settings icon
share icon
Vraag

Wat is die storie van die Ou Testament?

Antwoord


Heel aan die begin, was God reeds daar. Vir Sy eie plesier het God tyd en die heelal deur die krag van Sy woord geskep, deur niks in iets te omskep. Op die sesde dag van die skepping het God iets unieks gemaak: die mens – ‘n man en ‘n vrou – geskep na Sy beeld. Toe God die eerste twee mense as man en vrou geskep het, het Hy die huweliksverbond ingestel (Gen 1-2).

God het die man en sy vrou in die Tuin van Eden geplaas, ‘n volmaakte omgewing en hulle die verantwoordelikheid gegee om na die tuin om te sien. God het hulle toegelaat om van enige vrugte in die tuin te eet, maar een: die boom van alle kennis van goed en kwaad was vir hulle verbied. Hulle het ‘n keuse gehad om te gehoorsaam of nie, maar God het hulle gwaarsku dat die dood die gevolg gaan wees, indien hulle ongehoorsaam sou wees (Gen 2:15-17).

Intussen het ‘n magtige engel met die naam Lucifer teen God in die hemel gerebelleer. Hy en een derde van die engeleskare was uit die hemel verban. Lucifer het in die tuin gekom waar die man en sy vrou was. Daar het hy die vorm van ‘n slang aangeneem en vir Eva verlei, die eerste vrou, om ongehoorsaam aan God te wees, deur te eet van die verbode vrugte. Hy het aan haar vertel dat sy nie sou sterwe nie en dat die vrugte eintlik goed vir haar sou wees. Sy het daardie leuens geglo en van die vrugte geëet. Toe het sy ook vir Adam, haar man, gegee en hy het ook daarvan geniet. Onmiddellik het die paartjie geweet dat hulle verkeerd gedoen het. Hulle het skaam en kwesbaar en blootgestel gevoel. Toe God na hulle gesoek het, het hulle weggekruip (Jes 14;12-15; Gen 3).

Natuurlik het God hulle gevind. Oordeel was uitgedeel. Die grond was vervloek vir die mens se onthalwe: dit sou nie langer meer maklik vrugte voortbring nie; in plaas daarvan moet die mens swaarkry om ‘n bestaan te maak. Die vrou was vervloek met pyn tydens kindergeboorte. Die Slang was vervloek om in die stof te seil van toe af. En toe het God ‘n belofte gemaak: Eendag sou Iemand uit ‘n vrou gebore word, wat in geveg met die Slang sou wees. Hierdie Een sou die Slang se kop vermorsel, alhoewel Hy in die proses beseer sou word. God het toe ‘n dier geslag en van dié velklere gemaak vir die sondige mense, voordat Hy hulle uit Eden uit verdryf het (Gen 3:15-19, 21).

Die geveg tussen goed en kwaad het voortgegaan in die eerste paartjie se familie. Een van hul seuns, Kain, het sy broer,Abel, vermoor en was vervloek vir sy daad. ‘n Ander kind was gebore uit die eerste vrou. Sy naam was Set (Gen 4:8, 25).

Verskeie geslagte later was die wêreld met boosheid gevul. Geweld en ‘n minagting vir God was aan die orde van die dag. God was vasberade om die boosheid van die mens te verwoes en van nuuts af te begin. ‘n Man met die naam Noag, een van Set se nageslag, het baie genade ontvang (God se seën op die onverdienstelike). God het aan Noag geopenbaar dat Hy ‘n groot vloed gaan stuur om die aarde te verwoes en Hy het aan Noag instuksies gegee om die ark te bou en so ook die vloed te oorleef. Noag het die ark gebou en toe die tyd gekom het, het God diere van elke soort gestuur om die ark binne te gaan. Hierdie diere, saam met Noag en sy familie was gespaar. Die vloed het elke ander lewende ding op aarde vernietig (Gen 6-8).

Na die Vloed, het Noag en sy familie begin om die aarde weer te bevolk. Toe hul afstammlinge ‘n monument begin bou het vir hulself, in weerwil van God, het God hul taal verwar. Die inwoners van die aarde het afgeskei volgens hul taalgroepe en oor die oppervlakte van die aarde versprei (Gen 11:1-8).

Die tyd het vir God begin om Sy plan met die Slang, waarvan Hy die kop wou vermorsel, in die wêreld bekend te stel. Die eerste stap was om mense te skep, wat Hy vir Homself wou afsonder. Hy het ‘n man gekies met die naam Abraham en sy vrou, Sara, om ‘n nuwe ras van mense te begin. God het Abraham geroep, weg van sy huis af en hom na die land Kanaän toe gelei. God het vir hom ontelbare nakomelinge belowe, wat Kanaän as hul eie sou besit. God het ook belowe om Abraham se saad te seën en deur daardie saad al die nasies van die aarde te seën. Die probleem was dat Abraham en Sara al oud was en Sara was kinderloos. Maar Abraham het God se belofte geglo en God het Abraham se geloof as regverdig beskou (Gen 12:1-4; 15:6).

Volgens belofte het God toe vir Abraham en Sara met ‘n seun, Isak, geseën. God het Sy belofte herhaal dat Isak ‘n groot nageslag sou hê en baie seën. Isak het ‘n tweeling ontvang, Esau en Jakob. God het vir Jakob gekies om die beloofde seën te erf en verander sy naam na Israel. Jakob/Israel het 12 seuns gehad, wat die hoofde van die 12 stamme van Israel geword het (Gen 21:1-6; 25:19-26; 28:10-15; 35:23-26). As gevolg van vreeslike droogte het Jakob met sy hele familie van Kanaän na Egipte getrek. Voor sy dood, het Jakob profetiese seëninge aan elk van sy seuns gegee. Aan Juda het hy beloof dat daar ‘n Koning onder sy nakomelinge sou wees – Een wat deur alle nasies van die wêreld vereer sou word. Jakob se familie het in Egipte vermeerder en hulle het daar vir 400 jaar gebly. Toe het die koning van Egipte begin vrees dat die kinders van Israel té veel in getalle sou word om te hanteer en het hulle as slawe aangewend. God het toe ‘n profeet, Moses, laat opgroei, vanuit die stam van Levi, om die volk van Israel uit Egipte te bring, terug na die land wat Hy aan Abraham beloof het (Gen 46; 49; Eks 1:8-14; 3:7-10).

Die uittog uit Egipte was vergesel deur baie groot wonderwerke, insluitende die verdeling van die Rooisee. Toe die kinders van Israel eers veilig uit Egipte was, het hulle by die berg Sinai gekamp, waar God vir Moses die Wet gegee het. Hierdie Wet, saamgevat in die Tien Gebooie, was die basis van die verbond wat God met Israel gesluit het: indien hulle Sy gebooie onderhou, sal hulle geseën word, maar as hulle Sy gebooie verbreek, sou hulle gestraf word. Israel het ingestem om die Wet van God te gehoorsaam (Eks 7-11; 14:21-22; 19-20).

Daarmee saam, om ‘n morele kode te vestig, het die Wet die rol van die priester gedefinieer en die offerandes vir versoening van sondes voorgeskryf. Versoening kon slegs moontlik gemaak word deur die vloei van bloed van ‘n rein offerande. Die Wet het ook uitgebrei oor die bou van die heilige tabernakel, of tent, waarin God se teenwoordigheid sou woon en waar Hy met Sy mense sou ontmoet (Lev 1; Eks 25:8-9). Nadat Moses die Wet ontvang het, het Moses die Israeliete gelei na die grens van die Beloofde Land. Maar die volk was bang vir Kanaän se oorlogsugtige inwoners en het begin om God se beloftes te betwyfel, deur te weier om in te gaan. As ‘n straf het God hulle terug in die woestyn laat draai, waar hulle gevors was om 40 jaar lank te oorleef. In Sy genade het God wonderbaarlik voedsel en water voorsien vir die hele menigte (Numeri 14:1-4, 34-35; Eks 16:35).

Teen die einde van 40 jaar, is Moses dood. Een van sy laaste profesieë bevat die koms van ‘n ander Profeet, wat soos Moses sou wees en na wie die mense moes luister. Moses se opvolger, Josua, was deur God gebruik om die mense van Israel in die Beloofde Land in te lei. Hulle het gegaan met God se belofte dat geeneen van hul vyande in staat sou wees om staande te bly teen hulle nie. God het Sy mag getoon by Jerigo, die eerste stad wat hulle mee slaags geraak het, deur die mure van die stad te laat plat val. In Sy genade en barmhartigheid, het God ‘n gelowige prostituut, Ragab, gespaar van Jerigo se vernietiging (Deut 18:15; Josua 6).

Gedurende die volgende jare, het Josua en die Israeliete daarin geslaag om die meeste van die Kanaäniete uit te dryf en die land was verdeel tussen die twaalf stamme. Die verowering van die land was egter nie voltooi nie. Deur ‘n tekort aan geloof en ongehoorsaamheid, het hulle misluk om die taak te voltooi en sommige van die Kanaäniete het oorgebly. Hierdie heidense invloede het ‘n uitwerking op die Israeliete gehad, wat begin het om die aanbidding van afgode aan te neem, ‘n direkte oortreding van God se Wet (Josua 15:63; 16:10; 18:1).

Na Josuas se dood, het die Israeliete ‘n rumoerige tyd beleef. Die volk het in afgodery verval en God het ‘n oordeel begin in die vorm van slawerny as ‘n vyand. Die mense van God moes berou toon en na die Here roep vir hulp. God het toe ‘n rigter opgerig om die afgode te vernietig, die mense te herenig en die vyand te verslaan. Vrede sou vir ‘n tyd heers, maar na die dood van die rigter, het die mense sonder uitsondering teruggeval in afgodery en die kringloop het homself herhaal (Rigters 17:6).

Die finale rigter was Samuel, wat ook ‘n profeet was. Gedurende sy tyd, het Israel ‘n koning versoek om oor hulle te heers, om sodoende soos die ander nasies te wees. God het hul versoek toegestaan en Samuel het Saul gesalf as Israel se eerste koning. Saul was egter ‘n teleurstelling. Hy was ongehoorsaam aan God en was onttroon. God het vir Dawid gekies, een van die stamme van Juda, om vir Saul as koning op te volg. God het vir Dawid beloof dat hy ‘n Opvolger sou hê wat vir ewig op die troon sal heers (1 Sam 8:5; 15:1, 26; 1 Kron 17:11-14). Dawid se seun, Salomo, het in Jerusalem geregeer na Dawid se dood. Gedurende die regering van Salomo se seun, het burgeroorlog uitgebreek en die koninkryk was verdeeld: die noordelike deel was Israel genoem en die suidelike koninkryk was Juda genoem. Die vorstehuis van Dawid het in Juda geregeer (1 Kon2:1; 12).

Die koninkryk van Israel het ‘n ononderbroke reeks van slegte konings opgelewer. Nie een van hulle het na die Here gesoek nie of gepoog om die volk volgens God se Wet te lei nie. God het profete gestuur om hulle te waarsku, insluitende die wonderwerkende Elia en Elisa, maar die konings het volgehou met hul goddeloosheid. Uiteindelik het God die Assiriese volk teen Israel laat opstaan. Hulle het die meeste van die Israeliete weggevoer en dit was die einde van die noordelike koninkryk (1 Kon 17:1; 2 Kon2; 17).

Die koninkryk van Juda het sy deel van goddelose konings gehad, maar die ketting was gebreek deur ‘n toevallige godvresende koning wat die Here werklik liefgehad het en gepoog het om volgens die Wet te regeer. God was getrou aan Sy belofte en het die mense geseën as hulle Sy gebooie nagevolg het. Die volk was bewaar gedurende die Assiriese inval en verduur baie ander bedreigings. Gedurende hierdie tyd, het die profeet Jesaja teen die sondes van Juda gepreek en die Babiloniese inval voorspel. Jesaja het ook die koms van die Here se dienskneg voorspel – Hy soul y vir die sonde van Sy mense en verheerlik word en sit op Dawid se troon. Die profeet Miga het voorspel dat die Beloofde Een in Betlehem gebore sou word (Jes 37; 53;5; Miga 5:2).

Eventueel het die volk van Juda in ‘n massa afgodery verval. God het die volk van Babilon teen Juda inopstand gebring. Die profeet Jeremia het die val van Jeusalem beleef en het voorspel dat die Joodse bannelinge in Babilon na die Beloofde Land sou terugkeer na 70 jaar. Jeremia het ook ‘n toekomstige verbond voorspel, waar die Wet wat op kliptablette geskryf was, toe in die harte van God se mense geskryf sou word. Hierdie nuwe verbond sou uitspeel in God se vergifnis van sonde (2 Kon 25:8-10; Jer 29:10; 31:31-34).

Die Babiloniese ballingskap het vir 70 jaar aangehou. Die profete Daniël en Esegiël het gedurende daardie tyd bedien. Daniël het die opstaan en val van baie volke voorspel. Hy het ook die koms van die Messias, of Gekose Een voorspel, wat doodgemaak sou word vir die redding van ander (Dan 2:36-45; 9:26).

Na Babilon in die hande van Persië geval het, was die Jode vrygelaat om terug te keer na Juda. Baie Jode het huis toe gegaan om Jerusalem en die tempel te herbou. Nehemia en Esra het daardie ywerige manne gelei, met bemoediging van die profete Haggai en Sagaria. Een van Sagaria se profesieë het ‘n beskrywing ingesluit van ‘n toekomstige Koning wat nederig in Jerusalem sou inry op ‘n donkie (Neh 6:15-16; Esra 6:14-15; Sag 9:9). Nie al die Jode het egter na Juda teruggekeer nie. Baie het gekies om in Persië te bly, waar God steeds oor hulle die wag gehou het. ‘n Jodin, Ester, het opgang gemaak tot die rang van koningin van Persië en was instrumenteel gebruik, deur die lewens van al die Jode in die koninkryk te red (Ester 8:1).

Maleagi het die laaste boek van die Ou Testament geskryf. Hy het geprofeteer dat die Here na Sy tempel sou kom, maar voor Sy arrivering, sou ‘n ander boodskapper die pad vir die Here voorberei. Hierdie boodskapper sou soos die profeet Elia van ouds wees. Na Maleagi se profesie, was dit 400 jaar voordat God direk tot die mens gespreek het (Mal 3:1; 4:5).

Die Ou Testament is die storie van God se plan om verlossing vir die mens te bring. Na die afsluiting van die Ou Testament, het God unieke Uitverkore Mense, wat die belangrikheid verstaan van bloed-offerandes, wat die beloftes glo wat aan Abraham en Dawid gemaak is en wie in afwagting is op die Verlosser, uitverkies. In kort, hulle is gereed om die Een te verwag van Genesis, wat die Slang se kop vermorsel, die profeet soos Moses, die lydende dienskneg van Jesaja, die Seun van Dawid, die Messias van Daniël en die Nederige Koning van Sagaria – almal en een persoon vasgevang, Jesus Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die storie van die Ou Testament?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries