settings icon
share icon
Vraag

Wat is die storie van die Nuwe Testament?

Antwoord


Vierhonderd jaar nadat God met die profeet Maleagi gepraat het, het God weer gepraat. Die boodskap was dat die profesie van Maleagi 3:1 spoedig vervul sou word, dat ‘n profeet die weg vir die Here sou voorberei. Die Messias was op pad.

Daardie profeet was Johannes. Die Messias was Jesus, gebore uit ‘n maagd, Maria. Jesus het opgegroei as ‘n oplettende Jood. Toe Hy ongeveer 30 jaar oud was, het Hy begin met Sy publieke bediening aan Israel. Johannes het gepreek oor die komende Messiaanse Koninkryk en deur hulle wat sy boodskap geglo het en hul sondes bely het, te doop. Toe Jesus gekom het om gedoop te word, het God hoorbaar gepraat en die Heilige Gees het sigbaar op Jesus gekom, en Hom geïdentifiseer as die beloofde Messias. Van daardie tyd af het Johannes se bediening afgeneem, aangesien die doel daarvan vervul was, deur Christus aan die wêreld bekend te stel (Matt 3).

Jesus het 12 dissipels vanuit verskillende kringe van die lewe geroep, hulle vir diens bemagtig en het hulle begin oplei. Soos Jesus rond beweeg en gepreek het, het Hy die siekes genees en baie ander wonderwerke gedoen, wat Sy boodskap geloofwaardig gemaak het. Jesus se vroeë bediening het geweldige groei getoon. Groot skares, verstom deur die wonderwerke en verbaas deur Sy lering, het Hom gevolg waar Hy ookal gegaan het (Luk 9:1; Matt 19:2).

Nie almal was egter deur Jesus geboei nie. Die politieke en godsdienstige leiers van die Joodse gemeenskap het aanstoot geneem, as gevolg van Jesus se lering dat hul reëls en tradisies nie die pad van verlossing was nie. Hulle het Jesus baie keer gekonfronteer en Jesus het openlik van hulle gepraat as skynheiliges. Die Fariseërs het Jesus se wonderwerke waargeneem, maar dit toegeskryf aan die werk van die duiwel, eerder as om aan God die eer te gee (Matt 12:24; 15:3; Matt 23).

Die skares wat Jesus wat Jesus gevolg het, het yler gegroei, soos dit duidelik geword het dat Jesus geen intensie gehad het om van Homself ‘n koning te maak of die Romeinse onderdrukkers omver te gooi nie. Johannes was gearresteer en uiteindelik in die tronk tereggestel. Jesus het begin om meer op Sy twaalf dissipels te fokus, waarvan die meeste Hom erken het as die Seun van God. Slegs een het nie geglo nie; sy naam was Judas en hy het aktief begin soek na ‘n manier om Jesus te verraai en aan die owerhede oor te gee (Joh 6:66; Matt 16:16; 26:16).

Met Sy finale reis na Jerusalem, het Jesus die Pasga met Sy dissipels gevier. Daardie nag, gedurende die gebedstyd, het Judas ‘n leërbende na Jesus gelei. Jesus was gearresteer en deur ‘n reeks van spotverhore gesleep. Hy was tot dood veroordeel deur gekruisig te word deur die Romeinse goewerneur, wat nietemin erken het dat Jesus ‘n onskuldige man was. Jesus was gekruisig. Op daardie oomblik van Sy dood, was daar ‘n groot aardbewing. Jesus se dooie liggaam was afgehaal van die kruis en haastig in ‘n nabye graf neergelê (Luk 22:14-23, 39-53; Mark 15:15, 25; Matt 27:51; Joh 19:42).

Op die derde dag na Jesus se dood, was Jesus se graf leeg gevind en engele het beken dat Hy opgestaan het. Jesus het toe in die vlees aan Sy dissipels verskyn en tyd spandeer saam met hulle gedurende die opvolgende 40 dae. Teen die einde van daardie tyd, het Jesus die apostels opdrag gegee en terwyl hulle staan en kyk, het Hy na die hemel opgevaar (Luk 24:6, 24; Joh 21:1, 14; Hand 1:3-9).

Tien dae na Jesus se hemelvaart, was ongeveer 120 dissipels in Jerusalem saam, biddend en in afwagting vir die Heilige Gees, wat Jesus belowe het, sou kom. Op Pinksterdag het die Gees die dissipels vervul en aan hulle die vermoë gegee om in tale te praat, wat hulle nooit geleer het nie. Petrus en die ander het in die strate van Jerusalem gepreek en 3 000 mense het die boodskap gelo dat die Here Jesus gesterf en weer opgestaan het. Hulle wat geglo het, was gedoop in die Naam van Jesus. Die kerk het toe begin (Hand 2).

Die kerk in Jerusalem het aanhou groei soos die apostels wonderwerke gedoen het en met groot krag onderrig het. Die nuwe gelowiges het gou vervolging in die gesig gestaar, gelei deur ‘n jong Fariseër, genaamd Saulus. Baie gelowiges moes Jerusalem verlaat en soos hulle gegaan het, het die goeie nuus van Jesus aan ander stede versprei. Samekomste van gelowiges het in gemeenskappe opgespring (Hand 2:43; 8:1, 40.

Een van die plekke wat die evangelie ontvang het, was Samaria. Die kerk in Jerusalem het vir Petrus en Johannes na Samaria gestuur om die berigte wat hulle gehoor het aangaande ‘n kerk daar, te verifieer. Toe Petrus en Johannes arriveer, het hulle die koms van die Heilige Gees op die Samaritane beleef, op dieselfde wyse as wat Hy op hulle gekom het. Sonder twyfel het die kerk versprei na Samaria. Gou daarna het Petrus gesien hoe die Heilige Gees op ‘n Romeinse hoofman oor honderd en sy huishouding daal; dus was die verspreiding toe ook na die Heidense wêreld (Hand 8:14-17; 10:27-48).

Terug in Jerusalem het ‘n vraag ontstaan oor die aanvaarding van Heidene in die kerk. Moes Heidense Christene (voormalige heidene) gelyke status gegee word as Joodse Christene, wat die Wet hul hele lewe onderhou het? Meer spesifiek, het Heidense gelowiges besnyding nodig gehad om gered te word? ‘n Raad het in Jerusalem vergader om hierdie vraag te bespreek. Petrus en Paulus het beide getuig van hoe God die Heilige Gees aan Heidense gelowiges gegee het, sonder dat hulle besny was. Die raad se beslissing was dat verlossing uit genade deur geloof verkry word en dat besnyding nie nodig was vir redding nie (Hand 15:1-31). Paulus het op ‘n ander sendingreis gegaan, vergesel hierdie keer deur Silas. Langs hul weg het Timoteus by hul aangesluit en so ook ‘n dokter, Lukas. Gelei deur die Heilige Gees, het Paulus en sy groep Klein-Asië verlaat en na Griekeland gereis, waar selfs meer kerke gevestig was in Filippi, Tessalonika, Korinte, Efese en ander stede. Later het Paulus op ‘n derde sendingreis gegaan. Sy metode van optrede was feitlik altyd dieselfde – preek eers in ‘n stad se sinagoge en dra so die evangelie oor aan die Jode in elke gemeenskap. Gewoonlik was hy verwerp in die sinagoges en dan sou hy in plek daarvan die boodskap na die Heidene neem (Hand 15:40-21; 17).

Téén die waarskuwing van vriende, het Paulus ‘n reis na Jerusalem onderneem. Daar was hy aangeval deur ‘n bende met die doel om hom dood te maak. Hy was gered deur ‘n Romeinse kommandant en in veilige bewaring in die kaserne gehou. Paulus het verskyn voor die Sanhedrin in Jerusalem, maar die hof het in chaos ontaard en Paulus was na Cesarea om tereg te staan voor ‘n Romeinse regter. Na sewe jaar in Cesarea, het Paulus voor Caesar verskyn, soos dit sy reg was onder die Romeinse wet (Hand 21:12. 27-36; Hand 23:1-15:12).

Paulus was na Rome geneem as gevangene op ‘n skip en Lukas het hom vergesel. Op pad daarheen, het ‘n hewige storm die skip getref, maar almal aan boord het die eiland Malta veilig bereik. Daar het Paulus wonderwerke gedoen, wat die aandag van die goewerneur van die eiland getrek het. Weer is die evangelie ook daar versprei (Hand 27:1-28;10).

Toe Paulus in Rome aankom, was hy onder huis-arres geplaas. Sy vriende kon by hom kuier en hy het ‘n sekere mate van vryheid gehad om te onderrig. Sommige van die Romeinse wagte het hul bekeer en selfs van Caesar se eie huishouding het in Jesus geglo (Hand 28:16, 30-31; Fil 4:22). Terwyl Paulus in Rome gehou was, het die werk van God aangegaan rondom die Mediterreense wêreld. Timoteus het in Efese bedien; Titus het die werk in Kreta voortgesit; Apollos in Korinte; Petrus het moontlik na Rome gegaan (1Tim 1:3; Titus 1:5; Hand 19:1; 1 Pet 5:13).

Die meeste van die apostels was vir hul geloof in Christus gemartel. Die laaste apostel was Johannes, wat as ‘n ou man na die eiland Patmos verban was. Daar het hy van die Here Jesus boodskappe vir die kerke en ‘n visioen oor die eindtye ontvang, wat hy neergeskryf het as die boek Openbaring (Openbaring 1:9, 4, 19).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die storie van die Nuwe Testament?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries