settings icon
share icon
Vraag

Leer die Bybel ons in verband met situasie-etiek?

Antwoord


Situasie-etiek is 'n spesifieke siening in verband met moraliteits-etiek, wat van mening is dat die moraliteit van 'n handeling deur die konteks daarvan bepaal word. Situasie-etiek verklaar dat indien daar 'n reg en 'n verkeerd is, word dit grotendeels bepaal deur die gewenste uitkoms van die situasie. Dit verskil van morele relativisme in die sin van, dat laasgenoemde sê, daar geen reg of verkeerd is nie. Situasie-etiek het 'n kode van etiek waar die behoeftes van elke situasie gemeet word om te bepaal wat reg en wat verkeerd is.

Van begin tot einde is die Bybel waar, konsekwent en toepaslik. Gee die Bybel lering, vermaning of neig dit selfs tot voorspraak maak vir situasie-etiek? Die kort antwoord is "nee." Laat ons kyk na drie beginsels: 1) God is skepper en onderhouer. 2) Alles in God se Woord is waar. Selfs die dele waarvan ons nie hou of verstaan nie. 3) Reg en verkeerd word bepaal en gedefinieer deur wie God is.

1. God is skepper en onderhouer. Situasie-etiek verklaar dat moraliteit bepaal word deur omgewing of omstandighede. God se Woord sê dat moraliteit deur God se soewereiniteit bepaal word, aangesien hy skepper en onderhouer is. Dit is nie 'n saak van semantiek nie, maar dis 'n feit. Selfs as God 'n opdrag aan 'n groep mense sou gee en 'n ander groep sou verbied om dit te doen, is die bepaling of dit reg of verkeerd is, eties of nie, nie op die situasie gebaseer nie, maar eerder op God se opdrag. God het die outoriteit om reg of verkeerd te beheer. Rom 3:4 sê, "Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens 'n leuenaar…"

2. Alles in God se Woord is waar. Om te sê dat die Bybel situasie-etiek voorstaan, sou wees om te impliseer dat daar foute in is en dit is nie moontlik nie. Dit is nie moontlik nie, as gevolg van nommer 1, God is skepper en onderhouer.

3. Reg en verkeerd word gedefinieer deur wie God is. Liefde is God se natuur. Hy definieer wat liefde is, nie deur wat Hy doen nie, maar eenvoudig deur wie Hy is. Die Bybel sê, "God is Liefde" (1 Joh 4:16). "Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie" (1 Kor 13). Dus, uit hoofde van wie God is, kan die Bybel, deur God geïnspireer en die volle waarheid is, nie 'n etieke sisteem bevat wat in homself die natuur van God uitdaag nie. Situasie-etiek vind reg en verkeerd om die meerderheid of 'n enkele persoon uit selfsugtigheid te plesier. Liefde is die teenoorgestelde. Liefde soek om te bemoedig en ander op te bou.

Twee fundamentele probleme met situasie-etiek is die realiteit van 'n absolute waarheid en die konsep van ware liefde. Die Bybel onderrig oor absolute waarheid, wat vereis dat reg en verkeerd deur 'n Heilige God voorafbepaal is. En liefde – God se definisie van ware, eerlike, opregte liefde – laat geen plek vir selfsug of onsuiwer motiewe nie. Selfs as iemand sou gesê het dat die situasie onselfsugtigheid vereis, is dit steeds 'n menslike bepaling en nie 'n goddelike een nie. 'n Menslike wese se redes om te bepaal wat die beste is, is sonder ware liefde fundamenteel selfsugtig.

Dus, wat gebeur as dinge reg lyk, maar God sê dit is verkeerd? Ons moet God se soewereiniteit vertrou en ook "dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is" (Rom 8:28). As ons aan Christus behoort, het God ons Sy Gees gegee (Joh 16) en deur Hom verstaan ons wat reg en verkeerd is. Deur Hom word ons oortuig, bemoedig en gelei tot regverdigheid. 'n Ernstige begeerte om die waarheid van 'n saak te weet, saam daarmee om God te soek, sal beloon word met God se antwoord. "Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word" (Matt 5:6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Leer die Bybel ons in verband met situasie-etiek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries