God mense in die hemel wil hê, moet Hy hoop dat die mens vryelik Sy weg van verlossing sal kies. In werklikheid is die vooruitsiende opvatting van uitverkiesing geen eleksiesiening nie, maar God kies nie regtig nie – Hy bevestig slegs. Dit is die mens wat die uiteindelike kieser is.

In die Augustynse siening, het God beheer; Hy is die Een wat vanuit Sy eie soewereine wil vryelik kies wie Hy wil red. Hy verkies nie net slegs hulle wat Hy wil red nie, maar eintlik bewerk Hy hul verlossing. Eerder om verlossing eenvoudig moontlik te maak, kies God hulle wat Hy wil red en dan red Hy hulle. Hierdie opvatting plaas God in Sy behoorlike plek as Skepper en Oppermagtige (Soewereine).

Die Augustynse siening is nie sonder probleme op sy eie nie. Kritici het die mening dat hierdie siening die mens besteel van sy vrye wil. Indien God hulle kies wat gered sal word, watter verskil maak dit dan vir die mens om te glo? Waarom word die Evangelie dan verkondig? Verderaan, indien God uitverkies volgens Sy soewereine wil, hoe kan ons dan verantwoordelik gehou word vir ons optrede? Hierdie is alles goeie en regverdige vrae wat beantwoord moet word. 'n Goeie gedeelte om hierdie vrae te beantwoord, is Rom 9, die mees diepliggende gedeelte wat handel oor God se soewereiniteit in die uitverkiesing.

Die konteks van die gedeelte vloei vanuit Rom 8, wat eindig met 'n groot lofprysingsklimaks: "Hiervan is ek oortuig: (niks) in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here" (Rom 8:38-39). Hierdie lei vir Paulus om te oorweeg hoe 'n Jood sou optree ten opsigte van daardie stelling. Omdat Jesus gekom het na die verlore kinders van Israel en aangesien die vroeë kerk grotendeels Joods saamgestel was, het die Evangelie onder die Heidene baie vinniger versprei as tussen die Jode. Die meeste van die Jode het die Evangelie gesien as 'n struikelblok (1 Kor 1:23) en het vir Jesus verwerp. Hierdie het die deursnee Jood gelei om te wonder of God se uitverkiesingsplan misluk het, aangesien die meeste Jode die Evangelieboodskap verwerp het.

Regdeur Rom 9 wys Paulus sistematies dat God se soewereine uitverkiesing reeds van die begin af van krag is. Hy begin met 'n kritieke stelling: "Immers, nie almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie" (Rom 9:6). Dit beteken dat nie alle mense wat etniese Israeliete was (dit is hulle wat vanaf Abraham, Isak en Jakob afstam), aan die ware Israel behoort het nie (die uitverkorene van God). Deur die geskiedenis van Israel te hersien, wys Paulus dat God Isak bokant Ismael en Jakob bokant Esau verkies het. Net ingeval God hierdie individue gekies het, gebaseer op die geloof of goeie werke wat hulle in die toekoms sou doen, voeg hy by, "Toe haar kinders nog nie gebore was nie, en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie " – Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat 'n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep" (Rom 9:11-13).

Op hierdie punt kan 'n mens in die versoeking geplaas voel om God te beskuldig van 'n onregverdige optrede. Paulus loop hierdie beskuldiging vooruit in vers 14, en stel dit doodgewoon dat God op geen manier onregverdig isnie. "Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm" (Rom 9:15). God is soewerein oor Sy skepping. Hy is vry om te kies wie Hy wil kies en Hy is vry om diegene verby te gaan wie Hy wil. Die skepsel het geen reg om die Skepper te beskuldig dat Hy onregverdig is nie. Bloot die gedagte dat die skepsel die Skepper kan veroordeel, is vir Paulus absurd en so moet dit vir elke Christen ook wees. Die ooreenkoms in Romeine 9 staaf hierdie punt.

Soos reeds genoem, is daar ander gedeeltes wat in 'n mindere mate praat oor die onderwerp van God se uitverkorene (Joh 6:37-45 en Ef 1:3-14 byvoorbeeld). Die punt is dat God beplan het om 'n oorblyfsel van die mensdom te red. Hierdie uitverkore individue is voor die skepping van die wêreld uitverkies en hul verlossing is volmaak in Christus. Soos Paulus sê, "Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Sy Seun baie broers kan hê, van wie Hy die Eerste is. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik" (Rom 8:29-30).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die uitverkorene van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries