settings icon
share icon
Vraag

As ‘n paartjie swanger raak voor die troudag, moet hulle dan trou?

Antwoord


Seks voor die huwelik het so algemeen geword in ons samelewing, selfs in soverre dat baie belydende Christene dit nie eers sien as sonde nie. Ons kultuur veronderstel dat mense nie die nodige selfbeheersing het om hulle te weerhou tot die troudag nie, dus het die idee onrealisties geraak. God se Woord verander nie, en die Bybel sê dat seks voor die huwelik immoreel is (Matt 15:19; 1 Kor 6:9, 6:13, 7:2; 2 Kor 12:21; Gal 5:19; Ef 5:3).

Enigeen wat ‘n wedergebore Christen word, deur sy/haar geloof en vertroue in Christus te plaas, behoort nie meer aan homself nie. 1 Kor 6:18-20 sê, “Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ‘n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang en julle behoort nie aan julleself nie; julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.”

Deur God se plan vir die huwelik, seks en familie te ignoreer, loop altyd uit op sekere geestelike of fisiese gevolge: bedroef die Heilige Gees (Ef 4:30), skuldgevoel, skaamte, jammerte, verlies aan respek vir self en ander, skeiding in families en tussen gelowiges, swak rolmodelering, pyn vir toekomstige eggenotes, onwelkome swangerskappe, aborsies en seksuele oordraaglike siektes. God wil hê dat seks ‘n intieme uitdrukking van liefde en verbintenis moet wees en net tussen man en vrou. Seks net vir fisiese plesier, beskadig ons geestelik en skeur ons weg van ‘n verhouding met God.

Enigeen wat die fout begaan het om seks buite die huwelik te beoefen, kan vergewe word, selfs al is die fout sodanig dat daar ‘n onbeplande swangerskap gebeur. 1 Joh 1:19 sê, “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” Dit beteken nie dat Hy die gevolge van ons aksies wegvat nie, maar ons kan geestelik vernuwe word deur ons sonde te bely en ons rug daarop te keer. Dit beteken om weg te draai van ons sondes en ‘n nuwe ooreenkoms met Christus aan te gaan om Hom lief te hê en te dien.

Daar is sommige gevalle waar trou voor die baba gebore word, wys kan wees. As ‘n toegewyde paartjie wat reeds besig was om te beplan vir ‘n huwelik so ‘n oortredeing begaan, sal dit heel moontlik makliker wees vir die familie en die kind om te trou voor die geboorte. Indien ‘n paartjie wat nie beplan het om te trou nie, dieselfde sonde pleeg, sal die huwelik dit nie regmaak in God se oë nie. In so ‘n situasie sal die huwelik net gebeur om uit te loop op ‘n mislukking. Die Bybel sê nie dat mense onder hierdie omstandigheid moet trou of nie trou nie, alhoewel beide ouers steeds verantwoordelik is om die kind emosioneel, geestelik en finansieel te ondersteun.

Niemand van ons kan met God regmaak deur middel van goeie werke nie. Ons is gered deur geloof alleen, deur op Jesus Christus te vertrou om ons van ons sondes te verlos. Die Bybel sê, “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here” (Rom 6:23). God verwag nie van ons om self ons oortredinge te probeer regmaak nie; Hy vra van ons ons harte. Deur van ons eie wil af te sien en ons te onderwerp aan die soewereiniteit van God, kan ons verseker wees van ‘n vervulde lewe op aarde en ‘n plek n die hemel vir ewig.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

As ‘n paartjie swanger raak voor die troudag, moet hulle dan trou?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries