settings icon
share icon
Vraag

Wie is die twee getuies in die boek Openbaring?

Antwoord


Daar is drie primêre sienings oor die identiteit van die twee getuies in Openbaring 11:3-12: 1) Moses en Elia, 2) Henog en Elia, 3) twee onbekende gelowiges wat God in gedagte hou as Sy getuies in die eindtyd.

Moses en Elia word gesien as moontlikhede ten opsigte van die getuies se krag om water in bloed te verander (Openbaring 11:6), waarvoor Moses bekend staan in Eks 7; en hul krag om mense te vernietig met vuur vanuit die hemel (Openbaring 11:5), waarvoor Elia bekend is in 2 Kon 1. Wat ook hierdie siening versterk, is die feit dat Moses en Elia verskyn het saam met Jesus tydens die verheerliking op die berg (Matt 17:3-4). Verder, volgens Joodse tradisie word daar verwag dat Moses en Elia weer in die toekoms sal terugkom. Maleagi 4:5 voorspel die koms van Elia en sommige Jode glo dat God se belofte om ‘n profeet soos Moses op te rig (Deut 18:15, 18), genoodsaak ook Moses se terugkeer.

Henog en Elia word gesien as moontlike identiteite van die twee getuies, omdat hulle die twee individue in die geskiedenis is, wat nooit gesterf het nie (Gen 5:24; 2 Kon 2:11). Die feit dat nie Henog of Elia gesterf het nie, lyk asof hulle kwalifiseer vir die dood en opstanding van die twee getuies (Openbaring 11:7-12). Voorstanders van hierdie siening beweer dat Hebr 9:27 (die mens is bestem om net een maal te sterf) Moses diskwalifiseer om een van die twee getuies te wees, want Moses het reeds een maal gesterf (Deut 34:5). Daar is egter verskeie ander in die Bybel wat twee maal gesterf het – Lasarus, Dorkas en Jaïrus se dogter – so daar is geen rede hoekom Moses op grond daarvan uitgesluit moet word nie.

Die derde siening argumenteer hoofsaaklik dat Openbaring 11 nie enige belangrike naam toeken aan die twee getuies nie. Indien die getuies Moses en Elia was, of Henog en Elia, waarom sou die Skrif hul identiteite stil gehou het? God is volmaak in vermoë om twee “gewone” gelowiges te neem en hulle toe te rus om dieselfde tekens en wonders as Moses en Elia te doen. Daar is niks in Openbaring 11 wat vereis om ‘n “beroemde” identiteit vir die twee getuies daar te stel nie.

Watter siening is korrek? Ons weet nie verseker nie. Die moontlike swakheid van die eerste siening is dat Moses reeds een maal gesterf het en kon dus nie een van die twee getuies wees nie (aangesien sy dood in kontras sou wees met Hebr 9:27); aanhangers van hierdie siening sal egter argumenteer dat al die mense wat wonderbaarlik in die Bybel opgestaan het uit die dood (bv. Lasarus) later weer gesterf het. Hebr 9:27 mag dan gesien word as ‘n “algemene reël” en nie ‘n universele beginsel nie. Volgens die Bybel se voorspellings aangaande die koms van Elia en die profeet, soos Moses, maak die Nuwe Testament dit duidelik dat daardie profesieë vervul was deur Johannes die Doper en Jesus Self, onderskeidelik.

Daar is geen duidelike swakhede in die tweede siening oor Henog en Elia nie, want dit los die “een maal sterf” probleem op. Dit maak sin dat God vir Henog en Elia hemel toe geneem het, sonder om te sterf, om hulle te “bewaar” vir ‘n spesiale doel later. Daar is ook geen duidelike swakhede vir die derde siening nie. Al drie sienings is aanvaarbare interpretasies, maar ons kan nie absoluut seker wees van enige van hulle nie, aangesien die Bybel nie die getuies se identiteite openbaar nie. Christene moet dus nie aangaande hierdie kwessie dogmaties wees nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die twee getuies in die boek Openbaring?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries