settings icon
share icon
Vraag

Wat bedoeldie Bybel met oopsluit en toesluit?

Antwoord


Die konsep van “toesluit en oopsluit” word in die Bybel in Matt 16:19 aangespreek: “Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.” In hierdie vers praat Jesus direk met die apostel Petrus en indirek met die ander apostels. Jesus se woorde beteken dat Petrus die reg sou hê om self die koninkryk in te gaan, dat hy algemene outoriteit sou hê, gesimboliseer deur besit te hê van die sleutels en deur die blye boodskap te verkondig, hy die koninkryk van die hemele vir alle gelowiges sou oopmaak en dit vir die ongelowiges sou sluit. Die boek van Handelinge wys vir ons hoe hierdie proses werk. Deur sy prediking op Pinksterdag (Hand 2:14-40) het Petrus die deur van die koninkryk vir die eerste keer oopgesluit. Die uitdrukkings “oopsluit en toesluit” was algemene uitdrukkings in die Joodse woordeskat en het beteken om iets te verbied of toelaatbaar te verklaar.

Petrus en die ander dissipels moes Christus se werk op aarde voortsit deur die Evangelie te verkondig en God se wil vir mense duidelik te maak en hulle was toegerus met dieselfde outoriteit as Jesus. In Matt 18:18 is daar ‘n definitiewe verwysing aangaande die toesluit en oopsluit in die konteks van kerkdissipline. Die apostels het nie Christus se heerskappy en outoriteit oor individuele gelowiges en hul ewige bestemming ingepalm nie, maar hulle het die outoriteit beoefen om te dissiplineer waar nodig en ongehoorsame kerklidmate in die ban te doen.

Christus in die hemel bekragtig wat in Sy Naam gedoen is in gehoorsaamheid aan Sy Woord op aarde. In beide Matt 16:19 en 18:18 maak die Griekse sinsnede die betekenis duidelik. Wat jy op aarde toegesluit het, is reeds in die hemel toegesluit. Wat jy op aarde oopgesluit het, sal reeds in die hemel oopgesluit wees. Met ander woorde, Jesus in die hemel sluit die outoriteit van Sy Woord oop, soos dit voortgaan op aarde vir die vervulling van sy doelstelling. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat bedoeldie Bybel met oopsluit en toesluit?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries