settings icon
share icon
Vraag

Wat is die intermediêre staat?

Antwoord


Die “intermediêre staat” is ‘n teologiese konsep wat spekuleer aangaande die soort liggaam, indien enige, wat gelowiges in die hemel het, terwyl hulle wag vir hul fisiese liggame om opgewek te word. Die Bybel maak dit duidelik dat gelowiges wat gesterf het, by die Here is (2 Kor 5:6-8; Fil 1:23). Die Bybel maak dit ook duidelik dat die opwekking van gelowiges nog nie plaasgevind het nie, wat beteken dat die liggame van gestorwe gelowiges nog steeds in die graf is (1 Kor 15:50-54; 1 Tess 4:13-17). Dus, die vraag oor die tussenstadium is of gelowiges in die hemel tydelike fisiese liggame het tot die opstanding, of gelowiges in die hemel ‘n geestelike/nie-liggaamlike vorm gegee word tot tyd en wyl die opstanding daar is.

Die Bybel gee nie ‘n groot hoeveelheid inligting betreffende hierdie tusseninstaat nie. Die enigste Skrif wat spesifiek, maar indirek daaroor praat, is Openbaring 6:9, “….het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het.” In hierdie vers gee Johannes ‘n visioen van hulle wat as gevolg van hul geloof gedurende die eindtye doodgemaak is. In hierdie visioen is daar die gelowiges wat doodgemaak is, onder God se altaar in die hemel en word beskryf as “siele.” Dus, vanuit hierdie een vers, indien daar ‘n bybelse antwoord vir die intermediêre staat is, sou dit lyk asof gelowiges in die hemel in geestelike/nie liggaamlike vorm bly totdat die opstanding plaasvind.

Die hemel wat uiteindelik vir gelowiges wag, is die Nuwe Hemel en Nuwe Aarde (Openbaring 21:22). Die hemel sal sekerlik ‘n fisiese plek wees. Ons fisiese liggame sal opgewek en verheerlik word, volmaak gemaak word vir die ewigheid op die Nuwe Aarde. Intussen is die hemel ‘n geestelike ryk. Dit sou dan lyk dat daar geen behoefte is vir tydelike fisiese liggame, as gelowiges in ‘n geestelike hemel is nie. Wat ookal die intermediêre toestand is, ons kan rustig en met sekerheid weet dat gelowiges in die hemel volkome tevrede is en die heerlikheid van die hemel geniet, sowel as die majesteit van die Here aanbid.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die intermediêre staat?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries