settings icon
share icon
Vraag

Wat is sommige van die tekens van opregte verlossingsgeloof?

Antwoord


Dit is een van die belangrikste vrae in die Christen se lewe. Baie gelowiges twyfel aan hul verlossing, omdat hulle geen tekens van ware geloof in hul lewens sien nie. Daar is diegene wat sê dat ons nooit moet twyfel aan ons besluit om 'n volgeling van Christus te wees nie, maar die Bybel moedig ons aan om onsself te ondersoek om te sien of ons werklik "in die geloof lewe" (2 Kor 13:5). Gelukkig het God vir ons breedvoerige instruksies gegee, sodat ons kan weet dat ons sekerheid oor die ewige lewe het. Die eerste sendbrief van Johannes was eintlik vir daardie doel geskryf, soos dit in 1 Joh 5:13 staan, "Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo."

Daar is 'n reeks van toetse in 1 Joh wat ons kan gebruik om onsself en ons geloof te ondersoek. Ons moet onthou dat niemand alles daarvan volmaak sal vervul, die hele tyd nie, maar dit sal 'n deurlopende strekking openbaar, wat ons lewens kenmerk soos ons in genade groei.
Geniet jy dit om saam met Christus en Sy verloste mense gemeenskap te beoefen? (1 Joh 1:3)
Sal mense sê dat jy in die lig of in die duisternis loop? (1 Joh 1:6-7)
Erken jy jou sonde en bely jy dit? (1 Joh 1:8)
Is jy gehoorsaam aan God se Woord? (1 Joh 2:3-5)
Dui jou lewe aan dat jy vir God liefhet, eerder as die wêreld? (1 Joh 2:15)
Word jou lewe gekenmerk deur te doen wat reg is? (1 Joh 2:29)
Strewe jy daarna om 'n rein lewe te lei? (1 Joh 3:3)
Sien jy 'n afwaartse patroon van sonde in jou lewe? (1 Joh 3:5-6) (Let wel: dit verwys na 'n lewenswyse waar daar nie aanhoudend gesondig word nie, nie 'n totale afwesigheid van sonde nie.)
Toon jy liefde aan ander Christene? (1 Joh 3:14).
Word jou liefde "met die daad bewys" of is dit net "woorde en lippetaal"? (1 Joh 3:18-19)
Probeer jy 'n rein gewete handhaaf? (1 Joh 3:21)
Ondervind jy oorwinning in jou Christelike lewe? (1 Joh 5:4)

Indien jy werklik "Ja" op hierdie vrae kan antwoord (of op 'n groot meerderheid van hulle en jy besig is om aan die ander te werk), dan dra jou lewe die vrug van ware verlossing. Jesus sê dat dit deur ons vrug is dat ons as Sy dissipels geken word (Matt 7:20). Takke wat geen vrug dra nie – belydende gelowiges wat nie die vrug van die Gees vertoon nie (Gal 5:22-23), word afgesny en in die vuur verbrand (Joh 15:2). 'n Opregte geloof is een wat nie slegs in God glo nie (die duiwels glo ook – Jak 2:19), maar wat lei na openlike belydenis van sonde en gehoorsaamheid aan Christus se opdragte. Onthou, ons is gered uit genade deur geloof, nie deur ons werke nie (Ef 2:8-9), maar ons werke moet die werklikheid van ons redding vertoon (Jak 2:17-18). Opregte verlossingsgeloof sal altyd werke voortbring; 'n geloof wat voortdurend sonder werke is, is geen geloof nie en red niemand nie.

As toevoeging tot hierdie bevestigings, moet ons God se beloftes onthou en die realiteit van die oorlog waarin ons staan. Satan is net so werklik soos Jesus Christus en hy is 'n gedugte vyand van ons siele. Wanneer ons na Christus toe draai, sal Satan elke geleentheid uitkyk om ons te verlei en te verslaan. Indien ons in Christus is, het ons die versekering dat ons deur Hom behoue bly. Jesus het Self vir ons in Joh 17:11 gebid dat die Vader ons bewaar: "Heilige Vader, bewaar hulle in U Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees." Weer het Hy in vers 15 gebid, "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar." In Joh 10:27-29 het Jesus gesê, "My skape luister na My stem; Ek ken hulle en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat My Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is Een." Indien jy die stem van Jesus hoor en gehoorsaam, dan is jy een van Sy skape en Hy sal jou nooit laat gaan nie. Jesus het hier 'n wonderlike beeld deur woorde geskep, van Christene wat in veiligheid in Sy liefdevolle hande en die Vader se almagtige hande omvou word – 'n dubbele versekering van ewige sekuriteit.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is sommige van die tekens van opregte verlossingsgeloof?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries