Vraag
Wat is die sleutel tot die toepassing van die Bybel in my lewe?
Antwoord
Om die Bybel van toepassing te maak, is die plig van alle Christene. As ons dit nie aanwend nie, raak die Bybel niks meer vir ons as ‘n normale boek nie, ‘n onpraktiese versameling van ou manuskripte. Dit is waarom Paulus sê, “En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees” (Fil 4:9). Wanneer ons die Bybel toepas, sal God Self met ons wees.
Die eerste stap om God se Woord in ons lewens toe te pas, is om dit te lees. Ons doel daarmee is om God te leer ken en Sy weë te leer en om Sy plan vir hierdie wêreld en vir ons as individue te verstaan. Deur die Bybel te lees, leer ons aangaande God se interaksies met die mensdom regdeur die geskiedenis, Sy verlossingsplan, Sy beloftes en Sy karakter. Ons sien hoe die Christelike lewe moet lyk. Die kennis van God wat ons vanuit die Skrif versamel, dien as ‘n onskatbare grondslag vir die toepassing van die Bybelse beginsels vir die lewe.
Ons volgende doel is wat die Psalmis na verwys as om “vas te hou” aan God se Woord: “Aan U beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U” (Ps 119:11). Om “vas te hou” aan God se Woord beteken bestudering, memorisering en meditering op wat ons lees. Hierdie vier stappe maak dit moontlik om die Skrif suksesvol toe te pas in ons lewens.
Bestudering: Alhoewel bestudering sekerlik lees insluit, is dit tog nie dieselfde nie. Om God se Woord te bestudeer beteken dat ons in gebed tyd en aandag toewy daaraan om meer kennis oor ‘n spesifieke persoon, onderwerp, tema, gedeelte of boek in die Bybel te verkry. Daar is ‘n menigte bronne beskikbaar, insluitende bybelse kommentare en gepubliseerde Bybelstudies wat ons in staat stel om fees te vier op die “vleis” van God se Woord (Hebr 5:12-14). Ons kan onsself met hierdie bronne bekendstel, dan ‘n onderwerp kies, ‘n gedeelte of ‘n boek wat vir ons interesseer en dan daarin delf.
Menoriseer: Dit is onmoontlik om toe te pas wat ons nie kan onthou nie. As ons aan die beloftes wil vashou, moet ons eerste daarby uitkom deur memorisering. Deur die Skrif te memoriseer, skep in ons ‘n fontein waaruit ons aanhoudend kan drink, veral by tye wanneer ons nie by magte is om ons Bybel te kan lees nie. Op dieselfde manier wat ons geld opgaar en ander aardse besittings vir toekomstige gebruik, moet “hierdie woorde van die Here” ons lewe vul (Deut 11:18). Stel ‘n plan op vir die verse in die Skrif wat jy elke week beplan om te memoriseer.
Meditering: Die skrywer en filosoof Edmund Burke het gesê, “To read without reflecting is like eating without digesting.” Ons kan nie bekostig om God se Woord te “eet” sonder om dit te “verteer” nie. In die gelykenis van die vier soorte grond in Matt 13:3-9; 18-23), vertel Jesus van ‘n saaier wat uitgegaan het om in sy saailand te saai, slegs om uit te vind dat sommige saad – die Woord van God (Matt 13:19) – op klipperige grond geval het, waar daar nie baie goeie aarde was nie en dadelik het dit opgekom, omdat daar nie diepte was nie, maar toe die son begin brand, het hulle verskroei, omdat hulle geen wortels gehad het nie (13:5-6). Dit is volgens Jesus die persoon in wie die Woord gesaai is, maar dit skiet nie wortel nie (13:20-21).
Ps 1:2 sê dat die mens wat op God se Woord mediteer, geseënd is. Donald S. Whitney sê in sy boek “Spiritual Disciplines for the Christian Life”, “The tree of your spiritual life thrives best with meditation, because it helps you absorb the water of God’s Word (Eph 5:26). Merely hearing or reading the Bible, for example, can be like a short rainfall on hard ground. Regardless of the amount or intensity of the rain, most runs off and little sinks in. Meditation opens the soil of the soul and lets the water of God’s Word percolate in deeply. The result is an extraoedinary fruitfulness and spiritual prosperity” (pp. 49-50).
Indien ons die begeerte het vir die Woord om “wortel te skiet” in ons lewens, sodat ons ‘n oes kan produseer wat God bly maak Matt 13:23), moet ons peins, nadink en mediteer op wat ons lees en die Bybel bestudeer. Terwyl ons mediteer, kan ons vir onsself ‘n paar vrae vra:
Wat leer hierdie gedeelte vir my aangaande God?
Wat leer hierdie gedeelte vir my oor die kerk?
Wat leer hierdie gedeelte my aangaande die wêreld?
Wat leer hierdie gedeelte vir my oor myself? Oor my eie begeertes en motiewe?
Vereis hierdie gedeelte van my om aksie te neem? Indien wel, watter aksie moet ek neem?
Wat het ek nodig om te bely/of berou oor te hê?
Wat het ek geleer vanuit hierdie gedeelte wat my sal help om op God te fokus en te strewe na Sy heerlikheid?
Toepassing: Die mate waarvolgens ons bestudeer, memoriseer en mediteer op God se Woord, is die mate waarvolgens ons verstaan om dit in ons lewens van toepassing te maak. Maar die begrip van hoe die Woord toegepas word, is nie genoeg nie; ons moet dit werklik toepas (Jak 1:22). “Toepassing impliseer aksie en gehoorsame aksie is die finale stap om God se Woord toe te laat om in ons lewens te kom woon. Die aanwending van die Skrif versterk en verlig verder ons studie en dit help om ons onderskeiding te verskerp, en ons sodoende te help om beter te onderskei tussen goed en kwaad (Hebr 5:14).
Ten slotte is dit belangrik om daarop te let dat ons nie alleen staan in ons poging om God se Woord in ons lewens toe te pas en te begryp nie. God het ons met Sy Gees vervul (Joh 14:16-17), wat met ons praat, lei en rigting gee in alle waarheid (Joh 16:13). Om hierdie rede vermaan Paulus gelowiges om ons lewens steeds deur die Gees van God te laat beheers (Gal 5:16), want “Hy was nog altyd bereid om te help in nood” (Ps 46:2)! Sy Gees sal ons getrou lei binne die wil van God, deur ons altyd te leer wat reg is om te doen (Eseg 36:26-28; Fil 2:13). Wie is beter om ons te leer hoe om volgens alles wat in die Bybel geskryf is, te lewe, as die Een deur wie die Bybel geïnspireer is – die Heilige Gees Self?
Dus, laat ons ons deel doen deur die Woord in ons harte te bewaar en die Heilige Gees te gehoorsaam soos Hy daardie Woord uit ons binneste na vore trek.
English
Wat is die sleutel tot die toepassing van die Bybel in my lewe?