settings icon
share icon
Vraag

Watter impak het geloofsoortuigings aangaande die Skepping op die res van die teologie?

Antwoord


Die skepping/evolusie as debat is al vir jare aan die gang. Té veel, dit wil voorkom asof twee opponente op mekaar gil en geeneen luister regtig nie. Die vitrioel het vererger tot by die punt waar elke kant wederkerend die een die ander verontagsaam – evolusioniste slaan nie ag op kreasioniste wat wetenskap heeltemal ignoreer nie en kreasioniste beskuldig evolusioniste dat hulle in alle soorte van Machiavelliaanse (onderduimse) bespiegelinge betrokke raak, om hul kant stil te hou. Dit is nie om die argument van enige kant te verontagsaam, asof dit hiperbolies (oordrewe) is nie, maar eenvoudig om uit te wys dat daar kosbare klein eerlike dialoog aangaan in hierdie verbale oorlog.

As gevolg van die probleem om die waarheid uit te sorteer, verplaas baie Christene die skepping/evolusie-debatering tot die status van ‘n sekondêre kwessie wat nie verband hou met hoe iemand by God uitkom, deur die Evangelie van Jesus Christus nie. Vir die grootste deel is hierdie manier van dink, korrek. Ons kan so vasgevang raak in hierdie debat dat ons fokus verloor op die hoofsaaklike: die verspreiding van die Evangelie. Tog, soos met baie ander “sekondêre” kwessies, wat geglo word in verband met die skepping, speel ‘n rol in so ‘n persoon se sienings oor teologie in die algemeen en veral die Evangelie. Meer op die punt af, HOE die skepping gesien word, het ‘n geweldige impak op die res van hul teologiese sienings.

Wat betref die doktrine oor die skepping, is daar verskeie sienings binne-in die Christendom:

1. Letterlik 24 x 6 - God het alles in ses 24-uur dae geskep.

2.Dag-ouderdom-siening – Die skeppingsgebeure het plaasgevind soos in Gen 1 vertel, maar in plaas van ses 24-uur dae, verteenwoordig die “dae” van die skepping, vae (onbeperkte), eindige tydsperiodes.

3. Die Raamwerksiening - Die dae van Gen 1 verteenwoordig ‘n teologiese raamwerk waar binne die verhaal van die skepping van alle dinge vertel kan word.

Regdeur meeste van die kerkgeskiedenis, tot by die laaste 150 jaar, was die 24 x 6-siening van die skepping die algemeenste siening binne-in die kerk. Nie alle Christene het hierdie siening gehandhaaf nie en nie almal wat dit gedoen het, was verbind daaraan nie. Tog is dit sonder twyfel dat dit die dominante interpretasie van Genesis is, vir die grootste deel van die Christelike geskiedenis. Ons wil nie iets eenvoudig glo omdat dit tradisioneel en histories is nie, insluitend die 24 x 6-siening; eerder wil ons ‘n doktrine glo, omdat dit deur die Skrif gesteun word.

In hierdie besondere geval, glo baie konserwatiewe teoloë dat die 24 x 6-siening ook die sterkste verklarende ondersteuning van die tekswoord het. Eerstens is dit die natuurlike siening wat ‘n mens kry deur eenvoudig die tekswoord te lees. Daarmee saam is daar ander punte, soos die wyse waarop die sewe-dae patroon voortgesit word gedurende die skeppingsweek en dit is die patroon vir ons kalenderweek (Eks 20:8-11).

Sedert die nadering van die moderne wetenskap, het Christene die 24 x 6-siening al meer weggestoot. Die primêre rede vir hierdie verwerping is die feit dat die 24 x 6-siening ‘n “jong aarde”-ouderdom van die heelal noodsaaklik maak (enigiets van 6 000 tot 30 000 jaar), en die heersende wetenskaplike siening is dat die heelal biljoene jare oud is. Die “Day-Age”-siening ( soms genoem die progressiewe kreasionisme) is ‘n poging om die Genesis-skeppingsverhaal met ‘n “ou wêreldse” siening van die ouderdom van die heelal te versoen.

Let wel dat die “Day-Age”-siening steeds aanneem dat God alle dinge geskep het en dit verwerp steeds die ateïstiese (naturalistiese) evolusie. Die “Day-Age”-siening moet ook nie verwar word met “teïstiese evolusie” nie, die siening dat makro-evolusie waar is, in plaas van om blindelings gelei te word, maar gelei deur die hand van God. “Day-Age”-studente sien hulself asof hulle die Bybelse weergawe met wetenskap versoen. Die opponente daarvan sien hierdie siening as ‘n glyerige afdraand om die geloofwaardigheid van God se Woord te verwerp.

Aangesien baie Christene die skepping/evolusie-debat van sekondêre belang beskou, is daar gewoonlik min of geen besorgdheid oor die teologiese implikasies van hoe ‘n mens die Bybelse siening van die Skepping interpreteer nie. Wat ons egter glo aangaande die skepping, is uiters belangrik, omdat dit die kwessie van onfeilbaarheidheid, betroubaarheid en outoriteit van die Skrif raak. Van primêre belang is HOEKOM ‘n persoon ‘n spesifieke siening kies, in lig van die Woord van God. Om te glo dat die Bybel geïnspireerd is en onfeilbaar is, maar nie letterlik in die eerste twee hoofstukke van Genesis nie, is een ding. Om te glo dat die Bybel eenvoudig verkeerd is of nie vertrou kan word nie, is iets anders. Met ander woorde, die sleutelkwessie as dit kom by iemand se siening van die skepping, is hoe dit verband hou met die outoriteit en die betroubaarheid van die Bybel.

Indien die Bybel nie vertrou kan word in die eerste twee hoofstukke nie, hoe kan dit dan regdeur die res van die boek vertrou word? Dit is tipies dat kritici van die Bybel hul aanvalle op die eerste 11 hoofstukke van Genesis plaas, veral op die skeppingsverhaal. Die vraag is, hoekom doen hulle dit? Die eerste 11 hoofstukke van Genesis skep die verhoog vir die res van die Bybelstorie. Jy kan nie verstaan hoe die verhaal ontvou in die Skrif sonder Genesis 1-11 nie. Daar is só baie fundamentele materiaal in hierdie hoofstukke vir die res van die Bybel – bv. skepping, die sondeval, sonde, die sekerheid van straf, die noodsaaklikheid van ‘n Verlosser en die inleiding van die Evangelie. Om hierdie fundamentele doktrines te ignoreer, sou die res van die Bybel as onverstaanbaar en as nie van toepassing, vertolk.

Tog sien die kritici van die Bybel hierdie eerste hoofstukke as antieke Hebreeuse mite, eerder as primitiewe geskiedenis. Dit is egter so dat, in vergelyking met die skeppingsverhale van ander kulture, lees die Genesis-weergawe – selfs die mees letterlike interpretasie daarvan – meer soos geskiedenis as mite. In die meeste antieke literature, word die skepping gesien as ‘n geveg tussen gode. Die meeste skeppingsmites beeld die kultuur in gedrang uit as die middelpunt van die religieuse heelal. Die Genesis-weergawe, al deel dit baie ooreenkomste met ander skeppingstories, verskil dit in die sin, dat dit God as die enigste soewereine Heerser oor die skepping uitbeeld (nie een tussen baie gode nie) en die mensdom as die kroon van Sy skepping, dienend as Sy rentmeesters oor die skepping.

Om seker te wees, daar is onbeantwoorde vrae met die Genesis-verhaal, soos die presiese datum van die skepping. Daar is ook baie inligting oor die spesifieke metodes/maniere wat God sou gebruik het. Dit is dan ook waarom daar debatte oor die verskillende bybelse versoenbaarheid van die skeppingsweergawes is. Die doel van die Genesis-verhaal is nie om ‘n voltooide historiese weergawe te gee wat die toets sou deurstaan met hedendaagse historikusse nie. Die Genesis-verhaal was ‘n voorgeskiedenis van die Joodse mense toe hulle gereedgemaak het om die Beloofde Land binne te gaan; hulle moes geweet het wie hulle was en van waar hulle gekom het.

Iets anders om na op te let, is dat baie Christelike teologie gebaseer is op die historiese akkuraatheid van die Genesis-verhaal. Die konsep van die huwelik kom reguit vanuit die skeppingsverhaal (Gen 2:24) en Jesus verwys daarna in al drie Sinoptiese Evangelies. Ons Here erken Self dat die mens geskape is as man en vrou “van die begin af” (Matt 19:4). Hierdie stellings, om dit verstaanbaar te maak, berus op die historiese akkuraatheid van die Genesis-skeppingsverhaal. Die belangrikste is dat die doktrine van die verlossing afhang van die bestaan van ‘n letterlike persoon, genaamd Adam. Tweekeer in die sendbriewe van Paulus (Rom 5 en 1 Kor 15), verbind Paulus ons redding in Christus met ons identifikasie in Adam. In 1 Kor 15:21-22, lees ons, “Aangesien die dood deur ‘n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ‘n mens gekom. Net soos almal met hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.” Die ganse mensdom is in ‘n gevalle toestand op grond van “in Adam” te wees deur natuurlike geboorte. Op dieselfde wyse is hulle wat deur God uitverkies is vir redding, verlos op grond van “in Christus” te wees deur geestelike geboorte. Dié in Adam/Christus onderskeiding is uiters belangrik om behoorlik te verstaan wat die Christelike soteriologie (studie wat handel oor die mens se redding) behels en hierdie onderskeiding maak nie nie sin as daar geen werklike Adam was, van wie alle mense afgestam het nie.

Paulus argumenteer baie dieselfde in Rom 5:12-21. Wat egter hierdie gedeelte uniek maak, is dat dit eksplisiet sê, “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het” (Rom 5:12). Hierdie vers is die lunspen in die argument vir algehele verdorwenheid (die “first plank” in die Calvinistiese platvorm) en soos die 1 Kor-gedeelte, hang dit af van ‘n letterlike Adam om werklik sin te maak. Sonder die werklike Adam, is daar geen letterlike sonde nie en geen behoefte aan ‘n letterlike Verlosser nie.

Ongeag watter standpunt jy het in verband met die doktrine oor die Skepping, is een punt ten minste duidelik en nie oop vir debat binne die Christendom nie. God het die hemel en die aarde geskep (Gen 1:1). Terwyl ons by Gotquestions glo dat die 24 x 6-siening die sterkste Bybel-argument bevat, is daar ander sienings wat geldige interpretasies bied binne die sfeer van die Christen-ortodoksie.

Dis nodig dat ons beklemtoon dat die Bybel nie (óf eksplisiet óf implisiet) ‘n ateïstiese of “Darwinistiese” siening van ons oorspronge leer nie. Dus, om van mening te wees dat die skeppings-/evolusie-debat nie belangrik is nie, is om ‘n eng siening van die Skrif te hê. Dit maak saak, spesifiek, omdat hoe ons die Bybel benader met respek, ten opsigte van oorspronge, praat van hoe ons dit op ander plekke sal aanspreek. As ons nie die Bybel kan vertrou as dit praat oor die kwessie van die skepping nie, hoe kan ons dit vertrou om te praat oor verlossing? Dit is logies dat wat ons glo ten opsigte van skepping, belangrik is tot die res van ons teologie.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Watter impak het geloofsoortuigings aangaande die Skepping op die res van die teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries