settings icon
share icon
Vraag

Indien jy twyfel aan jou verlossing, beteken dit dat jy nie werklik gered is nie?

Antwoord


Almal van ons het af en toe twyfelgevoelens. Of jy twyfel het of nie, is nie wat bepaal of jy 'n Christen is nie. Selfs al is 'n gelowige sonder vertroue, God is getrou (2 Tim 2:13). God wil hê dat ons seker en vasberade in ons verlossing moet staan (Rom 8:38-39; 1 Joh 5:13). God belowe dat elkeen wat in Jesus Christus glo, gered sal word (Joh 3:16; Rom 10:9-10). Ons het almal gesondig en is ver van God af (Rom 3:23). Die gevolg is dat ons die dood verdien en 'n ewigheid weg van God af (Rom 6:23). God het egter vir ons só liefgehad, dat Hy in ons plek gesterf het en die straf wat ons verdien het, op Hom geneem het (Rom 6:23). Met ander woorde, almal wat glo, is gered en het vir ewig sekerheid.

Soms is twyfel 'n goeie ding. Paulus sê in 2 Kor 13:5, "Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe." Ons moet onsself toets om sekerheid te kry, dat Jesus werklik ons Verlosser is en of die Heilige Gees werklik in ons woon. Indien dit so is, is daar geen manier dat ons die verlossing wat Christus vir ons verkry het, kan verloor nie (Rom 8:38-39). Indien Hy nie in ons woon nie, dan is die Heilige Gees miskien besig om ons van sonde te oortuig en ons te vermaan om ons te bekeer en met God deur Christus versoen te word. Die versekering van ons verlossing kom, as gevolg van die kennis dat, as ons eers in Christus is, ons vir ewig veilig is. Opregte reddende geloof word egter gekenmerk deur werke (Jak 2:14-26) en die vrug van die Gees wat binne ons is (Gal 5:22). Die afwesigheid van hierdie bewys kan soms twyfel veroorsaak.

Het jy reeds jou geloof in Christus geplaas? Indien die antwoord "ja" is, gooi jou twyfel weg en vertrou op God. Indien jy Jesus as jou Verlosser ken, is jy sonder twyfel gered! Indien die antwoord "nee" is, glo dan in die Here Jesus Christus en jy sal gered word! Indien jy enige vrae oor redding het, is jy baie welkom om ons te vra, of jy kan ons blad besoek: "Got Eternal Life".

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Indien jy twyfel aan jou verlossing, beteken dit dat jy nie werklik gered is nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries