Vraag
Trigotomie vs digotomie van die mens – watter siening is korrek?
Antwoord
Volgens die Bybel besit die mensheid ‘n fisiese liggaam, ‘n siel en ‘n gees. Ten opsigte van hoe hierdie aspekte van die menslike natuur met mekaar verbind is en met mekaar skakel, is daar vier primêre teorieё. Twee van die sienings, antropologiese monisme en antropologiese hylomorfisme, handel hoofsaaklik met hoe die drie aspekte van mensheid verbind, om die menslike natuur te vorm. Die ander twee modelle, digotomie (antropologiese dualisme) en trigotomie, handel oor die onderskeid tussen die menslike siel en menslike gees. Die onderskeid tussen die materiёle (fisiese) en onliggaamlike (geestelike) aspekte van van die menslike natuur is “straightforward.” Die onderskeid tussen die twee geestelike aspekte van die menslike natuur is moeiliker.
Terwyl daar Bybelverse is wat die terme “siel” en “gees” afwisselend gebruik (Matt 10:28; Luk 1:46-47; 1 Kor 5:3; 7:34), gebruik ander bybelse gedeeltes die siel en die gees as presies dieselfde ding. Daar is ook gedeeltes wat die skeiding tussen siel en gees laat deurskemer (Rom 8:16; 1 Tess 5:23; Hebr 4:12). Hebr 4:12 sê, “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg.” Hierdie vers praat van twee dinge: 1) daar is ‘n verdelingspunt tussen die siel en die gees en 2) die verdelingspunt is slegs onderskeibaar vir God. Met al hierdie verse in gedagte, kan nie die digotomie of trigotomie se interpretasies eksplisiet bewys word nie.
Sluit die onliggaamlike aspek van die menslike natuur ‘n siel en ‘n gees in? Ja. Is die siel en gees ten volle ‘n eenheid (digotomie) of naby verbind, maar geskei afsonderlik (trigotomie)? Onduidelik.
Hulle wat glo dat die menslike natuur ‘n trigotomie is, glo die volgende: die fisiese liggaam is wat ons verbind met die fisiese wêreld rondom ons, die siel is die essensie van ons wese en die gees is wat ons met God verbind. Dit is waarom van die ongeredde gepraat kan word as geestelik dood (Ef 2:1; Kol 2:13), terwyl hulle tog fisies en “sielsgewys” lewe. Hulle wat glo dat die menslike natuur ‘n digotomie is, sou dieselfde begrip van die liggaam hê, maar sou die gees beskou as die deel van die siel wat met God verbind is. Dus, die vraag oor digotomie vs trigotomie is hoofsaaklik of die siel en die gees verskillende aspekte van die onliggaamlike menslike natuur is, en of die gees eenvoudig ‘n deel van die siel is, saam met die siel wat die hele onliggaamlike deel van die menslike natuur is.
Trigotomie vs digotomie van die mens – watter siening is korrek? Dit sou voorkom asof dit onwys is om dogmaties te wees. Beide teorieё is volgens die Bybel aanneemlik. Geeneen interpretasie is dwaalleer nie. Dit is miskien ‘n kwessie wat ons nie by magte is om heeltemal te begryp met ons beperkte menslike verstande nie. Waarvan ons seker kan wees, is dat die menslike natuur bestaan uit ‘n liggaam, ‘n siel en ‘n gees. Of die siel en gees een is, of op ‘n manier onderskeidelik, is nie ‘n kwessie wat God gekies het om ten volle duidelik te maak in Sy Woord nie. Of jy glo in digotomie of trigotomie, gee jou liggaam as ‘n lewende offer (Rom 12:1), dank God dat Hy jou siel red (1 Pet 1:9) en aanbid God in gees en waarheid (Joh 4:23-24).
English
Trigotomie vs digotomie van die mens – watter siening is korrek?