Vraag
Wat is tekskritiek?
Antwoord
Om dit eenvoudig te stel. Tekskritiek is ‘n metode wat gebruik word om te bepaal wat die oorspronklike manuskripte van die Bybel gesê het. Die oorspronklike manuskripte van die Bybel het verlore gegaan, is versteek of bestaan nie meer nie. Wat ons het is tienduisende kopieë van die oorspronklike manuskripte gedateer vanaf die 1st tot die 15de eeue AD (vir die Nuwe Testament) en gedateer vanaf die 4de eeu v C tot die 15de eeu AD (vir die Ou Testament). In hierdie manuskripte is daar baie kleinere en ‘n paar belangrike verskille. Tekskritiek is die studie van hierdie manuskripte in ‘n poging om te bepaal wat die oorspronklike geskrewe teks was.
Daar is drie primêre metodes wat gebruik word. Die eerste is die Textus Receptus. Dit was ‘n manuskrip van die Bybel wat saamgestel was deur ‘n man genaamd, Erasmus, in die 1500’s AD. Hy het die beperkte getal manuskripte geneem waartoe hy toegang gehad het en dit saamgestel in wat uiteindelik bekend was as die Textus Receptus.
‘n Tweede metode is bekend as die Majority Text. Laasgenoemde neem al die huidige beskikbare manuskripte, vergelyk die verskille en kies die mees waarskynlike korrekte leesstuk gebaseer op watter leesstuk dit die meeste in voorkom. Byvoorbeeld, as 748 manuskripte lees “hy het gesê” en 1429 lees “hulle het gesê,” sal die Majority Text kies “they said”. Daar is nie belangrike Bybelvertalings gebaseer op die Majority Text nie.
Die derde metode staan bekend as die kritiese of eklektiese metode. Die eklektiese metode is betrokke in die oorweging van eksterne en interne bewyse om te bepaal wat die mees waarskynlike oorspronklike teks is. Eksterne bewys laat ons hierdie vrae vra: in hoe baie manuskripte kom die leesstuk voor? Wat is die datum vir hierdie manuskripte? In watter deel van die wêreld was hierdie manuskripte gevind? Interne bewys hits hierdie vrae aan: wat kon hierdie variërende leesstukke veroorsaak het? Watter leesstuk kan moontlik die oorsprong verduidelik van die ander leesstukke?
Watter metode is die akkuraatste? Dit is waar die debat begin. As die metodes aanvanklik vir iemand beskryf word, kies hy/sy tipies die Majority Text as die metode wat gebruik moet word. Dit is hoofsaaklik die “meerderheid reëls” en die “demokratiese” metode. Daar is egter streekskwessies wat hier in ag geneem moet word. In die eerste paar eeue van die kerk het die oorgrote meerderheid van Christene in Grieks gepraat en geskryf. Begin van die 4de eeu AD, het Latyn begin om die algemeenste taal te word, veral in die kerk. Deur met die Latin Vulgate te begin, het die Nuwe Testament begin om in Latyn in plaas van Grieks te kopieer. In die oosterse Christelike wêreld het Grieks egter voortgegaan om die dominante taal van die kerk te wees, vir meer as 1 000 jaar. As ‘n resultaat, is die oorgrote meerderheid van Griekse manuskripte vanuit die oosterse/Byzantynse streek. Hierdie laasgenoemde manuskripte is baie eenders. Hulle het waarskynlik almal ontstaan in dieselfde Griekse manuskripte. Terwyl baie eenders was,het die Byzantynse manuskripte tallose verskille teenoor die manuskripte gevind in die westerse en sentrale streke van die kerk. Om saam te vat: as jy begin het met drie manuskripte, en een was 100 keer gekopieer, ‘n ander was 200 keer gekopieer en die derde was 5 000 keer gekopieer, watter groep sal die meerderheidstem kry? Die derde groep natuurlik. Die derde groep is egter nie meer waarskynlik om die oorspronklike leesstuk te wees, as die eerste of tweede groep nie. Dit het net meer kopieë. Die kritiese/eklektiese metode van tekskritiek gee gelyke “gewig” aan die manuskripte van verskillende streke, ten spyte van die manuskripte van die Ooste wat die oorweldigende meerderheid het.
Hoe werk die kritiese/eklektiese metode in die praktyk? Indien jy Joh 5:1-9 in verskeie vertalings vergelyk, sal jy oplet dat vers 4 uitgelaat is van die vertalings gebaseer op die Critical Text. In die Textus Receptus, lees Joh 5:4 lees, “For an angel went down at a certain season into the pool and troubled water: whosoever then first after the troubling of the water stepped in was made whole of whatsoever disease he had.” Hoekom is hierdie vers uitgelaat uit die Bybelse vertalings wat die Critical Text gebruik? Die eklektiese metode werk as volg: 1) Die teks van Joh 5:4 gebeur nie in die meeste van die oudste manuskripte nie. 2) Die teks van Joh 5:4 gebeur in alle Byzantynse manuskripte, maar nie baie van die nie-oosterse manuskripte. 3) Dit is meer waarskynlik dat ‘n skrywer ‘n verduideliking sou byvoeg, as wat dit is dat ‘n skrywer ‘n verduideliking sou verwyder. Joh 5:4 maak dit duideliker hoekom die kreupel man graag in die bad wou gaan. Hoekom sou ‘n skrywer hierdie vers verwyder? Dit maak nie sin nie. Dit maak wel sin dat die tradisie van hoekom die kreupele in die bad wou gaan, sou bygevoeg word. As gevolg van hierdie konsepte, sluit die Critical/Eclectic Text nie Joh 5:4 in nie.
Maak nie saak watter metode van tekskritiek jy glo korrek is nie, hierdie is ‘n saak wat met genade, respek en goedgesindheid bespreek moet word. Christene kan en stem nie saam oor hierdie aangeleentheid nie. Ons kan die metodes debatteer, maar ons moenie die motiverings en karakter van hulle met wie ons nie saamstem hieroor, aanval nie. Sommige het eenvoudig verskillende metodes om daardie doel te bereik.
English
Wat is tekskritiek?