settings icon
share icon
Vraag

Kan/mag ‘n Christen wat ‘n maagd is, trou met iemand wat nie ‘n maagd is nie?

Antwoord


Die ideale situasie vir ‘n Christelike troue is natuurlik as beide individue maagde is en wat verstaan dat die huwelik die enigste plek in God se oë is vir seksuele verhoudings. Ons woon egter nie in ‘n ideale wêreld nie. Baie keer word iemand groot in ‘n godvresende huis en is gered sedert kinderdae en wens dan om met een te trou wat in sy/haar twintigs of dertigs gered is en wat tot die Christelike huwelik ‘n verlede bring wat geleef is, ten opsigte van wêreldse standaarde. God plaas ons sonde só ver van ons soos die ooste van die weste verwyder is, wanneer ons berouvol en in geloof in Christus na Hom kom (Ps 103:12), maar mense onthou lank en om iemand se verlede te vergeet, mag nie maklik wees nie. Die onvermoë om die foute van die verlede te vergewe en te vergeet van een van die huweliksmaats, sal definitief die huwelik negatief beïnvloed.

Voordat in ‘n huwelik ingestap word met iemand wat ‘n seksuele verlede het, is dit uiters belangeik om te verstaan dat verlossing en vergifnis van sonde aan ons gegee is uit genade. “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie” (Ef 2:6-9). As ons begin om te verstaan wat dit beteken om werklik te vergewe, begin ons deur God se oë te sien en hoeveel Hy ons liefhet en dit help ons om mekaar te vergewe. Om te vergewe is om die ander persoon se verlede te laat gaan en hom/haar as ‘n nuwe skepsel te sien (2 Kor 5:17). Christus het vir sy/haar sonde gesterf en die potensiëe lewensmaat moet nou besluit of daar saam geleef kan word met daardie herinnering aan daardie sonde. Dit is waar doktrine beweeg van die teoretiese na die praktiese.

Met betrekking tot kwessies van vergifnis, help dit altyd om ons eie verlede vanuit God se perspektief te sien. Seksuele sonde is sekerlik vir God ‘n gruwel, maar so ook om leuens te vertel, oneerlikheid, slegte gedagtes, drank/rook in oormaat, ongeduld, trots en onvergewensgesindheid. Wie van ons is sonder sonde en kan die eerste klip optel en gooi? Voordat ons na Christus kom, is ons almal “dood as gevolg van oortedings en sonde” en ons word slegs deur God se genade lewend gemaak (Ef 2:1-5). Die vraag is of ons ander kan vergewe soos God ons vergewe het? Om dit te kan doen, is ‘n kenmerk van ‘n opregte Christen. Jesus het gesê as ons nie vergewe nie, sal God ons ook nie vergewe nie (Matt 6:14-15). Hy het nie bedoel om ander te vergeef ‘n manier is om God se vergifnis te verkry, wat ons weet alleenlik uit genade is nie, maar dat ‘n vergewensgesinde hart ‘n teken is van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die hart van ‘n ware gelowige. Voortdurende onvergewensgesindheid is ‘n teken van ‘n harde, onveranderde hart.

Voordat in ‘n huwelik gegaan word met iemand wat nie ‘n maagd is nie, is baie dink, gebed en introspeksie aan die orde van die dag. Jak 1:5 sê dat as ons wysheid soek, sal God dit vryelik skenk vir almal wat daarna vra. Om te praat met ‘n godvresende pastoor en om betrokke te wees by ‘n Bybel-gefundeerde kerk sal help met die besluitnemingsproses. Sommige kerke het uitstekende voorhuwelikse klasse. Om ook vryelik en openlik te praat met die potensiële maat oor hierdie dinge, mag openbaar dat dit nodig is dat dinge aangespreek en vergewe moet word.

Die huwelik is ‘n uitdaging onder die beste omstandighede en dit vra ‘n klomp werk om dit suksesvol te maak. Beide partye het die behoefte en verdien om onvoorwaardelik liefgehê te word. Ef 5 beskryf die rolle van beide man en vrou in die huwelik, maar die gedeelte begin met die oorheersende beginsel vir beide: “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig”(Ef 5:21). Vrywillige opoffering en die sterkte om te kies om ‘n dienaar te wees tot die bevordering van die huwelik, is die kenmerke van ‘n volgroeide geestelike man en vrou wat God eer. Om met wysheid ‘n huweliksmaat te kies, gebaseer op bybelse kwaliteite, is belangrik, maar van gelyke belang is ons eie voortgaande geestelike groei en ons oorgawe aan God se wil in ons lewens. ‘n Man wat daarna soek om die man te wees wat God wil hê hy moet wees, sal by magte wees om sy vrou te help om te wees soos God begeer sy moet wees en ongeag hulle verledes, sal hulle in staat wees om hul huwelik te bou in ‘n God-vererende eenheid wat beide van hul vreugde sal bring.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan/mag ‘n Christen wat ‘n maagd is, trou met iemand wat nie ‘n maagd is nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries