settings icon
share icon
Vraag

Wat het op elke skeppingsdag gebeur?

Antwoord


Die skeppingsverhaal is opgeteken in Gen 1-2. Volgens die taalgebruik van die Genesis-weergawe is dit duidelik dat die hele skepping van niks af gevorm is in 6, letterlik 24-uur periodes, met geen tydsperiodes wat tussen die dae plaasgevind het nie. Dit is duidelik, omdat die konteks ‘n letterlik 24-uur periode getoon het. Die beskrywing beskryf spesifiek die gebeure op ‘n manier dat ‘n normale, gesonde verstand kan verstaan dat dit letterlik ‘n dag was: “Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag” (Gen 1:5). Verder begin elke sin in die oorspronklike taal met die woord “en.” Dit is goeie Hebreeuse grammatika en dui aan dat elke sin gebou word op ‘n voorafgaande stelling, wat duidelik aandui dat die dae opeenvolgend verloop het en nie deur enige tydsperiode geskei was nie. Die Genesis-weergawe openbaar dat God se Woord outoriteit dra en kragtig is. Die meeste van God se skeppingswerk is gedoen deur te spreek, ‘n ander aanduiding van die krag en outoriteit van Sy Woord. Kom ons kyk na elke dag van God se skeppingswerk:

Skeppingsdag 1 (Gen 1:1-5)
God het die hemel en die aarde gemaak. “Die hemel” verwys na elke ding bokant die aarde, die lugruim. Die aarde is gemaak, maar nie op enige spesifieke manier gevorm nie, alhoewel water teenwoordig is. God het toe lig gespreek. Toe het Hy die lig van die donker geskei en die lig “dag” genoem en die donker “nag.” Hierdie skeppingswerk gebeur van die aand tot die more – een dag.

Skeppingsdag 2 (Gen 1:6-8)
God skep die gewelf (blou lug). Die gewelf vorm ‘n skeiding tussen water op die oppervlak en die vog in die lug. Teen hierdie tyd moes die aarde ‘n atmosfeer hê. Hierdie skeppingswerk gebeur in een dag.

Skeppingsdag 3 (Gen 1:9-13)
God skep droë grond. Vastelande en eilande is bokant die water. Die groot dele water word “see” genoem en die grondgedeeltes “land.” God verklaar dat dit alles goed is.

God skep alle plantlewe, beide groot en klein. Hy skep hierdie lewe om self-onderhoudend te wees; plante het die vermoë om te reproduseer. Die plante is geskep in ‘n groot verskeidenheid (baie soorte). Die aarde was groen en volop van plantlewe. God verklaar dat hierdie werk ook goed is. Hierdie skeppingswerk neem 1 dag.

Skeppingsdag 4 (Gen 1:14-19)
God skep al die sterre en hemelliggame. Die beweging van hierdie sal die mens help om tyd te kan hou. Twee groot hemelliggame is gemaak in verhouding tot die aarde. Eerstens is daar die son wat die primêre bron van lig is en die maan wat die lig van die son reflekteer. Die beweging van hierdie liggame sal dag en nag van mekaar onderskei. Hierdie werk is ook deur God verklaar as goed. Hierdie skeppingswerk duur een dag.

Skeppingsdag 5 (Gen 1:20-23)
God skep alle lewe wat in die water bly. Enige soort. God maak ook die voëls. Volgens die taalgebruik kan dit ook die tyd wees wat God ook die vlieënde insekte gemaak het (of anders was hulle op dag 6 geskep). Al hierdie skepsels is gemaak met die vermoë om hul spesies voortdurend uit te brei deur middel van reproduksie. Hierdie skepsels is op dag 5 gemaak en is die eerste wat deur God geseën is. God verklaar hierdie werk goed en dit gebeur in een dag.

Skeppingsdag 6 (Gen 1:24-31)
God maak al die skepsels wat op die droë grond bly. Dit sluit elke tipe in wat nie op die vorige dae ingesluit was nie én die mens. God verklaar hierdie werk goed.

God beraadslaag dan met Homself, “Kom Ons maak die mens as Ons verteenwoordiger, Ons beeld” (Gen 1:26). Dit is nie ‘n eksplisiete openbaring van die Drie-eenheid nie, maar dit is deel van die grondlegging waarin God ‘n “Ons” binne-in die Godheid openbaar. God maak die mens en die mens is na die beeld van God geskep (manne en vroue beide dra hierdie beeld) en is spesiaal bo alle ander skepsels. God seën die mens en gee hom opdrag om te vermeerder, die aarde te vul en daaraan onderworpe te wees ( bring dit onder die regmatige rentmeesterskap van die mens soos deur God daargestel). God maak bekend dat die mens en alle ander skepsels slegs plante moet eet. God sal nie hierdie dieetbeperking herroep voor in Gen 9:3-4 nie.

God se skeppingswerk is voltooi teen die einde van die sesde dag. Die ganse heelal in al sy prag en volmaaktheid was volledig gevorm in 6 letterlik, opeenvolgende, 24-uur dae. By die end van Sy voltooiing, verklaar God dat dit baie goed is.

Skeppingsdag 7 (Gen 2:1-3)
God rus. Dit dui geensins aan dat Hy uitgeput was van Sy skeppingswerke nie, maar dui aan dat die skepping voltooi is. Verder vestig God ‘n patroon van een dag in sewe om te rus. Die onderhouding van hierdie dag sal uiteindelik ‘n onderskeidende karaktertrek van God se uitverkore volk wees (Eks 20:8-11).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat het op elke skeppingsdag gebeur?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries