settings icon
share icon
Vraag

Wat is’n smeekgebed?

Antwoord


Ons bid tot God om verskeie redes – om Hom te aanbid, om ons sondes te bely en om vergifnis te vra, om Hom te dank vir Sy seëninge, om te vra vir dinge vir onsself en/of te bid vir ander se behoeftes. Die Hebreeuse en Griekse woorde vir “smeek” in die Bybel, word letterlik vertaal as “’n versoek of petisie,” dus word ‘n smeekgebed gebid om God te vra vir iets. Anders as die versoekgebed, waar ons bid vir die behoeftes van ander, is die smeekgebed gewoonlik ‘n versoek vir die persoon wat self die gebed bid.

Die Bybel sluit baie smeekgebede in. Tallose voorbeelde word in die Psalms gevind, byvoorbeeld. Dawid se Psalms is vol van smeekgebede vir genade in Ps 4:1, vir leiding in Ps 5:8, vir vrymaking in Ps 6:4, verlossing van vervolging in Ps 7:1 en so aan. Toe Daniël verneem het dat koning Darius ‘n bevel uitgevaardig het waar hy gebed tot enige god verbied, behalwe die koning, het Daniël voortgegaan om tot God gebede van danksegging, sowel as smeekgebede te bid, vir Sy hulp in hierdie aaklige situasie.

In die Nuwe Testament leer Jesus ons om te vra vir ons daaglikse brood, in Matt 6:11, wat in die kategorie van ‘n smeekgebed val. Ook in Luk 18:1-8 leer Jesus ons om nie op te hou vra in gebed vir wat ons benodig nie. In Jakobus egter vind ons ‘n balans: aan die een kant ontvang ons nie, omdat ons nie vra nie (Jak 4:2). Aan die ander kant vra ons en ontvang nie, omdat ons slegs aan ons eie vleeslike begeertes dink (Jak 4:3). Miskien is die beste manier om smeekgebede te benader en dit is om vir God te vra in alle eerlikheid , as kinders wat met hul goedhartige Vader praat, maar om te eindig met “soos U wil” (Matt 26:39) in volledige oorgawe aan Sy wil.

Na die beskrywing van die belangrikheid om die “volle wapenrusting van God” (Ef 6:13-17) op te neem, het die apostel Paulus vir Efesiërs (en vir ons) gemaan om waaksaam te wees en in die Gees te bid, “bid gedurig vir al die gelowiges” (Ef 6:18). Smeekgebede is duidelik deel van die geestelike stryd waarin alle Christene betrokke is. Paulus vermaan verder die Filippynse kerk om hul sorge te verlig deur gelowig te bid, veral dankseggingsgebede en smekinge. Dit het hy mee afgesluit en is die formule om seker te maak dat “die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:6-7).

Hier sien ons ‘n ander belangrike aspek van ‘n smeekgebed – die nodigheid van geloof in die Here Jesus Christus. Hulle wat aan Christus behoort, het die inwoning van die Heilige Gees, wat in ons belang vir ons intree. Aangesien ons dikwels nie weet wat of hoe om te bid as ons tot God nader, tree die Gees in en bid vir ons en interpreteer ons smekinge sodat, as ons deur beproewinge en die sorge van die lewe oorweldig word, kom Hy langsaan ons om hulp te verleen met ons smeekbede, waar Hy ons opdra voor die genadetroon (Rom 8:26).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is’n smeekgebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries