settings icon
share icon
Vraag

Wat is Swart Bevrydingsteologie?

Antwoord


Swart Bevrydingsteologie spruit uit die Suid-Amerikaanse Vryheidsteologie, wat grootliks humanisties is en poog om die Christelike teologie aan te wend vir die arm toestande. Swart Bevrydingsteologie fokus op Afrikane in die algemeen en Afrikaan-Amerikaans in besonder, wat bevry is van alle vorms van slawerny en ongeregtigheid, óf dit werklik is óf misleidend, óf sosiaal, polities, ekonomies óf godsdienstig.

Die doelwit van Swart Bevrydingsteologie is "om Christenskap vir Swartes realiteit te maak." Die primêre fout hierin dié teologie is die fokus. Dit probeer om Christenskap te laat fokus op bevryding van sosiale ongeregtigheid in die hier en nou, eerder as in die lewe hiernamaals. Jesus het presies die teenoorgestelde geleer: "My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie" (Joh 18:36). Is dit so dat Swartes/Afrikane en veral Afrikaan-Amerikaners onregverdig, onbillik en boos in die huidige geskiedenis behandel is? Absoluut! Sal een van die resultate van die Evangelie die einde van rasisme, diskriminasie, vooroordeel en ongelykheid wees? Weereens ja, absoluut (Gal 3:28)! Is bevryding van sosiale ongeregrigheid 'n kernbeginsel van die Evangelie? Nee.

Die boodskap van die Evangelie is die volgende: ons almal is met sonde bevlek (Rom 3:23). Ons is almal ewige skeiding van God waardig (Rom 6:23). Jesus het aan die kruis gesterf en die straf wat ons verdien, gedra (2 Kor 5:21; 1 Joh 2:2) en vir ons verlossing voorsien. Jesus is toe opgewek en daardeur gedemonstreer dat Sy dood inderdaad 'n voldoende betaling vir die sondeskuld is (1 Kor 15:1-4). Indien ons ons vertroue in Jesus as Verlosser plaas, is al ons sondes vergewe en sal ons ingang na die hemel toegestaan word na die dood (Joh 3:16). Dít is die Evangelie. Dit moet ons fokuspunt wees. Dit is die geneesmiddel wat werklik die mensdom treiter.

Wanneer iemand Jesus as Verlosser aanneem, word hy/sy 'n nuwe skepsel (2 Kor 5:17) en die inwoning van die Heilige Gees begin die proses om hom/haar na die beeld van Christus te omvorm (Rom 12:1-2). Slegs deur hierdie geestelike transformasie kan rasisme waarlik oorwin word. Swart Bevrydingsteologie misluk, omdat dit die simptome aanval, sonder om werklik die siekte aan te spreek. Sonde/gevallenheid is die siekte; rasisme is net een van die baie simptome. Die boodskap van die Evangelie is Jesus se versoening aan die kruis vir ons sondes en die verlossing wat dus beskikbaar is deur geloof. Die einde van rasisme sou 'n resultaat wees van mense wat Jesus werklik as Verlosser aanneem, maar rasisme word nie spesifiek in die Evangelie aangespreek nie.

As gevolg van die ekstreme oorbeklemtoning van rasistiese probleme, is 'n negatiewe resultaat van Swart Bevrydingsteologie dat dit neig om die swart en wit Christengemeenskappe te skei en dit is heeltemal onbybels. Christus het aarde toe gekom om almal wat in Hom glo, te verenig in een universele Kerk, Sy liggaam, waarvan Hy die hoof is (Ef 1:22-23). Ledemate van die Liggaam van Christus deel 'n algemene band met al die ander Christene, ongeag agtergrond, ras of nasionaliteit. "

Christus het aarde toe gekom om almal wat in Hom glo, in een universele Kerk, Sy Liggaam, waarvan Hy die hoof is, te verenig (Ef 1:22-23). Ledemate van die Liggaam van Christus deel 'n algemene band met ander Christene, ongeag agtergrond, ras of nasionaliteit. "Sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra" (1 Kor 12:25). Ons moet een van gees wees, die Gees van Christus en ons moet een doelwit hê, om God te vereer deur Christus se gebod te vervul deur te doen wat Hy sê, "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels," vertel andere van Hom, predik die goeie nuus van die Evangelie en leer ander om Sy gebooie na te kom (Matt 28:19-20). Jesus herinner ons dat die twee grootste gebooie is om God lief te hê en jou naaste soos jouself, ongeag ras (Matt 22:36-40).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Swart Bevrydingsteologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries