settings icon
share icon
Vraag

Is dit verkeerd om in God teleurgesteld te wees?

Antwoord


Teleurstelling in God is nie noodwendig verkeerd of sondig nie; eerder, dit is deel van die menslike toestand. Die woord "teleurstelling" beteken "'n gevoel van ontevredenheid dat iemand in sy hoop, begeertes en verwagtinge teleurgestel is." Wanneer God op een of ander wyse nie aan ons hoop of verwagtinge voldoen nie, vloei teleurstelling onafwendbaar daaruit voort. Wanneer God nie optree op die wyse wat ons dink Hy behoort te doen nie, dan raak ons ontnugterd met Hom en ontevrede met Sy optrede. Dit kan lei tot 'n golwende geloof in God, veral in Sy soewereiniteit en Sy barmhartigheid.

Wanneer God nie handel soos ons dink Hy moet nie, is dit nie omdat Hy nie in die vermoë is om dit te doen nie. Hy kies eerder eenvoudig om dit nie te doen nie. Dit mag voorkom soos 'n willekeurige of wispelturige optrede aan Sy kant , maar die presiese teenoorgestelde is waar. God kies om te handel of nie te handel volgens Sy volmaakte en heilige wil, om sodoende Sy regverdige doelwitte reg te laat geskied. Niks gebeur buite God se plan nie. Hy het beheer oor elke molekule wat in die heelal beweeg en God se wil sluit elke handeling en besluit in, wat deur elke persoon regdeur die wêreld te alle tye gemaak word. Hy sê in Jes 46:11, "Ek roep 'n roofvoël uit die ooste, uit 'n ver land roep ek 'n man wat my besluit sal uitvoer. Ek het dit gesê en Ek sal hom laat kom, Ek het dit beplan en Ek sal dit doen." Selfs die voëls is op 'n manier deel van Sy voorafgeordende plan. Verderaan is daar tye wat Hy kies om ons van Sy planne te verwittig (Jes 46:10) en tye wanneer Hy nie. Soms verstaan ons wat Hy doen; soms nie (Jes 55:9). Een ding weet ons doodseker: as ons aan Hom behoort, sal alles wat Hy doen, tot ons voordeel strek, óf ons verstaan óf nie (Rom 8:28).

Die sleutel om teleurstelling met God te vermy, is om ons wil in lyn met Syne te bring en in alles ons aan Hom te onderwerp. Deur dit te doen, sal nie net keer dat ons in God teleurgestel word nie, maar ook sal dit gekerm en gekla voorkom, oor dinge wat in ons lewens gebeur. Die Israeliete het in die woestyn God verskeie kere bevraagteken en hulle het gekla, eerder as om die wonderwerke van Sy almag wat rondom hulle afgespeel het, raak te sien: verdeling van die Rooi See, die voorsiening van manna en kwartels in die woestyn en die glorie van God wat hulle in 'n vuurkolom gelei het (Eks 15-16; Numeri 14:2-37). Ten spyte van God se aanhoudende getrouheid teenoor Sy mense, het hulle gemor en was teleurgesteld in God, omdat Hy nie gehandel het soos hulle wou hê nie. In plaas van om eerder Hom te vertrou en hulle aan Sy wil te onderwerp, was hulle in 'n voortdurende toestand van chaos en verwarring.

As ons ons wil in lyn met God s'n bring en ons kan saam met Jesus sê, "Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied" (Luk 22:42). Dan vind ons die tevredenheid waarvan Paulus in 1 Tim 6:6-10 praat en Filippense 4:11-12. Paulus het geleer om tevrede te wees met wat ookal God op sy pad laat kom het. Hy het God vertrou en hom aan Sy wil onderwerp, wetende dat 'n heilige, regverdige, volmaakte, liefdevolle en genadige God alles ten goede sou laat meewerk. Dit is wat Hy belowe het. As ons God in daardie lig sien, kan ons onmoontlik teleurgesteld in Hom wees. Ons moet ons eerder gewilliglik aan ons hemelse Vader onderwerp en weet dat Sy wil volmaak is en dat alles wat Hy in ons lewens laat gebeur, goed sal wees en tot Sy eer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit verkeerd om in God teleurgesteld te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries