settings icon
share icon
Vraag

Is dit moontlik dat 'n persoon se naam uit die Boek van die Lewe uitgewis kan word?

Antwoord


Openbaring 22:19 sê, "en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is." Hierdie vers is gewoonlik betrokke in debatvoering aangaande die ewige sekerheid. Is die betekenis van Openbaring 22:19 dat, nadat 'n persoon se naam in die Lam se Boek van die Lewe geskrywe is, dit iewers in die toekoms uitgewis kan word? Met ander woorde, kan 'n Christen sy verlossing verloor?

Eerstens is die Skrif duidelik daaroor dat 'n ware gelowige veilig gehou word deur die Almag van God, geseël vir die Wederkoms (Ef 4:30) — "dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie "(Joh 6:39). Die Here Jesus Christus bevestig, "Ek gee hulle die ewige lewe en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit My hand ruk nie. Dié wat My Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie" (Joh 10:28-29b). Verlossing is God se werk, nie ons s'n nie (Titus 3:5) en dit is Sy Almag wat dit vir ons behou.

Indien die "iemand" waarna in Openbaring 22:19 verwys word nie gelowiges is nie, wie is hulle? Met ander woorde, wie sal wil byvoeg of wegneem van die woorde in die Bybel? Heel moontlik sal hierdie peutering met God se Woord nie deur ware gelowiges gedoen word nie, maar deur diegene wat slegs bely om Christene te wees en wat vermoed dat hul name in die Boek van die Lewe is. In die algemeen is dit so dat die twee hoofgroepe wat tradisioneel met God se openbaring gepeuter het, valse Christen-sektes is en diegene wat vashou aan baie liberale teologiese gelowe. Baie sektes en teologies-liberaliste bely die Naam van Christus as hul eie, maar is nie wedergebore nie – die definitiewe Bybelse term vir 'n Christen.

Die Bybel gee verskeie voorbeelde van diegene wat gedink het dat hulle gelowiges was, maar wie deur sy beroep vals bewys is. In Joh 15 verwys Jesus na hulle as takke wat nie in Hom (die ware Wynstok) bly nie en daarom geen vrug dra nie. Ons weet hulle is vals, omdat "aan hulle vrugte sal julle hulle ken" (Matt 7:16, 20); ware dissipels sal die vrug van die Heilige Gees, wat in hulle bly, vertoon (Gal 5:22). In 2 Pet 2:22 is valse leraars honde wat terugkeer na hul eie braaksel en "'n vark wat gewas is, gaan rol weer in die modder". Die droë tak, die hond en die vark is almal simbole van hulle wat verkondig dat hulle gered is, maar het niks meer as hul eie regverdigheid om op staat te maak nie – nie die ware regverdigheid van Christus wat waarlik red nie. Dit is twyfelagtig dat hulle wat sondebelydenis gedoen het en wedergebore is, moedswillig met God se Woord sou peuter op so 'n manier – deur weg te neem of by te voeg. Om doelbewus God se Woord korrup te maak, openbaar 'n tekort aan geloof.

Daar is 'n ander belangrike oorweging rakende die betekenis van Openbaring 22:19 en dit sluit vertaling in. Geen vroeë Griekse manuskrip noem selfs die "boek van die lewe" nie; in plek daarvan het elke Griekse manuskrip "boom van die lewe." Hier is hoe Openbaring 22:19 in die NIV lees: "If anyone takes words away from this scroll of prophecy, God will take away that person any share in the tree of life and in the Holy City, which are described in this scroll." Ander vertalings met "boom" in plaas van "boek" is die NASB, ESV, NLT, HCSB, ISV, NET en ASV, onder andere. Die KJV is feitlik die enigste vertaling met die "book of life." Die fout het ontstaan toe Erasmus sy Griekse teks saamgestel het en geforseer was om die laaste ses verse van Openbaring vanuit die "Latin Vulgate" in Grieks te vertaal. Die "tree" het 'n "book" geword, omdat 'n skrywer per ongeluk die Latynse "lingo" (tree) met "libro" (book) vervang het. Alle vertalings wat na die "Textus Receptus" gevolg het, soos die KJV, het dus verkeerdelik "book" in plaas van "tree" of life gebruik.

Terwyl daar argumentering plaasvind vir die "tree of life" vertaling in plaas van die "book of life", is daar twee ander verse in dieselfde hoofstuk waaroor gepraat word: Openbaring 22:2 en 14. Beide praat van die "tree of life" en die "city" gesamentlik, dieselfde as wat vers 19 doen. Ook die woord "portion" of "share" is van betekenis. Die een wat die Woord van God leed aandoen, sal toegang ontneem word tot die boom van die lewe, ongeag watter reg hy ookal dink hy as toegang tot daardie vrug het.

Openbaring 3:5 is 'n ander vers wat 'n houvas op hierdie saak het. "Elkeen wat die oorwinning behaal…Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie." Die "oorwinnaar" in hierdie brief aan Sardis, is die Christen. Vergelyk dit met 1 Joh 5:4: "want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin." En vers 5: "Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?" (Sien ook 1 Joh 2:13). Alle gelowiges is "oorwinnaars", aangesien hulle die oorwinning oor die sonde en ongeloof van die wêreld ontvang het.

Sommige mense sien in Openbaring 3:5 die beeld van God se pen in Sy hand, gereed om die naam van enige Christen wat sondig, uit te wis. Hulle lees daarin iets soos die volgende: "Indien jy faal en nie die oorwinning behaal nie, dan gaan jy jou redding verloor! Ek gaan jou naam uitvee uit die Boek van die Lewe!" Dit is egter NIE wat die vers sê nie. Jesus gee hier 'n belofte, nie 'n waarskuwing nie.

Nooit sê die Skrif dat God 'n gelowige se naam uit die Lam se Boek van die Lewe skrap nie – daar is nooit selfs 'n waarskuwing dat Hy dit oorweeg nie! Die wonderlike belofte van Openbaring 3:5 is dat Jesus NIEMAND se naam uitvee nie: gepraat hier met die "oorwinnaars" – almal wat deur die bloed van die Lam vrygemaak is – Jesus gee Sy woord dat Hy nie hul name sal uitwis nie. Hy bevestig dit: as 'n naam eers daar opgeskryf is, is dit daar vir ewig. Dit is gebaseer op God se getrouheid.

Die belofte van Openbaring 3:5 is gemik op gelowiges, wat seker is van hul redding. In teenstelling daarmee, die waarskuwing in Openbaring 22:19 wat weer op ongelowiges gemik is, wat, eerder deur hul harte teenoor God te verander, poog om God se Woord te verander, sodat dit hulself pas. Sulke mense sal nie eet van die Boom van die Lewe nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit moontlik dat 'n persoon se naam uit die Boek van die Lewe uitgewis kan word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries