settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om ‘n toegeskroeide gewete te hê?

Antwoord


Die Bybel praat van ‘n “toegeskroeide” gewete in 1 Tim 4:2. Die gewete is Godgegewe morele bewustheid binne-in elkeen van ons (Rom 2:15). Indien die gewete “toegeskroei” is – letterlik “doodgebrand” is – dan is dit oorgelewer aan onsensitiwiteit. So ‘n gewete funksioneer nie behoorlik nie; dit is asof “geestelike littekens” die besef van reg en verkeerd verdof het. Netsoos die vel van ‘n dier met ‘n brandyster ‘n merk vorm en gevoelloos word vir verdere pyn, so is die hart van ‘n individu met ‘n toegeskroeide gewete onsensitief vir morele aanslae.

Paulus identifiseer hulle in 1 Tim 4:1-2 as volg, “Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van duiwels aanhang. Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is.” In hierdie gedeelte leer ons drie dinge oor valse leraars wat ander in afvalligheid inlei: 1) hulle is mondstukke vir valse geeste, aangesien hulle “leerstellings van duiwels” aanhang; 2) hulle is valse leuenaars, aangesien hulle maskers van heiligheid dra, maar vol valsheid is; 3) hulle is gewetenloos, omdat hul gewetens doodgebrand het. Dit verduidelik baie. Hoe kan valse leraars lieg sonder skaamte en misleiding saai sonder enige berou? Omdat hulle toegeskroeide gewetens het. Hulle is by die punt verby dat dit verkeerd is om te lieg.

Vroeër in die sendbrief praat Paulus van die “goeie gewete” teenoor die toegeskroeide gewete, “Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom” (1 Tim 1:4-5). ‘n Goeie gewete het die vermoë om te onderskei tussen reg en verkeerd en is vrygemaak van skuld. Iemand met ‘n goeie gewete handhaaf sy integriteit. Hy geniet hulle wat “in die lig lewe, soos Hy (Jesus) in die lig is” (1 Joh 1:7). Die leuens van die duiwel is vervloek deur die een met ‘n goeie gewete. Eerder om die leuens van die afvalliges te volg, sal hy “die goeie stryd stry. Hou vas aan die geloof en behou ‘n goeie gewete” (1 Tim 1:18-19).

Spreuke 6:27 vra ‘n retoriese vraag om die gevolge van egbreuk te illustreer: “Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark, sonder dat jou klere aan die brand raak?” Om hierdie vraag te omskryf in verhouding tot valse lering, lyk dit as volg, “Kan ‘n afvallige die vurige leuens van die hel versprei, sonder dat sy gewete toegeskroei word?”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om ‘n toegeskroeide gewete te hê?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries