settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskillende soorte engele?

Antwoord


Engele word in twee kategorieё verdeel: Die “ongevalle” engele en die gevalle engele. Ongevalle engele is hulle wat heilig gebly het dwarsdeur hul bestaan en daarvolgens word hulle “heilige engele” genoem. In die Skrif, gewoonlik waar engele genoem word, word daar van heilige engele gepraat. In teenstelling daarmee is die gevalle engele wat nie hul heiligheid behou het nie.

Heilige engele val in spesiale ordes en sekere individue word by name genoem en van melding gemaak. Migael die aartsengel is waarskynlik die hoof van al die heilige engele en sy naam beteken “who is like unto God?” (Wie is soos God?) (Dan 10:21; 12:1; 1 Tess 4:16; Jude:9; Openbaring 12:7-10). Gabriёl is een van die hoof-boodskappers van God, sy naam beteken “held van God,” en was toevertrou met belangrike boodskappe soos daardie aan Daniёl (Dan 8:16; 9:21), aan Sagaria (Luk 1:18-19) en aan Maria (Luk 1:26-38) gebring.

Die meeste heilige engele word nie in die Bybel genoem nie, maar word beskryf as “uitverkore engele” (1 Tim 5:21). Die uitdrukkings “bose magte” en “geestelike magte” lyk asof dit vir alle engele gebruik word, óf gevalle óf heilig (Luk 21:26; Rom 8:38; Ef 1:21; 3:10; Kol 1:16; 2:10, 15; 1 Pet 3:22). Sommige engele is bestem as “gerubs,” wat lewende wesens is wat God se heiligheid beskerm teen enige besoedeling of sonde (Gen 3:24; Eks 25:18, 20). “Serafs” is ‘n ander orde van engele, en word slegs een maal in die Skrif in Jes 6:2-7 genoem en word beskryf as engele met drie pare vlerke. Hulle het waarskynlik die funksie om God te vereer, God se boodskappers op aarde te wees en is veral begaan oor die heiligheid van God. Die meeste verwysings na heilige engele in die Skrif verwys na hul bedienings, wat wydgestrek is. Heilige engele was teenwoordig met die skepping, die gee van die Wet, die geboorte van Christus en Sy opstanding, die Hemelvaart en hulle sal teenwoordig wees met die wegraping van die Kerk en die wederkoms van Christus.

In sterke kontras ten opsigte van die orde van heilige engele, is gevalle engele ook ontelbaar, alhoewel aansienlik minder as die heilige engele en word beskryf as gevallenes vanuit hul eerste stande. Gelei deur Satan, wat aanvanklik ‘n heilige engel was, het die gevalle engele ook afvallig geword en teen God gerebelleer en sondig geraak in hul natuur en werk. Gevalle engele was verdeel in twee ordes: hulle wat vry en hulle wat gebonde is. Van die gevalle engele word Satan spesifiek aangehaal in die Bybel. Toe Satan geval het (Joh 8:44; uk 10:18), het hy saam met hom een derde van die engele getrek. Van hulle is sommige geboei met kettings in afwagting vir die oordeel (1 Kor 6:3; 2 Pet 2:4; Judas:6), en die origes is vry en is die demone of duiwels, na wie verwys word regdeur die Nuwe Testament (Mark 5:9, 15; Luk 8:30; 1 Tim 4:1). Hulle is Satan se dienaars in al sy ondernemings en deel in sy ondergang (Matt 25:41; Openbaring 20:10).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskillende soorte engele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries