settings icon
share icon
Vraag

Wat is territoriale geeste?

Antwoord


"Territoriale geeste" is 'n term wat sommige Christene gebruik om demoniese besetting van 'n spesifieke plek te identifiseer. Ironies genoeg is dit ook 'n term wat Heidene gebruik om 'n ander wêreldse teenwoordigheid te beskryf en daar word geglo dat dit in 'n spesifieke geografiese plek plaasvind.

Die Christelike konsep van territoriale geeste kom vanuit gedeeltes in Daniël 10; Joh 12:31; Joh 14:30; Joh 16:11; Mark 5:10 en Ef 6:12. Al hierdie gedeeltes impliseer dat gevalle engele sekere tipes van verantwoordelikheid oor 'n sekere area gegee is. Dit lyk dus asof hulle territoriaal is. Tog moet ons onthou dat hierdie lering opgemaak is; nêrens beeld die Bybel eksplisiet 'n hiërargie van demoniese outoriteit in die wêreld uit nie. Waaroor die Bybel duidelik is, is dat demone in die wêreld werksaam is en dat gelowiges baie betrokke is in 'n stryd teen hulle.

In Daniël 10 veg 'n engel teen 'n demoniese opponent die hele tyd, solank Daniël besig was om te bid en te vas. Dit was eers teen die einde van Daniël se geestelike vastyd dat die engel uiteindelik kon wegbreek na hom toe. Ef 6 vermaan gelowiges om vas te staan teen ons geestelike opponent en wakker te wees en gereed vir die geveg. Daar is geen twyfel dat ons stryd op aarde op een of ander wyse in die spirituele ruimte afspeel nie.

Die probleem met die term "territoriale geeste" is dat sommige Christene glo dat dit hul plig is om kontak te maak met hierdie demone in 'n geestelike oorlog. Hierdie kan nie deur die Skrif goedgekeur word nie. Daar is nie 'n enkele plek in die Bybel waar iemand 'n demoon soek met die doel om daarmee kontak te maak nie. Duiwelbesete individue is genader en sommige is na Jesus en Sy dissipels toe gebring om gesond gemaak te word, maar die dissipels het nie gaan soek vir demone nie. Niemand in die Bybel het ooit gebid dat die"demoonprinse" van 'n dorp "gebind" moet word om die inwoners teen die demone te beskerm nie.

Territoriale geeste, alhoewel dit nie eksplisiet 'n Skriftuurlike ding is nie, mag wel bestaan, soos in die vorige gedeeltes gesien is. Dit is werklik nie so belangrik of die gees "territoriaal" is of nie, maar wat belangrik is, is ons respons. 'n Gelowige in Christus het geen Bybelse gronde om betrokke te raak in gebedsgeleide geestelike oorlog teen demone nie. Die gelowige moet eerder bewus word dat daar geestelike stryd is en dit ernstig opneem (1 Pet 5:8). Ons lewens moet op gebed gefokus wees en om in geloof te groei. Sou ons ooit met 'n demoon te doen kry, het ons definitief die Christusgegewe outoriteit om daarmee te handel, maar ons moenie daarvoor gaan soek nie, territoriaal of andersins.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is territoriale geeste?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries