settings icon
share icon
Vraag

Wat is die doktrine oor die toereikendheid van die Skrif? Wat beteken dit dat die Bybel toereikend is?

Antwoord


Die doktrine oor die genoegsaamheid van die Skrif is 'n fundamentele uitgangspunt van die Christelike geloof. Om te sê dat die Skrif genoegsaam is, beteken dat die Bybel al is wat ons benodig om ons toe te rus vir 'n lewe van geloof en diens.

Met "Skrif" bedoel Christene beide die Ou en Nuwe Testamente. Die apostel Paulus verklaar dat die Skrif "jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk" (2 Tim 3:15-17). As die Skrif "deur God geïnspireer" is, dan is dit nie deur die mens geïnspireer nie. Alhoewel dit deur die mens geskryf is, word van hulle gesê, "Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig" (2 Pet 1:21). Geen mensgemaakte skrywe is voldoende om ons toe te rus vir elke goeie werk nie; slegs die Woord van God kan dit doen. Verderaan, as die Skrif voldoende is om ons deeglik toe te rus, dan is niks meer nodig nie.

Kol 2 bespreek die gevare wat 'n kerk in die gesig staar as die genoegsaamheid van die Skrif uitgedaag word of as die Skrif saamvloei met onbybelse geskrifte. Paulus het die kerk in Kolosse gewaarsku, "Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie" (Kol 2:8). Judas is selfs meer direk: "Geliefdes, ek was van plan om aan julle te skrywe oor die verlossing waaraan ons almal deel het. Maar nou voel ek my verplig om julle met my brief aan te spoor om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het" (Judas 1:3). Let op die frase "een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het." Dit maak dit duidelik dat geen ander geskrifte, ongeag hoe goddelik die pastoor, teologiese of denominasionele kerk is, waarvan hulle afkomstig is,gesien word as gelyke met die Woord van God of om dit te voltooi nie. Die Bybel bevat alles wat nodig is vir die gelowige om God se karakter te verstaan, die menslike natuur en die leringe oor sonde, hemel, hel en verlossing deur Jesus Christus.

Miskien kom die sterkste verse oor die saak van die toereikendheid van die Bybel uit die boek van Psalms. In Ps 19:7-14 verheug Dawid hom in God se Woord, deur te verklaar dat dit volmaak, betroubaar, reg, blydskap bring, helder, vasstaan en algeheel regverdig is. Aangesien die Bybel "volmaak" is, is geen ander geskrifte nodig nie.

Die toereikendheid van die Skrif word vandag aangeval en dis hartseer dat dit glad té dikwels uit ons eie kerke kom. Wêreldse bestuurstegnieke, metodes om skares te trek, vermaak, bykomende bybelse openbarings, mistisisme en psigologiese berading verklaar almal dat die Bybel en sy voorskrifte nie voldoende vir die Christelike lewe is nie. Maar Jesus het gesê, "My skape luister na My stem; Ek ken hulle en hulle volg My" (Joh 10:27). Sy stem is al wat ons nodig het om te hoor en die Skrif ís Sy stem, volkome en uiters voldoende.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die doktrine oor die toereikendheid van die Skrif? Wat beteken dit dat die Bybel toereikend is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries