settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ‘n Christen optree wat skuldgevoelens het oor sondes uit die verlede, voor redding of daarna?

Antwoord


Almal het gesondig en een van die gevolge daarvan is om skuldig te voel. Ons kan dankbaar wees vir skuldgevoelens, aangesien dit ons dryf om vergifnis te soek. Die oomblik as iemand in geloof sy rug op sonde draai na Jesus Christus toe, word sy sonde vergewe. Om te bely, is deel van die geloof wat tot verlossing lei (Matt 3:2; 4:17; Hand 3:19).

In Christus word die grusaamste sondes uitgewis (lees 1 Kor 6:9-11 vir ‘n lys van sondes). Verlossing kom deur genade en genade vergewe. Nadat iemand tot bekering gekom het, sal hy/sy nog steeds sondig en dan belowe God nog steeds vergifnis. “En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader” (1 Joh 2:1).

Om van sonde vry te wees, beteken nie altyd om van skuldgevoelens vry te wees nie. Selfs wanneer ons sondes vergewe is, onthou ons dit nog steeds. Ook het ons ‘n geestelike vyand, “die aanklaer van ons medegelowiges” (Open 12:10) wat onophoudelik vir ons aan ons mislukkings, foute en sondes herinner. Indien ‘n Christen skuldgevoelens ervaar, moet hy/sy die volgende doen:

Bely alle vorige onbelyde sondes wat onthou word. In sommige gevalle is skuldgevoelens nodig, aangesien belydenis nodig is. Soms voel ons skuldig, omdat ons skuldig is! (Lees Ps 32:3-5 – Dawid se skuld en die oplossing).

Vra dat die Here enige ander onbelyde sondes moet openbaar maak. Wees vrymoedig en heeltemal oop en eerlik voor die Here. “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad” (Ps 139:23-24).

Vertrou op God se belofte dat Hy sonde sal vergewe en skuld sal uitwis, gebaseer op die bloed van Christus (1 Joh 1:9; Ps 85:2; 86:5; Rom 8:1).

Wanneer skuldgevoelens weer verskyn oor sondes wat reeds bely en vergeef is, verwerp sulke gevoelens as valse beskuldigings. Die Here is getrou aan Sy belofte om te vergewe. Lees en mediteer op Ps 103:8-12.

Vra die Here om Satan, jou aanklaer, te bestraf en vra dat die Here die vreugde wat saam met vry wees van skuld gaan, herstel(Ps 51:12).

Ps 32 is ‘n baie nuttige studiegedeelte. Alhoewel Dawid erg gesondig het, is hy vrygemaak van beide sonde en skuldgevoelens. Hy het die oorsaak van die skuld afgehandel en die realiteit van vergifnis aanvaar. Ps 51 is ‘n ander goeie Skrifgedeelte om na te gaan. Die klem word hier op sondebelydenis geplaas, wanneer Dawid voor God pleit, vanuit ‘n hart vol skuld en jammerte.

Uiteindelik, wanneer sonde bely is, die rug daarop gedraai en vergewe is, is dit tyd om aan te beweeg. Onthou dat ons wat na Christus toe gekom het, deur Hom nuwe skepsels gemaak is. “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Kor 5:17). ‘n Gedeelte van die “oue” wat verby is, is die onthou van sondes uit die verlede en die skuld wat daarmee saamgaan. Ongelukkig is sommige Christene geneig om in die herinnering van die vorige sondige lewens te bly ploeter, herinneringe wat lankal dood en begrawe behoort te wees. Dit is sinneloos en ‘n teenfoeter vir ons oorwinnende Christelike lewe, wat God vir ons in gedagte het. ‘n Wyse gesegde is “As God jou uit die riool gered het, moenie terug duik en in die rondte swem nie”. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ‘n Christen optree wat skuldgevoelens het oor sondes uit die verlede, voor redding of daarna?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries