settings icon
share icon
Vraag

Wat is sistematiese teologie?

Antwoord


“Sistematies” verwys na iets wat in ‘n sisteem geplaas moet word. Sistematiese teologie is dus die indeling van teologie in verskillende sisteme wat verskillende areas verduidelik. Byvoorbeeld, daar is baie boeke wat informasie verskaf oor engele en daar is nie net een boek in die Bybel wat net oor engele gaan nie. Dit is presies waaroor sistematiese teologie oor gaan, die rangskikking of groepering van spesifieke aspekte in die Bybel wat opgesom word en in een stuk weergee word.

Volkome teologie of “Paterology” is die studie van God die Vader. “Christology” is die studie van God die Seun, Jesus Christus. “Angelology is die studie van engele. “Pneumatology” is die studie van God die Heilige Gees. “Bibliology” is die studie van die Bybel. Sistematiese teologie is ‘n belangrike en hulpvaardige bron wat ons help om die Bybel beter te kan verstaan. Dit is ook goed omrede dit die Bybel op ‘n meer georganiseerde manier saamvat.

Bo en behalwe sistematiese teologie is daar ook ander maniere hoe teologie gerangskik kan word. Bybel teologie is die studie van sekere boeke van die Bybel en fokus op spesifieke teologiese aspekte. Byvoorbeeld, die boek van Johannes fokus meer op Christus (Johannes 1:1, 14; 8:58; 10:30; 20:28). Historiese teologie is die studie van verskillende leerstellings en hoe dit ontwikkel is tydens die Christen kerk. Dogmatiese teologie is die studie van verskillende leerstellings van sekere Christen groepe, byvoorbeeld Kalvanistiese teologie en dispensasie (beskiking vrystelling) teologie. Gelyktydige teologie is die studie van leerstellings wat fokus op ontwikkelinge in die hede. Dit maak nie saak wat die metode hoe teologie bestudeer word nie, wat belangrik is, is dat dit betudeer word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is sistematiese teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries