settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor versorging van ons ouers wanneer hul oud is?

Antwoord


Die Bybel het baie te sê oor hierdie onderwerp: om te sorg vir ouerwordende ouers en ander familielede wat nie meer vir hulself kan sorg nie. Die vroeë Christelike kerk het opgetree as die sosiale diens-agentskap vir ander gelowiges. Hulle het vir die armes, siekes, weduwees en weeskinders gesorg, wat niemand anders gehad het om na hulle om te sien nie. Daar was van Christene verwag wat noodbehoewende familielede gehad het, om na hulle om te sien. Ongelukkig is dit nie meer ‘n verpligting wat baie van ons wil aanvaar nie.

Die ouer mense kan as ‘n las gesien word, eerder as ‘n seën. Soms as ons ouers hulp nodig het, dan is ons vinnig om te vergeet hoe baie hulle vir ons opgeoffer het. In plaas van om hulle in ons huise in te neem – wanneer ook al dit veilig en uitvoerbaar is – sit ons hulle in aftreeoorde of versorgingsplekke, soms teen hul sin. Ons ag nie die wysheid wat hulle gedurende hul lang lewens opgebou het nie en ons sien soms hul advies as “uitgedien.”

As ons ons ouers eer en versorg, dien ons ook vir God. Die Bybel sê, “Versorg die weduwees wat werklik alleen agtergelaat is. Maar as ‘n weduwee kinders of kleinkinders het, moet die kinders leer om as gelowiges allereers hulle verpligtinge teenoor hulle eie familie na te kom en so hulle ouers en grootouers iets te vergoed. Dit is volgens die wil van God….As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy gesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ‘n ongelowige” (1 Tim 5:3-4,8).

Nie alle ouer mense het nodig of wil konstant by hul kinders inwoon nie. Hulle mag verkies om iewers te woon waar mense van hul eie ouderdom is, of hulle kan heeltemal onafhanklik wees. Ongeag die omstandighede, het ons nog steeds verpligtinge teenoor ons ouers. As hulle in finansiële nood is, moet ons help. In tye van siekte, moet ons omsien na hulle. As hulle ‘n woonplek nodig het, moet ons hulle in ons huis neem. As hulle hulp benodig met huiswerk of enige werke buitekant, moet ons help. Indien hulle onder die sorg van ‘n versorgingsoord is, moet ons die lewensomstandighede aanspreek om seker te maak ons ouers is goed versorg en ontvang liefdevolle sorg.

Ons moet nooit toelaat dat die sorge van die wêreld die dinge oorskadu, wat die belangrikste is nie: deur God te dien, deur vir Sy mense te sorg, veral die mense in ons eie families. Die Bybel sê, “Eer jou vader en jou moeder” is ‘n baie belangrike gebod. En daar is nog ‘n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde” (Ef 6:2-3).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor versorging van ons ouers wanneer hul oud is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries