Wat sê die Bybel oor sosiale geregtigheid?


Vraag: "Wat sê die Bybel oor sosiale geregtigheid?"

Antwoord:
Voordat die Christelike siening oor sosiale geregtigheid bespreek word, moet ons eers die terme definieer. Sosiale geregtigheid is so 'n politiek-gelaaide konsep, dat dit nie regtig geskei kan word van die moderne, hedendaagse konsep nie. Dit word dikwels gebruik as 'n samehorigheids-oproep vir baie aan die linkerkantse politieke spektrum. Hierdie uittreksel van die "Social Justice" inskrywing op Wikipedia is 'n goeie definisie van dié konsep:

"Sosiale geregtigheid is ook 'n konsep wat sommige gebruik om die beweging teenoor 'n sosiale regverdige wêreld te beskryf. In hierdie konteks is sosiale geregtigheid gebaseer op die konteks van menseregte en gelykheid en sluit 'n groot mate van ekonomiese gelykheid deur progressiewe belasting, inkomste-herverspreiding of selfs eiendoms-herverdeling in. Hierdie beleide mik om te bereik waarna ontwikkelings-ekonome verwys as meer geleentheids-gelykheid, as wat tans bestaan in sommige samelewings en om gelykheid van uitkoms te bewerk in kwessies waar toevallige ongelykheid voorkom in 'n prosessuele regstelsel."

Die sleutelwoord in hierdie definisie is die woord "egalisme" (gelykheid). Hierdie woord, gepaardgaande met die frases "inkomste-herverspreiding", "eiendoms-herverdeling" en "uitkomsgelykheid" sê baie aangaande sosiale geregtigheid. Egalisme as 'n politieke doktrine steun hoofsaaklik die idee dat alle mense dieselfde (gelyke) politieke, sosiale, ekonomiese en burgerregte moet hê. Hierdie idee is gebaseer op die fondasie van onvervreembare menseregte, vasgelê in dokumente soos die Deklarasie van Onafhanklikheid.

Gesien as 'n ekonomiese doktrine, is egalisme die dryfvors agter sosialisme en kommunisme. Dit is ekonomiese egalisme wat die grense van ekonomiese ongelykheid wil verwyder deur middel van herverspreiding van rykdom. Ons sien dit in sosiale welsynsprogramme geïmplementeer, waar progressiewe belastingbeleide proporsioneel meer geld van die welgestelde individue neem, met die doel om die lewenstandaard van arm mense te verhoog. Met ander woorde, die regering vat van die rykes en gee aan die armes.

Die probleem hiermee is tweevoudig: eerstens is daar 'n mistasting in ekonomiese gelykheid, dat die rykes welgesteld geraak het deur die armes uit te buit. Baie van die sosialistiese literatuur van die verlede steun hierdie opvatting. Dit mag so gewees het toe Karl Marx sy eerste "Communist Manifesto geskryf het en selfs vandag mag dit soms so wees, maar sekerlik nie altyd die geval nie. Tweedens, skep sosialistiese programme meer probleme as wat hulle oplos; met ander woorde dit werk nie. Welsyn wat publieke belasting gebruik om die inkomste te ondersteun van die werkloses of dié wat nie na reg vergoed word nie, veroorsaak dat ontvangers afhanklik raak van die regering, eerder as om self te poog om hul situasie te verbeter. Oral waar sosialisme/kommunisme op nasionale skaal geprobeer is, het dit misluk om die klasse-onderskeidings in die samelewing te verwyder. Al wat dit doen, is om die adel teenoor gewone mens, onderskeid te vervang met 'n werkersklas teenoor politieke klas- onderskeiding.

Wat is dan die Christelike siening van sosiale geregtigheid? Die Bybel leer dat God 'n God van geregtigheid is. Deut 32:4: "alles wat Hy doen, is regverdig." Verder ondersteun die Bybel die siening van sosiale geregtigheid, waarin omgee en besorgdheid bespeur word teenoor die armes en verdruktes (Deut 10:18; 24:17; 27:19). Die Bybel verwys dikwls na die wese, die weduwee en die verdwaaldes – dit is mense wat nie by magte is om vir hulself te sorg of wat geen ondersteuningstelsel het nie. Die volk Israel was deur God beveel om vir die minderbevoorregtes te sorg en hul uiteindelike mislukking om dit te doen, was gedeeltelik die rede vir hul straf en verbanning uit die land.

In Jesus se Bergrede, noem Hy die sorg vir "een van die geringste" (Matt 25:40) en in Jakobus se evangelie verklaar Hy die aard van "egte en suiwer godsdiens" (Jak 1:27). Dus, indien ons deur "sosiale geregtigheid" bedoel dat die samelewing 'n morele verpligting het om te sorg vir die minderbevoorregtes, dan is dit korrek. God weet dat, as gevolg van die val in Eden, daar weduwees, wese en verdwaaldes in die samelewing sal wees en Hy het voorsiening gemaak daarvoor in die Ou en Nuwe Verbonde. Die model vir sulke optrede is Jesus Self, wat God se geregtigheid gereflekteer het deur die evangelie boodskap selfs aan die uitgeworpenes in die samelewing te bring.

Die Christelike siening oor sosiale geregtigheid verskil van die kontemporêre siening . Die Bybelse aansporings om vir die armes te sorg is meer individualisties as gemeenskaplik van aard. Met ander woorde, elke Christen word aangemoedig om vir die armes te sorg, vir "een van die geringste." Die basis vir sulke Bybelse opdragte word gevind in die tweede grootste gebod – "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself" (Matt 22:39). Die hedendaagse siening van sosiale geregtigheid vervang die individu met die regering, wat deur middel van belasting en ander wyses, rykdom herverdeel. Hierdie beleid moedig nie die uitdeel van liefde aan nie, maar gegriefdheid van hulle wat moet sien hoe dit, waarvoor hulle hard gewerk het, weggegee word.

'n Ander verskil is dat die Christelike wêreldsiening aangaande sosiale geregtigheid nie aanvaar, dat die rykes die begunstigdes van onregmatige gewin is nie. Rykdom is nie sonde in 'n Christelike wêreldsiening nie, maar daar is verantwoordelikheid en 'n verwagting om goeie rentmeester te wees van jou rykdom (omdat dit alles van God af kom). Vandag se sosiale geregtigheid opereer onder die aanname dat die rykes die armes verdruk. 'n Derde verskil is, dat, onder die Christelike konsep van rentmeesterskap, die Christen aan die liefdadighede kan skenk wat hy/sy wil ondersteun. Byvoorbeeld, as 'n Christen 'n hart het vir die ongebore, kan hy/sy die pro-lewe organisasies ondersteun met tyd, talente en geld. Onder die kontemporêre vorm van sosiale geregtigheid, is dit diegene wat in beheer is in die regering wat besluit wie die gedeelde rykdom ontvang.Ons het geen beheer oor wat hulle doen met ons belastinggeld nie en meer dikwels gaan die geld na welsynsorganisasies wat ons nie waardig ag nie.

Basies is daar spanning tussen 'n Godgesentreerde optrede ten opsigte van sosiale geregtigheid en 'n mensgesentreerde houding daarteenoor. Die laasgenoemde sien die regering in die rol van die redder, deur 'n heilstaat (utopia) te bring met regeringsbeleid. Die Godgesentreerde siening sien Christus as Redder en Verlosser, wat die hemel na die aarde toe bring met Sy Wederkoms. Dan sal Christus alles nuut maak en volmaakte geregtigheid bring. Tot dan, leef Christene God se liefde uit deur barmhartigheid te bewys en genade te betoon aan die minderbevoorregtes.

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor sosiale geregtigheid?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God