settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Bybelse Skeppingsverhaal?

Antwoord


Die basiese Skeppingsverhaal word gevind in Gen 1en 2, met die beskrywing van die Tuin van Eden in hoofstuk 3. Gen 1 begin voor die bestaan van enigiets, behalwe God Self. Aangesien dit die geval is, is daar nie so iets soos ‘n “pre-historiese” tyd nie. God se openbaring van Homself en Sy wil vir die mensdom is die begin. In hierdie begin, het God alles in die heelal geskep in 6, letterlik, 24-uur dae. Dit sluit die hemelliggame (elke ster en planeet), sowel as alles op die aarde in. Aangesien die Drie-eenheid van God nie eksplisiet in die Genesis-weergawe voorkom nie, openbaar God ‘n “Ons” binne-in die Godheid (Gen 1:26). Die Gees is aktief in die skepping (Gen 1-2), so ook Christus (Joh 1:1-3; Kol 1:15-17).

Gedurende die 6 dae van die Skepping, het God die heelal gevorm , asook die aarde (dag 1), die lug en die atmosfeer (dag 2), droë grond en alle plantlewe (dag 3), die sterre en hemelliggame, insluitende die son en maan (dag 4), voëls en waterskepsels (dag 5) en al die diere en die mens (dag 6). Die mensdom is spesiaal aangestel oor ander skepsels, omdat hy die beeld van God in hom dra en die verantwoordelikheid het om as rentmeester op te tree en ondergeskik aan die aarde te wees. Alle skeppingswerke was in 6 dae voltooi in alle prag en eindelose skoonheid. God het aangekondig dat Sy skepping baie goed was. Gen 2 deel die voltooiing van God se werk mee en gee ‘n gedetaileerde weergawe van die mens se skepping.

Die sewende dag is deur God gemerk as rusdag. Dit is nie omdat God moeg was nie, maar Hy het opgehou om te skep. Dit skep die patroon om een dag in sewe dae te rus en die aantal dae in die week is steeds vandag nog in gebruik. Die onderhouding van die Sabbat sal ‘n onderskeidingskenmerk wees van God se uitverkore volk (Eks 20:8-11).

Gen 2 kyk in groter besonderhede na die skepping van die mens. Hierdie gedeelte is nie ‘n tweedehandse Skeppingweergawe nie en is ook nie in teenstelling met Gen 1 nie. Gen 2 staan eenvoudig ‘n stappie terug van ‘n lineêre verslag, om die leser se aandag weer te fokus op God se unieke werk, betreffende die mens. God het die mens gevorm vanuit die stof van die aarde wat Hy Self geskep het. Nadat Hy die mens se liggaam gevorm het, het God lewensasem – ‘n siel – in die mens geblaas. Die feit dat God gekies het om die mens op hierdie wyse te skep, wys Sy groot omgee in hierdie proses. God het toe die eerste mens, Adam, in ‘n spesiale plek geplaas, die Tuin van Eden. Eden was pragtig en oorvloedig. Adam het byna alles gehad wat nodig was, insluitend kos en produktiewe werk.Tog, was God nie klaar met die mens nie.

God het Adam gehelp om sy behoefte raak te sien vir ‘n maat, deur hom al die ander diereskepsels te laat sien en hy moes hulle name gee. Adam het verstaan dat hy ‘n maat nodig gehad het. God het Adam aan die slaap gemaak en toe vir Eva gevorm met net soveel omgee as waarmee Hy Adam geskep het. Eva is gemaak vanuit Adam se rib. Toe Adam haar gesien het, het hy verstaan dat sy spesiaal was. Sy was sy ewebeeld, sy aanvulling en vlees van sy vlees. God het beide Adam en Eva na Sy beeld geskep (Gen 1:27). Hierdie gedeelte vestig die familie as die basiese boublok van die samelewing (Gen 1:24; Matt 19:5-6). As ‘n God –verordende instelling, is die huwelik veronderstel om slegs tussen een man en een vrou te wees. Adam en Eva was geskep in ‘n staat van onskuld (Gen 1:25) en het geen sonde gedoen nie. Hulle het gemeenskap met God in Eden geniet. ‘n Deel van die verhouding was die insluiting van een eenvoudige reël. Adam en Eva was verbied om te eet van een boom en slegs een boom in die hele Tuin (Gen 2:17).

Op ‘n sekere stadium was Eva verlei deur die slang om te eet van hierdie een boom, wat sy toe gedoen het. Adam het ook van die verbode boom geniet. Hulle het teen God gesondig en hul onskuld verloor (Gen 2:8-12). Sonde bring gevolge. God het die slang vervloek om vir ewig op die grond te seil en deur mense gehaat te word. God het Eva gestraf om in pyn aan kinders geboorte te gee en in konflik met haar man en Hy het Adam gestraf met harde werk en swaarkry (Gen 3:14-19). ‘n Deel van die gevolge van hul sonde het ingesluit dat Adam en Eva uit die Tuin verdryf was (Gen 3:22-24). Wat egter ook ingesluit was in die gevolge, is ‘n boodskap van hoop. Die eerste melding gemaak oor die koms van die Messias word in Gen 3:15 genoem. Hy sou kom om die Satan (slang) te vertrap, maar nie voordat die Satan Hom aan die kruis verbrysel het nie. Selfs in die midde van sonde en die gevolge daarvan, wys God dat Hy ‘n God van genade en barmhartigheid en liefde is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Bybelse Skeppingsverhaal?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries