Vraag
Hoekom is suiwer doktrine so belangrik?
Antwoord
Paulus beskuldig Titus, “Maar jy moet verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer” (Titus 2:1). Só ‘n mandaat maak dit voor die handliggend dat suiwer doktrine belangrik is. Maar hoekom is dit belangrik? Maak dit regtig ‘n verskil in wat ons glo?
Suiwer doktrine is belangrik, omdat ons geloof op ’n spesifieke boodskap gebaseer is. Die algemene lering van die kerk bevat baie elemente, maar die primêre boodskap is eksplisiet gedefinieerd: “Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte. . . .en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte” (1 Kor 15:3-4). Dit is die ondubbelsinnige goeie nuus en dit is “van eerste belang.” Verander hierdie boodskap en dadelik skuif die basis van geloof vanaf Christus na iets anders. Ons ewige bestemming hang af van die hoor van “die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing” (Ef 1:13; sien ook 2 Tess 13-14).
Suiwer doktrine is belangrik, omdat die evangelie ‘n heilige verpligting is en ons durf nie met God se kommunikasie tot die wêreld te peuter nie. Ons plig is om die boodskap te lewer, nie te verander nie. Judas bring ‘n dringendheid oor aangaande die verpligting: “Geliefdes, ek was van plan om aan julle te skrywe oor die verlossing waaraan ons almal deel het” (Judas 1:3; sien ook Fil 1:27). Om te “stry” dra die idee oor om met inspanning vir iets te veg, om alles wat jy het daarvoor te gee. Die Bybel waarsku om nie by te voeg of weg te neem van God se Woord nie (Openbaring 22:18-19). Eerder om die apostel se doktrine te verander, ontvang ons wat aan ons oorgedra is en hou dit “as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het” (2 Tim 1:13).
Suiwer lering is belangrik, omdat wat ons glo, affekteer wat ons doen. Gedrag is ‘n verlenging van teologie en daar is direkte korrelasie tussen wat ons dink en hoe ons optree. Byvoorbeeld, twee mense staan bo-op ‘n brug; een glo hy kan vlieg en die ander glo hy kan nie vlieg nie. Hulle volgende aksies sal redelik uiteenlopend wees. Op dieselfde wyse, ‘n man wat glo dat daar nie so iets is soos reg en verkeerd nie, sal natuurlik anders optree as ‘n man wat glo in goed gedefinieerde morele standaarde. In een van die Bybel se lyste van sonde, word dinge soos rebellie, moord, leuens vertel en slawehandel genoem. Die lys sluit af met “of enigiets anders doen wat met die gesonde leer in stryd is” (1 Tim 1:9-10). Met ander woorde ware leer bevorder regverdigheid; sonde floreer waar “suiwer, gesonde lering” gedwarsboom word.
Suiwer lering is belangrik, want ons moet waarheid bevestig in ‘n wêreld van leuens. “. . . . want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld” (1 Joh 4:1). Daar is onkruid tussen die koring en wolwe onder die kudde (Matt 13:25; Hand 20:29). Die beste manier om waarheid te onderskei van die leuen, is om te weet wat die waarheid is.
Gesonde lering is belangrik, want die einde van suiwer doktrine is die lewe. 1 Tim 4:16, “Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.” Omgekeerd is die einde van onsuiwer lering vernietiging. “Die rede hiervoor is dat sekere mense ongemerk julle geledere binnegedring het, goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vasstaan. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus” (Judas 1:4). Deur God se boodskap van genade te verander, is ‘n “goddelose” ding om te doen en die veroordeling vir so ‘n daad is vreeslik. Om ‘n ander evangelie te verkondig (“wat regtig geen evangelie is nie”) dra ‘n vervloeking (anatema): “die vloek van God sal hom tref” (sien Gal 1:6-9).
Suiwer lering is belangrik, omdat dit gelowiges bemoedig. ‘n Liefde vir God se Woord bring “groot sekerheid” (Ps 119:165) en hulle “wat vrede aankondig. . . . wat redding aankondig” is werklik “wonderlik” (Jes 52:7). ‘n Predikant (Pastoor) “moet vashou aan die betroubare word waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê” (Titus 1:9).
Die woord van wysheid is “Moenie grense verlê wat lankal daar is nie, wat jou voorouers al vasgestel het nie” ( Spreuke 22:28). As ons dit kan toepas op suiwer, gesonde lering, is die les dat ons dit ongeskonde moet bewaar. Mag ons nooit afdwaal ”van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus nie” (2 Kor 11:3).
English
Hoekom is suiwer doktrine so belangrik?