settings icon
share icon
Vraag

Wat is die twede koms van Jesus Christus?

Antwoord


Die twede koms van Jesus Christus is die hoop van gelowiges dat God in beheer is van alle dinge, en dat Hy getrou bly aan Sy beloftes en die profesieë in Sy Woord. In Sy eerste koms het Jesus Christus na die aarde toe gekom as ‘n babatjie gebore in ‘n krip by Betlehem net soos daar geprofiteer was. Jesus het baie van die Messias-profesieë vervul sederd Sy geboorte, Sy lewe, Sy dood en Sy heropstanding. Alhoewel daar nog Messias profesieë bestaan wat Jesus nog nie vervul het nie. Die twede koms van Jesus sal dit terugkeer wees van die Christus om hierdie profesieë te vervul. In Sy eerste koms was Jesus die lydende Dienaar. In Sy twede koms sal Jesus die seëvierende Koning wees. Jesus se eerste koms was baie nederig. Met Sy twede koms sal Jesus arriveer met Sy hemelse leër by Hom.

Die Ou Testament profete het nie duidelike onderskeiding tussen Sy twee komste nie beskryf nie. Dit kan ons sien in Jesaja 7:14; 9:6-7 en Sagaria 14:4. Dit blyk dus of die profesieë praat van twee verskillende individue, maar Joodse geleerdes glo daar sal ‘n Messias wees wat ly en daar sal ‘n Messias wees wat oorwin. Hulle fouteer egter en verstaan nie dat daar een Messias is en Hy sal beide hierdie rolle sal vervul. Jesus het die lydende Massias rol vervul (Jesaja hoofstuk 53) met Sy eerste koms. Jesus sal die rol as Israel se verlosser en Koning vervul met Sy twede koms. Sacharia 12:10 en Openbaring 1:7 beskryf die twede koms en verwys na Jesus wat doodgesteek / deurboor was. Israel en die hele wereld sal die feit betreur dat hulle nie Jesus se eerste koms erken en aanvaar het nie.

Nadat Jesus opgevaar het hemel toe, het die engele aan die apostels verklaar, “ Dié sê toe vir hulle: Galaliërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het” (Handeling 1:11). Sagaria 14:4 identifiseer die plek van die twede koms as die Olyfberg. Matteus 24:30 verklaar, “Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit”.

Daar word ook baie oor die twede koms gepraat in Openbaring 19:11-16, “Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ‘n wit perd. Sy ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was ‘n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is “Die Woord van God”. Die leërs in die hemel het op wit perde agter Hom aangery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad. Uit sy mond het daar ‘n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met ‘n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. Op sy klere, by sy heupe, was daar ‘n Naam geskrywe: Die Koning van die konings en die Here van die heersers”.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die twede koms van Jesus Christus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries