settings icon
share icon
Vraag

Gaan troeteldiere / diere Hemel toe? Het troeteldiere /diere siele?

Antwoord


Die Bybel gee nie enige spesifieke lering of troeteldiere/diere “siele” het en of troeteldiere/diere hemel toe gaan of nie. Nogtans kan ons wel sekere algemene Skriftuurlike beginsels as voorbeeld neem om so ‘n bietjie lig op die onderwerp te laat val. Die Bybel sê dat beide die mens (Genesis 2:7) en diere (Genesis 1:30; 6:17; 7:15,22) die asem van die lewe het. Die primêre verskil tussen menslike wesens en diere is dat die mens na die beeld en na die gelykenis van God geskape is. (Genesis 1:26-27). Diere is nie geskape volgens die beeld en die gelykenis van God nie. Om na die beeld en gelykenis van God geskape te wees, beteken dat menslike wesens soos God is, in staat tot ‘n geestelike lewe, toegerus met gedagtes, emosies en ‘n wil – en oor ‘n aspek van hul wese beskik wat voortbestaan na die dood. Indien troeteldiere/diere wel oor ‘n “siel” of ‘n onsterflike aspek beskik, moet dit dus van ‘n andersoortiger en mindere kwaliteit as dié van die mens wees. Die verskil beteken heel waarskynlik dat die “siele” van troeteldiere/diere nie voortbestaan na die dood nie.

‘n Tweede faktor om in ag te neem is dat God wel diere geskape het as deel van sy kreatiewe proses in Genesis. God het diere geskape en gesê dat hulle goed was (Genesis 1:25). Daarom is daar geen rede waarom daar nie diere kan wees op die nuwe aarde nie (Openbaring 21:1). Daar gaan definitief diere wees ten tye van die duisendjarige vrederyk (Jesaja 11:6; 65:25). Dit is onmoontlik om definitief te kan sê of sommige van hierdie diere wel dieselfde troeteldiere kan wees wat ons hier op aarde gehad het. Ons weet egter dat God regverdig is en dat ons wanneer ons eendag Hemel toe gaan, ons ten volle sal saamstem met sy besluit aangaande hierdie saak, wat dit ook al mag wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Gaan troeteldiere / diere Hemel toe? Het troeteldiere /diere siele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries