settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskillende tipes gebed?

Antwoord


Die Bybel openbaar baie soorte gebede en gebruik ‘n verskeidenheid van woorde om die praktyk daarvan te beskryf. Byvoorbeeld, 1 Tim 2:1 sê, “Ek dring daarop aan dat daar in die eerse plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense.” Hier word al 4 van die hoofwoorde in Grieks gebruik vir gebed in net ‘n enkele vers.

Hier is die hooftipes van gebede in die Bybel:

Die Geloofsgebed: Jak 5:15 sê, “En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak.” In hierdie konteks word geloofsgebed gebruik vir iemand wat siek is, deur vir God te vra om hom/haar te genees. Wanneer ons bid, moet ons in die krag en goedheid van God glo (Mark 9:23).

Korporatiewe gebed (gebed van ooreenstemming): Na Jesus se hemelvaart, het die dissipels almal vergader en “eensgesind volhard in die gebed” (Hand 1:14). Later na Pinksterfees, het die vroeë kerk “hulle heelhartig toegelê” op gebed (Hand 2:42). Hulle voorbeeld bemoedig ons om saam te bid met ander.

Die versoekgebed (of smeekgebed): Ons moet ons versoeke tot God rig. Fil 4:6 leer ons, “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” ‘n Deel van oorwinning oor die geestelike stryd, is om Ef 6:18 te leef en te doen:“Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.”

Dankgebed: In Fil 4:6 sien ons ‘n ander soort gebed: danksegging of dank aan God, “maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” In die Psalms word baie voorbeelde van dankseggingsgebede gevind.

Aanbiddingsgebed: Hierdie gebed is baie soortgelyk aan die dankgebed. Die verskil is dat aanbidding gefokus is op Wie God is; dank is gefokus op wat God gedoen het. Kerkleiers in Antiogië het as volg gebid, terwyl hulle ook gevas het: “Toe hulle op ‘n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: ‘Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.’ Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan” (Hand 13:2-3).

Toewydingsgebed: Soms is gebed ‘n tyd wanneer ons onsself afsonder om God se wil te soek. Jesus het só gebid die nag voor Sy kruisiging: “Hy het ‘n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: ‘My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil’” (Matt 26:39).

Intersessiegebed: Baie keer sluit ons gebede versoeke in vir ander, wanneer ons vir hulle intree. In 1 Tim 2:1 word ons aangesê om intersessie te doen “vir alle mense.” Jesus dien as voorbeeld vir ons op hierdie gebied. Joh 17 as ‘n geheel is so ‘n gebed van Jesus vir Sy dissipels en alle gelowiges.

Vervloekingsgebed: In die Psalms kry ons hierdie gebede (Ps 7, 55, 69). Hulle word gebruik om God se straf af te smeek op die goddelose en daarby jou op die regverdige te wreek. Die Psalmis gebruik hierdie gebed om die klem te plaas op God se heiligheid en die sekerheid van Sy straf. Jesus leer ons om te bid vir seën op ons vyande en nie vervloeking nie (Matt 5:44-48).

Die Bybel praat ook van in die Gees bid (1 Kor 14:14-15) en gebede, wanneer ons nie meer kan dink aan die regte woorde om te bid nie (Rom 8:26-27). In daardie tye tree die Gees Self vir ons in en doen intersessie.

Gebed is om met God te gesels en dit moet ons sonder ophou doen (1 Tess 5:16-18). Soos ons groei in ons liefde vir Jesus Christus, sal ons ‘n natuurlike begeerte ontwikkel om met Hom te praat.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskillende tipes gebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries