settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Bybelse begrip van die vloek/toorn van God?

Antwoord


Toorn word gedefinieer as "die emosionele reaksie op onreg en onregverdigheid", dikwels ook vertaal as woede, verontwaardiging, ergernis, irritasie. Beide mense en God uiter toorn, maar daar is 'n groot verskil tussen die toorn van God en mens. God se toorn is heilig en altyd regverdig, teenoor die mens s'n wat nooit heilig en selde geregverdig is.

In die Ou Testament is die woede van God 'n goddelike antwoord teenoor menslike sonde en ongehoorsaamheid. Afgodediens was dikwels meestal die oorsaak vir goddelike toorn. Ps 78:56-66 beskryf Israel se afgodery. Die toorn van God is konsekwent gerig op hulle wat nie Sy wil nagevolg het nie (Deut 1:26-46; Jos 7:1; Ps 2:1-6). Die Ou Testamentiese profete het dikwels aangaande'n dag in die toekoms verwys na "die groot dag van die Here" (Sefanja 1:14-15). God se woede teenoor sonde en ongehoorsaamheid is volkome geregverdig, omdat Sy plan vir die mensdom heilig en volmaak is, netsoos God self heilig en volmaak is. God het 'n weg voorsien om goddelike guns te verkry – sondebelydenis – wat God se toorn van die sondaar af omgedraai het. Om daardie volmaakte plan te verwerp, is om God se liefde, ontferming, genade en guns te verwerp en Sy regverdige toorn op die hals te haal.

Die Nuwe Testament ondersteun ook die konsep van God as 'n God van toorn wat sonde straf. Die verhaal van die ryk man en Lasarus praat van God se oordeel en ernstige gevolge vir die onbelyde sondaar (Luk 16:19-31). Joh 3:36 sê, "Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom." Die een wat in die Seun glo, sal nie ly as gevolg van God se toorn vir sy sonde nie, omdat God se Seun die sondevloek op Homself geneem het, toe Hy in ons plek aan die kruis gesterf het (Rom 5:6-11). Diegene wat egter nie in die Seun glo nie, wat Hom nié as Verlosser aanneem nie, sal op die oordeelsdag gestraf word (Rom 2:5-6).

Omgekeerd, Rom 12:19, Ef 4:26 en Kol 3:8-10 waarsku teen menslike wraak. God alleen mag Hom wreek, omdat Sy wraak volmaak en heilig is, terwyl die mens s'n sondig is en oopgestel word vir demoniese invloed. Vir die Christen is woede en wraak teenstrydig met ons nuwe natuur — die natuur van Christus Self (2 Kor 5:17). Om vryheid te beleef vanuit die oorheersing van wraak, het die gelowige die Heilige Gees nodig om sy/haar hart te heilig en te reinig van wraak en woede. Romeine 8 beskryf oorwinning oor sonde in die lewe van iemand wat deur die Gees lewe (Rom 8:5-8). Fil 4:4-7 vertel aan ons dat die hart wat deur die Gees beheer word, met vrede gevul is.

Die toorn van God is vreesaanjaend en verskriklik. Slegs diegene wat deur die bloed van Christus beskerm word, die bloed wat aan die kruis vir ons gestort is, kan die versekering hê dat God se wraak nooit op hulle sal neerkom nie. "Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van Sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van Sy Seun gered sal word (Rom 5:9).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Bybelse begrip van die vloek/toorn van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries