settings icon
share icon
Vraag

Hoe beïnvloed skeppingsleer versus evolusie hoe 'n persoon die wêreld beskou?

Antwoord


Die kernverskil tussen skeppingsleer en evolusie kom neer op ons sekerheid oor alles wat ons dink ons weet. Dink daaroor: as ons vyf sintuie en ons brein bloot die produk is van toevallige, doel- en sinnelose evolusie, hoe kan ons seker wees dat hulle ons betroubare inligting gee? Die ding wat my oog en brein as "rooi" waarneem, kan deur jou oog en brein as "blou" waargeneem word, maar jy noem dit "rooi," omdat dit is wat jy geleer is. (Die kleure self sal eintlik nie verander nie, aangesien hulle uit sekere onveranderlike frekwensies van die elektromagnetiese spektrum bestaan.) Ons het geen seker manier om te weet dat ons oor dieselfde ding praat nie.

Of stel jou voor jy sien 'n rots wat lyk of daar 'n uitkerwing op is, wat lees "Chicago: 50 myl." Stel jou nou ook voor jy glo dat daardie merke eintlik niks anders as die gevolg van toevallige erosie deur wind en reën is nie, wat net lyk of hulle hierdie boodskap uitspel. Kan jy werklik seker wees dat Chicago werklik 50 myl ver is?

Maar wat, as jy geweet het dat elke normale stel oë en brein ontwerp is om 'n sekere frekwensie van die elektromagnetiese spektrum as "rooi" waar te neem? Dan kan jy vol vertroue wees dat wat ek as rooi sien, dieselfde is as wat jy as rooi sien. En wat, as jy geweet het dat 'n man die afstand van 50 myl vanaf Chicago noukeurig gemeet het en toe 'n aanwysing daar geplaas het om dit aan te dui? Dan kan jy vol vertroue wees dat daardie aanwyser jou akkurate inligting gee.

Nog 'n verskil in hoe skeppingsleer teenoor evolusie 'n persoon se wêreldbeskouing beïnvloed, lê op die gebied van moraliteit. As ons bloot die produkte is van toevallige, doel- en sinlose evolusie, wat beteken dan presies die terme "goed" en "kwaad"? "Goed" in vergelyking met wat? "Kwaad" in vergelyking met wat? Inderdaad, sonder 'n maatstaf (bv. God se natuur) het ons geen grondslag om te sê dat iets goed of kwaad is nie; dit is bloot 'n mening wat werklik geen gewig dra in die beoordeling van hoe ek optree of hoe ek die dade van ander beoordeel nie. Moeder Teresa en Stalin het eenvoudig verskillende keuses in so 'n wêreld gemaak. Daar is geen antwoord op die uiteindelike "Sê wie?" wanneer dit kom by die bepaling van reg en verkeerd nie. En alhoewel ateïste en evolusioniste beslis morele lewens kan lei—as hulle eg in hul oortuigings was, sou hulle geen rede gehad het om dit te doen nie—sou hulle ook geen grondslag hê om die optrede van dié wat bepaal het dat hulle iets "verkeerds" gedoen het, te oordeel nie.

Maar as daar 'n God is wat ons na Sy beeld geskep het, is ons nie net geskep met 'n besef van wat reg of verkeerd is nie, maar ons het ook 'n antwoord op "Wie sê dit?" Goed is wat ooreenstem met God se natuur, en kwaad is alles wat nie daarmee ooreenstem nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe beïnvloed skeppingsleer versus evolusie hoe 'n persoon die wêreld beskou?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries