settings icon
share icon
Vraag

Wat is die teleologiese argument vir God se bestaan?

Antwoord


Die woord "teleology" kom van "telos" en dit beteken "doel" of "doelwit." Die gedagte is dat dit 'n "doelsteller" tot 'n doel rig en dus, waar ons dinge sien wat duidelik bedoel is vir 'n doelwit, dan kan ons onsself voorstel dat daardie dinge vir 'n rede gemaak is. Met ander woorde, 'n ontwerp impliseer 'n ontwerper. Ons maak instinktief aanhoudend hierdie konneksies. Die verskil tussen die Grand Canyon en Mount Rushmore is duidelik – een is ontwerp, een is nie. Die Grand Canyon is gevorm deur nie-rasionele, natuurlike prosesse, terwyl Mount Rushmore geskep is deur 'n intelligente wese – 'n ontwerper. As ons op 'n strand loop en 'n armhorlosie vind, veronderstel ons nie dat tyd en toevallige waarskynlikheid die horlosie van waaiende sand gemaak het nie. Hoekom? Omdat dit die duidelike merke van ontwerp het – dit het 'n doel, dit dra inligting, dit is spesifiek kompleks, ensovoorts. In geen spesifieke veld word ontwerp beskou om spontaan te wees nie; dit impliseer altyd 'n ontwerper en hoe groter die ontwerp, hoe groter die ontwerper. Aldus, kom ons kyk na die opvatting van wetenskap, die heelal sou 'n ontwerper buitekant homself benodig ('n bonatuurlike ontwerper).

Die teleologiese argument pas hierdie beginsel toe op die ganse heelal. As ontwerpe 'n ontwerper impliseer en die heelal toon tekens van ontwerp, dan was die heelal ontwerp. Dit is duidelik dat elke vorm van lewe in die aarde se geskiedenis hoogs kompleks is. 'n Enkele string DNS is gelyk aan een volume van die Encyclopedia Britannica. Die menslike brein het ongeveer 10 biljoen gigabyte kapasiteit. Behalwe lewende dinge hier op aarde, lyk dit asof die totale heelal vir lewe ontwerp is. Letterlik honderde toestande word vir lewe op aarde benodig – alles van die massa digtheid van die heelal afwaarts tot by die aardbewing-aktiwiteit moet verfyn word vir lewe om te kan oorleef. Die toevallige waarskynlikheid van al hierdie dinge om te gebeur, is letterlik bokant verbeelding. Die verskille is baie ordes van groottes hoër as die getal atomiese partikels in die ganse heelal! Met hierdie wonderlike ontwerp, is dit moeilik om te glo dat ons eenvoudig 'n ongeluk is. Trouens, vooraanstaande ateïs/filosoof Anthony Flew se onlangse omkering na teïsme, was grootliks op hierdie argument gebaseer.

Daarbenewens, om God se bestaan te demonstreer, toon die teleologiese argument tekortkominge in die evolusieteorie. Die Intelligent Design in wetenskap voorsien inligtingsteorie aan lewende sisteme en wys dat waarskynlikheid nie eers kan begin om die kompleksiteit van lewe te verduidelik nie. Selfs enkelsel- bakterieë is so kompleks dat, sonder dat al hul dele saam werk op dieselfde tyd, sou hulle geen oorleweings-potensiaal hê nie. Dit beteken dat daardie dele kon nie per ongeluk ontwikkel het nie. Darwin het erken dat dit eendag moontlik 'n probleem kon wees, deur net na die menslike oog te kyk. Min het hy geweet dat selfs enkelsel-skepsels verreweg te kompleks is,om sonder 'n skepper verduidelik te word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die teleologiese argument vir God se bestaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries