settings icon
share icon
Vraag

Wat is teofanie? Wat is Christofanie?

Antwoord


'n Teofanie is 'n manifestasie van God in die Bybel wat tasbaar vir die menslike gewaarwording is. In die mees beperkende gewaarwording, is dit 'n visuele verskyning van God in die Ou Testamentiese periode, dikwels, maar nie altyd nie, in menslike vorm. Sommige kom voor in die volgende gedeeltes:

Gen 12:7-9 – Die Here het aan Abraham verskyn toe hy in die land aangekom het, wat God aan hom en sy afstammelinge beloof het.

Gen 18:1-33 – Op 'n dag het Abraham kuiergaste gehad: twee engele en God Self. Hy het hulle in sy huis ingenooi en hy en Sara het hulle onthaal. Baie glo dat hierdie Chirstofanie kon wees, 'n pre-vleesgeworde verskyning van Christus.

Gen 32:22-30 – Jakob het gestoei, met wat voorgekom het asof dit 'n man was, maar dit was eintlik God (verse 28-30). Dit kon ook 'n Christofanie gewees het.

Eks 3:2; 4:17 – God het aan Moses verskyn in die vorm van 'n brandende bos en presies aan hom vertel wat Hy wou gehad het dat hy moes doen.

Eks 24:9-11 – God het aan Moses verskyn met Aäron en sy seuns en die sewentig ouderlinge.

Deut 31:14-15 – God het aan Moses en Josua verskyn, toe die leierskap na Josua toe oorgedra is.

Job 38-42 – God het Job geantwoord uit die stormwind en lank met Job gepraat om al sy vrae te beantwoord.

Herhaaldelik reflekteer die term "heerlikheid van die Here" as 'n teofanie, soos in Eks 24:16-18; die "wolkkolom" het 'n soortgelyke funksie in Eks 33:9. 'n Herhaalde inleiding vir teofanieë kan gesien word in die woorde "die Here het afgekom," soos in Gen 11:5; Eks 34:5; Numeri 11:25; en 12:5.

Sommige Bybelkommentators glo dat wanneer iemand ookal 'n besoek van die "engel van die Here" ontvang het, dit 'n pre-vleesgeworde Christus was. Hierdie verskynings kan in Gen 16:7-14 gesien word; Gen 22:11-18; Rigters 5:23; 2 Kon 19:35 en ander gedeeltes. Ander kommentators glo dat hierdie uiteraard verskynings van engele was. Aangesien daar geen onbetwisbare Christofanieë in die Ou Testament is nie, was elke teofanie waarin God 'n menslike vorm aangeneem het, 'n skadubeelding van die inkarnasie, waar God die vorm van 'n mens aangeneem het om tussen ons te woon as Emmanuel, "God met ons" (Matt 1:23).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is teofanie? Wat is Christofanie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries